settings icon
share icon
Vraag

Is daar getuienis dat God gebed beantwoord?

Antwoord


Tallose stories kan vertel word van siektes wat genees is, eksamens wat geslaag is, belydenis en vergifnis wat toegestaan is, verhoudinge wat herstel is, honger kinders wat gevoed is, rekeninge wat betaal is en lewens en siele wat gered is deur die effektiwiteit van gebed. So, ja, daar is baie getuienis dat God gebed verhoor. Die meeste getuienis is verhale en persoonlik, tog, en dit pla baie mense wat dink aan “getuienis” slegs as dit wat waarneembaar, meetbaar en weergaloos is.

Die Skrif leer ons dat gebede verhoor word. Jak 5:16 sê dat “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jesus het Sy dissipels geleer dat “As julle in My bly en My woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê en julle sal dit kry” (Joh 15:7). 1 Joh 3:22 herhaal hierdie waarheid deur te sê dat “wat ons vra, kry ons van Hom, omdat ons Sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind.”

Die Skrif, bowendien, is oorlaai met stories van beantwoorde gebed. Elia se gebed vir vuur van die hemel af (2 Konings 1:12), Hiskia se gebed vir bevryding (2 Kon 19:19), en die apostel se gebed vir vrymoedigheid (Hand 4:29) is net 3 voorbeelde. Aangesien hierdie weergawes deur ooggetuies geskryf is ten opsigte van die gebeure, gee dit duidelike bewys van gebed wat verhoor is. ‘n Mens kan, vir seker, redeneer dat die Skrif nie waarneembare getuienis in die “wetenskaplike” sin bied nie. Tog is geen stelling wat die Skrif maak, ooit afdoende weerlê nie, so daar is geen rede om die getuienis te betwyfel nie. Om sommige soorte getuienis as “wetenskaplik” en ander as “nie-wetenskaplik” te beskou, is ‘n newelagtige en kunsmatige onderskeiding op sy beste. So ‘n onderskeiding kan slegs voorafgaande gemaak word, ten opsigte van die evaluering van die data. Met ander woorde, die keuse om die effektiwiteit van gebed te evalueer slegs in die lig van waarneembare getuienis, is nie ‘n keuse wat deur die data gemotiveer is nie, maar deur voorafgaande filosofiese ooreenkomste. As hierdie arbitrêre beperking verslap word, spreek die Bybelse data duidelik vir homself.

Soms sal ‘n groep navorsers ‘n wetenskaplike studie oor die effektiwiteit van gebed doen. Hul bevindings is gewoonlik dat gebed geen effek (of moontlik geen negatiewe effek) op, byvoorbeeld, die gemiddelde hersteltyd van mense in die mediese sorg het nie. Hoe kan ons die resultate van studies soos hierdie verstaan? Is daar enige Bybelse redes vir onbeantwoorde gebed?

Ps 66:18 sê, “As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie.” 1 Joh 5:15 sê “aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra, ” dus moet ons gehoorsaam wees aan God se gebooie. Jakobus sê, “As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig” (Jak 4:30). Dus, redes vir onverhoorde gebed is onbelyde sondes en verkeerde motiewe.

‘n Ander rede vir onverhoorde gebed is tekort aan geloof: “Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jak 1:6-7). Heb 11:6 identifiseer ook geloof as ‘n nodige voorwaarde vir ‘n verhouding met God - bid altyd in die Naam van Christus, as bemiddelaar: “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” Geloof is dus nodig vir beantwoorde gebed.

Laastens, sommige kritici van die Christendom, maak die saak uit om te sê dat, aangesien Jesus Sy dissipels geleer het om te “Vra, en vir julle sal gegee word”, al ons gebede verhoor sal word. Sulke kritici ignoreer heeltemal die voorwaardes van die belofte in die eerste gedeelte van die vers: “Julle moet in My bly en Ek in julle.” Dit is duidelik ‘n voorskrif om binne die wil van God te bid; met ander woorde, opregte gebed wat God altyd verhoor, is daardie soort wat versoek, duidelik of onvoorwaardelik, dat God se wil volbring sal word. Die wil van die een wat die versoek rig, is sekondêr. Jesus self het in Getsemané (Luk 22:42) so gebid. Die nederige gebed van geloof laat toe dat die gebed beantwoord kan word met ‘n “nee”; enigeen wat nie so ‘n gebed bid nie – enigeen wat beveel dat hy verhoor moet word – het geen reg om ‘n antwoord te verwag nie.

‘n Ander rede waarom so baie studies die oneffektiwiteit van gebed rapporteer, is dat dit onmoontlik is om die uiteenlopendheid, gepaardgaande met die geestelike voorwaarde van hulle wat bid, te elimineer (is die een wat vra, ‘n gelowige?), die motivering waarvoor gebid word (is dit om getuienis te voorsien of omdat die Heilige Gees hulle beweeg het om te bid?), die manier waarop hulle bid (bid hulle ‘n geformuleerde gebed of bring hulle intensioneel versoeke voor God?), en so aan.

Selfs as al sulke verskuilde veranderlikes geëlimineer kon word, sou een oorhoofse probleem bly; indien gebed empiries getoets kon word en geforseer word om afdoende resultate na vore te bring, sou dit die nodigheid vir geloof uit die weg ruim. Ons kan nie vir God “ontdek” deur empiriese waarnemings nie; ons kom na Hom toe deur geloof. God is nie so onbeholpe dat Hy Homself sal openbaar op maniere wat Hy nie beplan het nie. “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan” (Heb 11:6). Geloof is die onmisbare vereiste en die prioriteit.

Beantwoord God gebed? Vra vir enige gelowige en jy sal die antwoord kry. Elke veranderde lewe of elke gelowige is ‘n positiewe bewys dat God gebed beantwoord.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar getuienis dat God gebed beantwoord?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries