Is geloof in God 'n kruk?


Vraag: "Is geloof in God 'n kruk?"

Antwoord:
Jesse Ventura, voormalige goewerneur van Minnesota, het eenmaal gesê, "Georganiseerde godsdiens is 'n skyn en 'n kruk vir swakdenkende mense wat 'n menigte sterkte benodig." Larry Flint, 'n pornograaf het saamgestem met hom en daarop gereageer, "Daar is niks goeds wat ek daaroor kan sê nie (godsdiens/religie). Mense gebruik dit as 'n kruk." Ted Turner het gesê, "Die Christendom is 'n goedsdiens vir verloorders!" Ventura, Flynt, Turner en ander wat soos hulle dink, sien Christene as emosioneel swak en benodig denkbeeldige ondersteuning om deur die lewe te kom. Hul insinuasie is dat hulleself sterk is en glad nie 'n vermeende God benodig om hulle met hul lewens te help nie.

Sulke stellings laat 'n klomp vrae ontstaan: Waar het hierdie denkwyse begin? Is daar enige waarheid in? Hoe is die Bybel se respons ten opsigte van sulke bewerings?

Is Geloof in God 'n Kruk? – Die Impak van Freud
Sigmund Freud (1856-1939) was 'n Oostenrykse neuroloog wat die psigo-analitiese praktyk tot stand gebring het, 'n stelsel wat die teorie ondersteun het, dat onbewustelike motiewe 'n groot deel van die menslike gedrag dikteer. Alhoewel 'n voorstander van ateïsme, het Freud erken dat die waarheid van religie nie weerlê kon word nie en dat godsdienstige geloof troos voorsien het vir onbekende getalle mense regdeur die geskiedenis. Tog het Freud gedink dat die konsep van God 'n illusie was. In een van sy religieuse werke, The Future of an Illusion, het hy geskryf, "They (believers) give the name of 'God' to some vague abstraction which they have created for themselves."

As motivering om sulke illusies te skep, het Freud twee basiese dinge geglo: (1) mense wat glo, skep 'n god, omdat hulle sterk wense en hoop het binne-in hulle, wat optree as troos teen die hardheid van die lewe; (2) Die gedagte van God kom vanaf die behoefte aan 'n idilliese vaderfiguur, wat 'n nie-bestaande of onvolmaakte regte vader in die lewe van 'n godsdienstige persoon oorskadu. Ten opsigte van die wensvervullingsfaktor in religie, het Freud geskryf, "Hulle (godsdienstige gelowe) is illusies, vervullings van die oudste, sterkste en dringendste wense van die mens. Ons noem geloof 'n illusie, as 'n wensvervulling 'n prominente faktor in die motivering daarvan is en deur so te doen, verontagsaam ons die realiteitsverhouding daarvan, netsoos die illusie self geen bewaringsverifikasie het nie."

Vir Freud was God niks meer as 'n sielkundige projeksie wat gedien het om 'n individu te beskerm teen realiteit wat hy nie wou in die gesig staar nie en nie op sy eie kon hanteer nie. Na Freud het ander wetenskaplikes en filosowe gekom, wat dieselfde ding ondersteun het en wat gesê het dat religie net 'n illusie/hallusinasie van die verstand is. Robert Pirsig, 'n Amerikaanse skrywer en filosofeerder wat 'n tipering van Freud se volgelinge was, het gesê, "When one person suffers from a delusion, it's called insanity. When many people suffer from a delusion, it's called religion."

Wat van die bogenoemde aantygings? Is daar enige waarheid in dit wat Freud en ander sê?

Ondersoek na die Uitsprake van die "Crutch Crowd"
As daar 'n eerlike ondersoek aangaande hierdie aannames gemaak word, is die eerste ding om te herken, hulle wat die bewerings maak, wat hulle aangaande hulself beweer. Bespotters van religie sê dat Christene geneig is tot psigologiese en wensvervullings-faktore wat hulle, die skeptici, nie is nie. Maar hoe weet hulle dit? Byvoorbeeld, Freud het die behoefte gesien vir 'n Vader God as 'n uitwerking van emosionele, behoeftige mense wat 'n vaderfiguur begeer, maar kon dit wees dat Freud self 'n emosionele nood vir 'n vaderfiguur gehad het? Miskien het Freud 'n uitwerking van wensvervuling wat gemanifesteer het in 'n "nie 'n heilige God wou hê nie" en straf in die lewe hiernamaals om te bestaan, 'n wens dat hel nie regtig bestaan nie. Om die aanneemlikheid van sulke denke te demonstreer, is die skrywe van Freud self, wat eenmaal gesê het, "Die slegte deel daarvan, veral vir my, lê in die feit dat dit lyk asof die wetenskap van alle dinge die bestaan van God benodig."

Dit sou aanvaarvaarbaar lyk om saam te vat, dat soos Freud en sy volgelinge in hul posisie geargumenteer het, dat die enigste manier hoe 'n persoon die aanvraag na die swart-en-wit bewys van iets kon oorkom, sou wees deur 'n denkbeeldige hoop te skep, wat die stawing van God se bestaan oorweldig en tog neem hulle nie in ag dat hierdie 'n moontlikheid vir hulle is nie. Sommige ateïste het tog, in eerlikheid en openlikheid hierdie waarskynlikheid erken. Een voorbeeld daarvan is ateïs professor/filosoof Thomas Nagel, wat eenkeer gesê het, "Ek wil hê dat ateïsme waar moet wees en voel ongemaklik met die gedagte dat sommige van die intelligentste en mees ingeligte mense wat ek ken, godsdienstige gelowiges is. Dit is nie dat ek nie in God glo nie en van nature hoop dat ek reg is in my geloof nie. Dit is dat ek hoop daar is geen God nie! Ek wil nie hê dat daar 'n God moet wees nie; ek wil nie hê dat die heelal so moet wees nie."

'n Ander oorweging om in gedagte te hou, is dat nie alle aspekte van Christenskap gemaklik is nie. Byvoorbeeld, die lering van die hel, die erkenning van die mensdom as sondaars, wat God nie op hul eie kan bly maak nie en ander soortgelyke leringe is nie van die warm en donsige soort nie. Hoe verduidelik Freud die skepping van hierdie doktrines?

'n Addisionele gedagte wat vanuit die bogenoemde vraag ontstaan, is hoekom, indien die mensdom grootliks die konsep van God ontdek om hulself beter te laat voel, sou mense 'n heilige God wou fabriseer? So 'n God behoort in voeling te wees met mense se natuurlike begeertes en praktyke. Dit sou lyk asof so 'n God die laaste tipe god sou wees waarmee hulle vorendag sou kom. In plek daarvan sou 'n mens verwag dat mense wat 'n god wil skep, moet saamstem met die dinge wat hulle van nature wil doen, in plaas van om die praktyke wat hulle self etiketteer as "sondig" te opponeer (om een of ander rede nog verduidelik moet word).

Een laaste vraag is hoe die "kruk"-kwessies mense verduidelik wat aanvanklik vyandiggesind was teenoor godsdiens en nie wou geglo het nie? Sulke mense het geen wens of begeerte dat die Christendom waar is nie, tog na 'n eerlike ondersoek na die bewys en erkenning van die "realiteit" daarvan, het hulle gelowiges geword. Die Engelse geleerde, C.S. Lewis is een so 'n persoon. Lewis is bekend, deurdat hy gesê het daar was nie 'n meer wederstrewige bekeerling in Engeland as hyself nie. Hy was letterlik al skoppend en skreeuend gesleep tot in die geloof, wat kwalik 'n stelling is om te verwag van iemand wat vasgevang was in wensvervullings-fantasie.

Hierdie kwessies en vrae wil voorkom asof dit in voeling is met die eise van die "kruk"-menigte en gerieflikheidshalwe deur hulle geïnoreer was. Maar wat sê die Bybel aangaande hul eise? Hoe beantwoord dit hul beskuldigings?

Is Geloof in God 'n Kruk? Wat sê die Bybel?
Daar is drie antwoorde wat die Bybel gee hiervoor: Eerstens sê die Bybel dat God die mens vir Homself geskep het en dat Hy die mensdom ontwerp het om van nature te begeer om 'n verhouding met Hom te hê. Ten opsigte van hierdie feit, het Augustinus geskryf, "Thou hast made us for Thyself, O Lord and our hearts are restless until they find their rest in Thee." Die Bybel sê dat die mensdom na die beeld van God geskep is (Gen 1:26). As dit waar is, is dit nie redelik om te glo dat ons 'n begeerte het na God nie, omdat ons geskape is met hierdie begeerte? Sou daar nie 'n goddelike vingerafdruk en die moontlikheid van 'n verhouding tussen die skepsel en Skepper bestaan nie?

Tweedens sê die Bybel dat mense eintlik in die teenoorgestelde rigting optree as wat Freud en sy volgelinge aanhang. Die Bybel stel dit so dat die mensdom in rebellie teen God is en van nature Hom wegdruk, in plaas van om Hom te begeer en dat so 'n verwerping die rede is waarom God se vloek oor hulle kom. Die realiteit is dat mense van nature alles moontlik doen om die waarheid oor God te onderdruk. Paulus het iets hieroor geskryf: "God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring. Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas" (Rom 1:18-22). Die feit dat God duidelik 'n getuienis in die skepping aan almal is, soos in Paulus se woorde beskryf is, word goeddeur C.S. Lewis opgesom, wat geskryf het, "Ons kan dit ignoreer, maar nêrens kan ons die teenwoordigheid van God ontsnap nie. Die wêreld is opeengehoop deur Hom."

Freud self het erken dat religie "die vyand" was en dit is presies hoe God die mensdom uitgebeeld het, voordat hulle geestelik opgelig is – as die vyande van God. Dit is iets wat Paulus ook erken het: "Aangesien ons , toe ons nog vyande was, deur die dood van Sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van Sy Seun gered sal word" (Rom 5:10).

Derdens sê die Bybel self dat die lewe moeilik is, swaarkry is algemeen en 'n vrees vir die dood word deur almal ervaar. Hierdie is waarhede wat maklik in die wêreld rondom ons gesien word. Die Bybel sê ook dat God daar is om ons deur swaar tye te help en ons word verseker dat Jesus die vrees vir die dood oorwin het. Jesus Self het gesê, "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin." (Joh 16:33).

Die Bybel sê dat God omgee vir Sy mense en hulle help en dat Hy Sy volgelinge opdrag gee om mekaar te help en ook mekaar se laste te dra (Gal 6:2). Gepraat van God se deernis vir mense, het Petrus geskryf, "Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle" (1 Pet 5:6-7). Jesus se gewilde stelling staaf hierdie feit: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en My las is lig" (Matt 11:28-30).

Daarbenewens is die vrees vir die dood ook oorwin deur Christus. Deur Sy opstanding het Jesus bewys dat die dood geen mag oor Hom het nie en God se Woord sê dat Christus se opstanding die sekerheid van die opstanding en die ewige lewe is van almal wat hul geloof in Hom geplaas het (1 Kor 15:20). Die verlossing van die vrees vir die dood is 'n waarheid wat die skrywer van Hebreërs verkondig het, toe hy gesê het," Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword het. Dit het Hy gedoen om deur Sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry" (Hebr 2:14-15).

Dus, inderdaad praat die Bybel oor God se sorg, omgee en hulp vir Sy skepping. Hierdie waarheid bring werklik troos, maar dit is 'n troos wat in realiteit gegrond is en nie net 'n wensvervullings-begeerte is nie.

Is Geloof in God 'n Kruk? — Samevatting
Jesse Ventura was verkeerd toe hy gesê het dat religie niks meer as 'n kruk is nie. So 'n bewering praat van die trotse natuur van die mens en som die tipe mens op wat Jesus in Openbaring tereggewys het: "Julle sê: 'Ons is ryk, skatryk en ons het niks meer nodig nie,' en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal" (Openbaring 3:17).

Die wensvervullings-aannames van Freud, Ventura en ander tree net op as 'n aanklag teen hulself en openbaar hul begeerte om God te verwerp en Sy aanspraak op hul lewens, wat presies is wat die Bybel sê, die gevalle mensdom doen. Maar aan hierdie selfde mense vra God dat hulle hul ware begeertes moet erken en Hy bied Homself in die plek van valse hoop van humanisme, wat hulle aanhang.

Die Bybel se stellings aangaande die feit en getuienis van Christus se opstanding bring vertroosting en ware hoop – hoop wat nie teleurstel nie – en onderrig ons om so te lewe dat ons God vertrou en ons ware "swak" posisie voor Hom bely. As dit eers gedoen is, dan is ons sterk, soos Paulus gesê het,"want as ek swak is, is ek sterk" (2 Kor 12:10).

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is geloof in God 'n kruk?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God