Vraag
Sal die generasie wat die hervorming van Israel gesien het, steeds lewe tot die Wederkoms?
Antwoord
Hierdie konsep word gewoonlik gekry uit Matt 24:34, “Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur.” Die vorige verse, Matt 24:1-33, beskryf eindtyd-gebeure met betrekking tot Israel. Die gevolg is dat sommige interpreteerders gedink het dat die eindtyd sou begin het toe Israel weer as ‘n nasie “hersaamgestel” was (wat in 1948 gebeur het). Soos dit tyd al verder aangeloop het sedert 1948, het die tydsduur wat deur ‘n “generasie” gedek was, langer en langer geraak. Dit is nou meer as 60 jaar – wat die standaard-definisie van ‘n generasie ver oorskry.
Die grootste probleem met hierdie lering is dat Matt 24 niks meld van ‘n hervorming van Israel of enige ander beginpunt gee aangaande die telbare jare van die “generasie” nie. Wat dit sê, is dat wanneer die eindtyd-gebeure begin plaasvind, dit vinnig sal gebeur. “Hierdie geslag” is die generasie wat sal lewe gedurende die “geboortepyne, die begin van die nuwe tyd” (vers 8); wanneer die swaarkry begin, sal dinge in snelle opeenvolging gebeur.
Jesus se profetiese woorde in Matt 24 kon ook ‘n “dubbele vervulling” hê. Sommige van die gebeure het plaasgevind in 70 AD, toe die Romeine Jerusalem verwoes het. Ander gebeure (in verse 29-31, bv.) het tans nog nie gebeur nie. Sommige van Jesus se woorde word vervul kort nadat Hy met hulle gepraat het (binne Sy generasie); ander sal nie vervul word voordat die eindtyd-generasie op die toneel is nie.
English
Sal die generasie wat die hervorming van Israel gesien het, steeds lewe tot die Wederkoms?