settings icon
share icon
Vraag

Wat is die salwing? Wat beteken dit om gesalf te wees?

Antwoord


Die oorsprong van salwing het gekom vanaf ‘n praktyk van die herders. Luise en ander insekte het dikwels in die skape se wol ingegaan en as hulle naby die skaap se kop gekom het, kon hul in die ore ingrawe en die dier kon doodgaan. Dus het antieke skaapwagters olie oor die skape se koppe gegooi. Dit het die wol glad gemaak en sodoende kon die insekte nie naby die ore kom nie, omdat die insekte afgegly het. So het salwing simbolies geraak vir seën, beskerming en bemagtiging.

Die Nuwe Testamentiese Griekse woorde vir “salf” is “chrio” en beteken “om te smeer of met olie te vryf” en by implikasie, “om te wy vir kantoor of godsdienstige diens”; en “aleipho” wat “om te salf” beteken. In Bybelse tye was mense gesalf met olie om God se seën te kenne te gee of roeping op daardie persoon se lewe ( Eks 29:7; Eks 40:9; 2 Kon 9:6; Prediker 9:8; Jak 5:14). ‘n Persoon was gesalf vir ‘n spesifieke doel – om ‘n koning te wees, om ‘n profeet te wees, om ‘n bouer te wees, ens. Daar is niks mee verkeerd om ‘n persoon in vandag se lewe met olie te salf nie. Ons moet net seker maak dat die doel van salwing ooreenstem met die Skrif. Salwing moet nie gesien word as ‘n “magiese middel” nie. Die olie op sigself het geen krag nie. Dit is net God wat ‘n persoon kan salf vir ‘n spesifieke doel. Indien ons olie gebruik, is dit net ‘n simbool van wat God doen.

‘n Ander betekenis vir die word “gesalfde” is “uitverkorene.” Die Bybel sê dat Jesus Christus deur God gesalf was met die Heilige Gees om die Goeie Nuus te versprei en hulle wat gevange gehou is deur sonde, te bevry (Luk 4:18-19; Hand 10:38). Nadat Christus die aarde verlaat het, het Hy vir ons die geskenk van die Heilige Gees gegee (Joh 14:16). Nou is alle Christene gesalf, uitgekies vir ‘n spesifieke doel om God se Koninkryk uit te brei (1 Joh 2:20). “God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, ons as Sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang” (2 Kor 1:21-22).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die salwing? Wat beteken dit om gesalf te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries