settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel aangaande die breek van generasievloeke?

Antwoord


Die Bybel verwys op verskeie plekke na “generasievloeke” (Eks 20:5; Numeri 14:18; Deut 5:9). God waarsku dat Hy “onverdeelde trou” eis. “Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat my haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en My gebooie gehoorsaam.”

Dit klink onregverdig vir God om kinders te straf vir die sondes van hul vaders. Tog is daar meer daaraan as net dit. Die gevolge van sonde word op natuurlike wyse van een geslag na die volgende oorgedra. As ‘n vader ‘n sondige leefstyl handhaaf, is dit heel waarskynlik so dat sy kinders dieselfde doen. Geïmpliseer in die waarskuwing van Eks 20:5 is die feit dat die kinders sal kies om die sondes van hul vaders te herhaal. ‘n Joodse Targoem spesifiseer dat hierdie gedeelte na “goddelose vaders” en “rebelse kinders” verwys. Dus is dit nie onregverdig vir God om sonde te straf tot in die derde of vierde geslag nie – daardie generasies doen dieselfde sondes as hul voorvaders gedoen het.

Daar is ‘n neiging in die hedendaagse kerk om te poog om elke sonde en probleem te blameer op ‘n soort generasievloek. Dit is nie bybels nie. God se waarskuwing om ongeregtigheid oor te sit op toekomstige generasies, is deel van die Ou Testamentiese Wet. ‘n Generasievloek was ‘n gevolg vir ‘n spesifieke volk (Israel) vir ‘n spesifieke sonde (afgodery). Die historiese boeke van die Ou Testament (veral Rigters) bevat die inskrywing dat hierdie goddelike straf uitgedeel was.

Die genesing vir ‘n generasievloek was nog altyd belydenis (roubetoon). Toe Israel weggedraai het van die afgode om die lewende God te dien, was die vloek gebreek en het God hulle gered (Rigters 3:9, 15; 1 Sam 12:10-11). Ja, God het belowe om Israel se sonde op die derde en vierde geslagte oor te sit, maar in net die volgende vers belowe Hy Sy ‘liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en My gebooie gehoorsaam” (Eks 20:6). Met ander woorde, God se genade duur ‘n duisend keer langer as Sy wraak.

Vir iemand wat bekommerd is oor ‘n generasievloek, is die antwoord: verlossing deur Jesus Christus. ‘n Christen is ‘n nuwe skepsel (2 Kor 5:17). Hoe kan ‘n kind van God steeds onder God se vloek wees (Rom 8:1)? Die genesing vir ‘n generasievloek is belydenis van’n sonde wat bevraagteken word, geloof in Christus en ‘n lewe toegewy aan die Here (Rom 12:1-2).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel aangaande die breek van generasievloeke?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries