settings icon
share icon
Vraag

Is geloofsgenesers ‘n werklikheid? Genees ‘n geloofsgeneser met dieselfde krag as Jesus?

Antwoord


Daar bestaan geen twyfel dat God die krag het om enigiemand enige tyd te genees nie. Die vraag is of Hy kies om dit te doen deur hulle wat as “geloofsgenesers” geroep is. Hierdie individue oortuig tipies hul gehore dat God hulle gesond wil hê en dat deur hul geloof – en gewoonlik ‘n finansiële offer – sal God hul geloof vergoed deur hulle te genees deur die krag van Jesus.

Deur die genesingsbediening van die Here Jesus te vergelyk met die moderne geloofsgenesers, kan ons bepaal of hul bewerings enigsins Skrifgebaseer is. Indien, soos hulle sê, hulle deur dieselfde krag en op dieselfde wyse wat Jesus genees het, ook genees, moet ons by magte wees om spesifieke ooreenkomste tussen hulle te sien. Tog is die teenoorgestelde waar. Mark 1:29-34 gee ‘n beskrywing van slegs een dag van Jesus se genesingsbediening. Sy krag om te genees – en om alle soorte wonderwerke te doen – is bewys dat Hy die mag gehad het oor beide die fisiese en geestelike gevolge van die vloek van sonde. Hy het hulle genees met fisiese siektes, ongesteldhede en beserings, selfs dooies is opgewek en Hy het duiwels uitgedryf uit hulle wat daarmee beset was. Net God alleen kan ons red van die gevolge van die Val van die mens in sonde – siekte en dood en deur Sy wonderwerke het Jesus Sy godheid getoon.

Daar is verskeie onderskeidings in die wyse hoe Jesus genees het, wat nie in die moderne geloofsgenesers na vore kom nie. Eerstens het Hy onmiddellik genees. Petrus se skoonmoeder (Mark 1:31), die offisier se slaaf (Matt 8:13), Jaïrus se dogter (Mark 5:41-42) en die verlamde (Luk 5:24-25) was almal dadelik gesond. Hulle het nie huis toe gegaan en beter geword nie, soos die advies van baie geloofsgenesers is nie. Tweedens, Jesus het algeheel genees. Petrus se skoonma was heeltemal funksioneel nadat sy gesond geraak het van ‘n ongesteldheid wat haar bedlêend gemaak het, maar toe Jesus haar genees het, het sy dadelik opgestaan en ‘n maaltyd voorberei vir almal in die huis. Die blinde bedelaars in Matt 20:34 kon dadelik sien. Derdens, Jesus het almal genees (Matt 4:24; Luk 4:40). Hulle het nie vooraf goedkeuring van die dissipels nodig gehad om na Jesus te kom nie, soos die standaard prosedure met die genesers tans werk nie. Daar was nie ‘n genesingsry waarvoor hulle moes kwalifiseer nie. Jesus het die hele tyd in baie plekke genees, nie in ‘n vertrek met gekontroleerde omstandighede nie.

Vierdens het Jesus eintlik organiese siektes genees, nie simptome soos die geloofsgenesers doen nie. Jesus het nooit iemand gesond gemaak met hoofpyn of rugpyn nie. Hy het melaatsheid, blindheid en verlamming genees – wonderwerke wat werklik bewysbaar was. Laastens het Jesus die ergste siekte genees – dood. Hy het Lasarus na vier dae in die graf, opgewek. Geen geloofsgeneser kan dit dupliseer nie. Sy genesings het nie geloof vereis as ‘n voorwaarde nie. Die meeste van mense wat Hy genees het, was ongelowiges.

Daar sal altyd valse genesers wees wat, vir finansiële gewin, teer op dié wat ly en die desperate. Sulke gedrag is die ergste soort godslasterlikheid, aangesien baie, wie se geld gemors is op valse beloftes, Christus verwerp, omdat Hy nie doen wat die geneser belowe het nie. Hoekom, indien geloofsgenesers die krag het om te genees, loop hulle nie in die hospitaalsale en genees almal en laat hulle almal vry nie? Hoekom besoek hulle nie klinieke en genees al die HIV-pasiënte nie? Hulle doen dit nie, omdat hulle nie kan nie. Hulle het nie die genesingskrag wat Jesus gehad het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is geloofsgenesers ‘n werklikheid? Genees ‘n geloofsgeneser met dieselfde krag as Jesus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries