settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet genetiese manipulasie deur 'n Christen beskou word?

Antwoord


Aangesien genetiese manipulering onbekend was gedurende die tyd toe die Bybel geskryf was, is dit moeilik om definitiewe verwysings oor daardie onderwerp te staaf. Om die Christelike siening aangaande genetiese manipulering te bepaal, is dit nodig om 'n lys met beginsels op te stel, waardeur dit bekyk kan word. Betreffende die Christelike siening rakende kloning, lees asseblief die artikel "What is the Christian view of cloning?"

Die grootste kommer oor genetiese manipulering sluit in die hoeveelheid vryheid vir die mens in sy verantwoordelikheid om te sorg vir die menslike liggaam en vir die res van die skepping. Daar is geen twyfel dat die Bybel ons aanhits om verantwoordelikheid te neem vir ons fisiese gesondheid nie. Spreuke verwys na sekere aktiwiteite om gesondheid van 'n individu te verbeter (Spreuke 12:18). Die apostel Paulus sê dat ons 'n sekere plig het om na ons liggaam om te sien (Ef 5:29). Hy bemoedig ook vir Timoteus om medisinale aksie vir sy ongesteldhede te neem (1 Tim 5:23). Gelowiges het die verantwoordelikheid om die liggaam op te pas, want dit is die tempel van die Heilige Gees (1 Kor 6:19,20). Ons wys ons geloof deur hulp aan te bied aan hulle wat fisiese behoeftes het (Jak 2:16). Dus, as Christene moet ons begaan wees oor die fisiese gesteldheid van onsself en andere.

Die skepping was onder die sorg van mense (Gen 1:28; 2:15-20), maar die Bybel sê dat die skepping deur sonde beïnvloed was (Gen 3:17-19; Rom 8:19-21) en sien uit met verwagting om daarvan verlos te word. Dit is moontlik om tot die slotsom te kom, dat as oppassers van die skepping, mense 'n verpligting het om die gevolge van die vloek van sonde te herstel en te poog om dinge in'n beter lyn te bring om hierdie te behaal.

Daar is eerstens 'n besorgdheid dat genetiese manipulering 'n rol kan vervul, wat hoër is as wat God ons gegee het as omsieners na Sy skepping. Volgens die Bybel is alle dinge deur God geskep en vir Hom (Kol 1:16). God het alles wat lewe, ontwerp om te reproduseer volgens sekere "soorte" (Gen 1:11-25). Te veel manipulasie van die genetika (om spesies te verander), beteken dat daar gepeuter word met dinge wat vir die Ontwerper gereserveer is.

Tweedens is daar 'n besorgdheid oor pogings om God se plan vir die herstel van die skepping te verhinder. Soos alreeds gesê, was die skepping geaffekteer deur die gebeure wat in Gen 3 gemeld word (die mensdom se rebellie teen God se plan). Dood het in die wêreld gekom en die mens se genetiese voorkoms en dié van die res van die skepping het 'n verandering begin teenoor afsterwe. In sommige instansies kon genetiese manipulasie gesien word as 'n poging om hierdie resultaat van sonde, naamlik die "vloek" ongedaan te maak. God het gesê dat Hy 'n geneesmiddel hiervoor het – verlossing deur Jesus Christus, soos beskryf in Rom 8 en 1 Kor 15. Die skepping verwag vernuwing met die hoogtepunt van God se belofte om dinge te herstel tot selfs 'n beter stand as die oorspronklike. Om té ver te gaan om hierdie proses te beveg, mag kompeteer met die verantwoordelikheid van individue om Christus vir herstel te vertrou (Fil 3:21).

Derdens is daar bekommernis dat daar inmenging mag wees met die Godgeordende proses van lewe. Dit lyk duidelik vanuit 'n algemene studie aangaande die Skrif dat God 'n plan het vir die proses van lewe: byvoorbeeld Ps 139 beskryf 'n intieme verhouding tussen die Psalmis en sy Skepper reeds in die baarmoeder. Sou die gebruik van genetiese manupilasie om lewe buite God se plan te skep, die ontwikkeling van 'n Godbewuste siel in die wiele ry? Sou inmenging in die proses van fisiese lewe die vooruitsig van geestelike lewe affekteer? Rom 5:12 vertel ons dat alle mense sondig, omdat Adam gesondig het. Daar word verstaan dat dit die oordrag van die sondige natuur van generasie na generasie ingesluit het, sodat almal gesondig het (Rom 3:23). Paulus verduidelik die hoop op die ewigheid deur die oorwinning van Adam se sonde. Indien alles wat in Adam was (van sy saad) sterf en Christus het gesterf vir hulle wat in so 'n toestand was, kon lewe buitekant daardie "saad" gered word? (1 Kor 15:22,23).

Vierdens is daar die besorgdheid dat 'n sterk navolging van vooruitgang in genetiese manipulering gemotiveer is deur 'n uittarting van God. Gen 11:1-9 wys wat gebeur as die skepping poog om dit bokant die Skepper te verhoog. Die mense in Gen 11 was verenig, maar hulle was nie aan God onderwerp nie. Die gevolg was dat God hul vooruitgang gestop het. God het sekerlik gevind dat daar gevare ingesluit was by die rigting waarheen die mense gemik het. Ons het 'n soortgelyke waarskuwing in Rom 1:18-32. Daar beskryf God individue wat so bekoor geraak het deur die skepping (dit aanbid in plaas van die Skepper), dat hulle tot vernietiging gebring was. Die vrees is dat genetiese manipulasie soortgelyke motiverings kan laat ontstaan en uiteindelik soortgelyke resultate oplewer.

Hierdie is vrae en twispunte waarvoor ons tans geen antwoorde het nie, maar hulle is bekommernisse en moet sorgvuldig oorweeg word deur Christene wat poog om 'n siening van genetiese manipulasie wil aanneem.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet genetiese manipulasie deur 'n Christen beskou word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries