settings icon
share icon
Vraag

Kan 'n man wat getroud is met 'n geskeide vrou dien in kerkleierskapsposisie?

Antwoord


As agtergrond hieroor lees asb ons artikel oor "man van een vrou", soos dit in 1 Tim 3:2, 12 en Titus 1:6 behandel word. Terwyl die kwalifikasie "man van een vrou" somtyds 'n geskeide man wat weer getrou het, diskwalifiseer om te dien in kerkleierskapsposisie, is daar die baie moeiliker vraag aangaande 'n getroude man wat nooit geskei is nie, maar getroud is met 'n vrou wat voorheen 'n egskeiding gehad het. Daar is geen Skrif wat duidelik oor hierdie saak is nie, maar daar is Bybelse beginsels wat toegepas kan word.

1 Tim 3:11 is 'n interessante vers: Dit is nie duidelik of hierdie vers verwys na vroue van diakens of na vroulike diakens (diakonesse) nie. Die "vroue van diakens" as interpretasie lyk meer aanvaarbaar, aangesien dit sleg vir Paulus sou wees om kwalifikasies vir diakens in verse 8-10 en 12-13 te gee, met kwalifikasies vir diakonesse tussenin. Met dit in gedagte, is dit belangrik om daarop te let dat daar geen "vrou van een man"-kwalifikasie vir diakens se vroue gegee is nie. Daar is ook geen vereiste om "onberispelik" te wees en "bo verdenking" te wees nie. Die kwalifikasies is eerder "van goeie karakter, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar" (1 Tim 3:11).

Daar is baie kwessies wat verband hou met hierdie vraag. Was die vrou die onskuldige party ten opsigte van 'n man wat egbreuk pleeg of 'n man wat haar mishandle het? Was die vrou 'n gelowige toe die egskeiding gebeur het? Is die vrou se eks-man steeds besig om probleme of konflik te veroorsaak? Al hierdie vrae moet eers oorweeg word. Uiteindelik berus die kwessie op die "onberispelike"-kwalifikasie wat van die ouderlinge en diakens vereis word. Veroorsaak die feit dat die vrou geskei is 'n swak getuienis in die gemeenskap? Kan die potensiƫle kerkleier waarlik as 'n godvresende man beskou word, wat waardig is om gerespekteer te word en wat as 'n navolgenswaardige voorbeeld optree?

Dit lyk nie asof hierdie vraag universeel beantwoord kan word nie. Daar is eenvoudig net te veel faktore betrokke. 'n Kerk wat hierdie kwessie in die gesig staar, moet die situasie deur middel van gebed ondersoek en probeer onderskei of die leier bo verdenking is. Indien geen potensiƫle skade ten opsigte van die kerk se getuienis te bespeur is nie, dan kan 'n man wat met 'n geskeide vrou getroud is, wel as 'n kerkleier dien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan 'n man wat getroud is met 'n geskeide vrou dien in kerkleierskapsposisie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries