settings icon
share icon
Vraag

Leer die Bybel van gelowigedoop/geloofdoop?

Antwoord


Doping was vir baie jare binne-in Christelike kringe ‘n debatsonderwerp. Om die waarheid te sê, dit was reeds in die vroeë kerk ‘n kwessie. Paulus het dit aangespreek in 1 Kor 1:13-16. Die Korinte het gespog oor watter apostel hulle gedoop het, en geargumenteer oor wie se doop beter was. Paulus het hulle gemaan oor hul sektarisme en afgesluit met, “Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig.” Vanuit hierdie stelling is dit duidelik dat daar ‘n merkbare verskil is tussen die aanvaarding van die evangelie en die doophandeling. Hulle is gekoppel, maar is nie van dieselfde belang nie.

Volgens die grootste deel van die Skrif, is die waterdoop ‘n belangrike eerste stap as volgeling van Jesus as Here. Jesus was gedoop (Matt 3:16; Luk 3:21) en het aan hulle wat Sy Naam bely het, vertel om Sy voorbeeld na te volg as ‘n getuienis, dat hul harte verander het (Hand 8:16; 19:5). Die doop van gelowiges is die handeling waarby ‘n gelowige in Jesus Christus kies om gedoop te word, om sodoende te getuig van sy geloof. Die doop van gelowiges word ook “credobaptism” genoem en kom van die Latynse woord vir “geloofsbelydenis” en dui aan dat die doping ‘n simbool is van ‘n persoon se aanvaarding van ‘n sekere leerstelling of geloof.

In Hand 2 word die gelowigedoop duidelik uiteengesit. In hierdie hoofstuk preek Petrus die evangelieboodskap op Pinksterdag in Jerusalem. In die krag van die Heilige Gees verkondig Petrus Jesus se dood en opstanding en vermaan die skare om te bely en te glo in Christus (Hand 2:36, 38). Die antwoord op Petrus se evangelie-aanbieding word in vers 41 uitgespel: Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop.” Let op die orde van die gebeure – hulle het die boodskap aangeneem (die evangelie van Christus) en daarná is hulle gedoop. Slegs hulle wat geglo het, was gedoop. Ons sien dieselfde orde in Hand 16, toe die Filippynse gevangene en sy familie gered was. Hulle glo en toe word hulle gedoop (Hand 16:29-34). Die praktyk van die apostels was om gelowiges te doop, nie ongelowiges nie.

Geloofsdoop word onderskei van babadoping, aangesien ‘n baba geen begrip van die evangelie het nie en nie ‘n “gelowige” in Christus kan wees nie. Gelowigedoop sluit ‘n persoon se hoor van die evangelie in, hy/sy aanvaar Christus as Verlosser en kies om gedoop te word. Dit is sy/haar keuse. Tydens ‘n baba se doop word die keuse deur iemand anders gemaak vir die kind en nie die kindjie self wat gedoop word nie. Hulle wat kindertjies doop, leer dikwels dat die waterdoop die manier is hoe die Heilige Gees deel word van ‘n individu. Hulle baseer hierdie gedagte op Petrus se woorde in Hand 2:38: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en sal julle die Heilige Gees as gawe ontvang.” Diegene wat hierdie lering verkondig, glo dat die handeling van die kinderdoop, die kindjie eenkant hou en sy/haar verlossing verseker. Nêrens in die Skrif word die praktyk van die babadoop gebruik nie. Sommige verwys na die paar plekke waar die apostels “families” gedoop het (Hand 11:14; 16:15, 33), met die veronderstelling dat kindertjies daar ingesluit was, maar dit is nie wat die teks sê nie.

In die Nuwe Testament, was doping by water die natuurlike gevolg van reddende geloof en verbintenis met Jesus as Verlosser en Here (Hand 2:42; 8:35-37). Aangesien babas en klein kindertjies nie ‘n ingeligte besluit kan neem om Jesus as Here te bely nie, het hul doop geen geestelike betekenis nie. As die babadoop ‘n kindjie se saak met God regmaak, dan sou slegs kinders wie se ouers dit begeer, “gered” word. Hulle wat nie gelowige ouers het nie, sou as kindertjies veroordeel word, ‘n opvatting met geen bybelse grondslag nie. Die Skrif is duidelik dat God die hart van elkeen oordeel en elkeen oordeel of beloon op die basis van die besluite wat daardie individu gemaak het, nie deur sy/haar ouers nie (Rom 2:5-6, Jer 17:10; Matt 16;27; 2 Kor 5:10).

Ander leer dat die waterdoop ‘n vereiste is vir redding. Gelykstaande aan sondebelydenis en erkenning dat Jesus Here is (Rom 10:8-9). Bybelse voorbeelde wys dat doping gewoonlik dadelik na bekering gevolg het, maar nêrens het Jesus onderrig dat die doop enigeen sou red nie. By die laaste avondmaal (Last Supper) het Hy gesê, “dit is My bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes” (Matt 26:28). Geloof in die krag van Sy gestorte bloed is al wat nodig is om skuldige sondaars se saak met God reg te maak. Rom 5:8-9 sê, “Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van Sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.”

Indien die doop ‘n vereiste was om die ewige lewe te erf, dan was Jesus verkeerd om vir die krimineel aan die kruis te sê, “Ek verseker jou: ‘Vandag sal jy saam met My in die paradys wees’” (Luk 23:43). Daardie man het geen geleentheid gehad om gedoop te word, voordat hy God in die gesig kon staar nie. Hy was regverdig verklaar, omdat hy sy geloof geplaas het in dit wat die Seun van God in sy plek vir hom gedoen het (Joh 3:16; Rom 5:1; Gal 5:4). Gal 2:16 verduidelik die feit dat ons niks meer kan bydra of wegneem van die voltooide werk van Christus in ons plek nie, insluitende die doop: “En tog weet ons dat ‘n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.”

Die waterdoop is ‘n belangrike eerste stap van gehoorsaamheid as volgeling van Christus. Gelowiges moet gedoop word, maar die doop is die “resultaat” van redding en nie ‘n “bydraende faktor” daartoe nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Leer die Bybel van gelowigedoop/geloofdoop?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries