Vraag
Wat is genadedood?
Antwoord
“Genadedood” “is die handeling deur ‘n persoon of dier pynloos dood te maak of deur hulle toe te laat om te sterf deur die onthouding van mediese dienste, gewoonlik as gevolg van ‘n pynlike en ongeneeslike siekte.” Genadedood word ook genoem “eutanasie.”
Die Griekse word euthanasia word vertaal as “good death,” deur dit te sien as genadige doodmaak wat gemaklik kan wees in die lig van moeilike mediese situasies. As enige persoon, veral ‘n familielid of goeie vriend pyn ervaar, verstandelike agteruitgang toon of ander nadelige kondisies ervaar, is dit ons instink om op enige manier verligting aan die persoon te bring. Soms kan hierdie begeerte om pyn te verlig so sterk by die versorger of pasiёnt wees dat dit ons diepste impuls omverwerp, om lewe te behou en te oorleef.
Hierdie stryd tussen die begeerte om ‘n einde te bring aan lyding en die begeerte om te oorleef is nie nuut aan die mensheid nie. Een van die oudste stories in die Bybel vertel van Job se verlange na die dood ten tye van sy lyding. Job betreur sy lewe, deur selfs vir God te vra om hom dood te maak, eerder om so pyn te ly – emosioneel, fisies en geestelik (Job 6:8-11). Job verklaar pertinent, “sodat ek eerder verwurg en dood sou wees as om te lewe. Ek wil nie meer nie, ek sal tog nie vir altyd lewe nie; my lewe is niks meer werd nie” (Job 7:15-16).
Keur die Bybel Job se gevoelens goed? Dit erken sekerlik dat sulke gevoelens bestaan. Ander karakters in die Skrif het, uit desperaatheid, gevra vir ‘n vroeȇ beёindiging van hul lewens, insluitende Elia (1 Kon 19:4) en Saul (1 Kron 10:4). Die Skrif erken dat emosie en selfs logika die gedagte van “genadedood” kan ondersteun. Tog lewe ons nie deur emosie of logika nie, maar deur geloof (Rom 1:17). God het planne en ‘n begrip wat ons nooit kan besef nie. Hy is die Gewer en Onderhouer van lewe (Neh 9:6) en ons het nie die reg om Sy outoriteit onwettig oor te neem nie. Aan die einde van Job se storie, waarsku sy vriend Elihu hom, “Moet ook nie jou toevlug neem tot sonde nie, jy verkies dit immers bo swaarkry” (Job 36:21). Dit is nie ons plek om die tyd of wyse van ons dood te besluit nie. Genadedood is ‘n sonde teen God se plan en mag.
Dietrich Bonhoeffer was ‘n Duitse teoloog wat baie persoonlike ondervinding met lyding gehad het. Hy was in die tronk en uiteindelik tereggestel deur die Third Reich gedurende die Tweede Wêreld-oorlog. Terwyl hy in die tronk was, het hy hierdie in sy “Ethics” geskryf, gepubliseer ná sy dood: “The right to the end of life is reserved for God, because only God knows the goal toward which life is being directed. God alone wishes to be the one who justifies or rejects a life.”
English
Wat is genadedood?