settings icon
share icon
Vraag

Is ons veronderstel om ons predikante te gehoorsaam?

Antwoord


Die vers wat die duidelikste tot ons spreek, is Heb 13:17, "Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie."

Predikante is diep seergemaak as hulle sien dat mense die raadgewing van God wat hulle verkondig, ignoreer. As mense die Woord van God ignoreer, doen hulle dit nie slegs tot hul eie seerkry nie, maar ook tot die nadeel van ander rondom hulle. Jongmense het die neiging om die raadgewing van die ouer mense te minag en sodoende die fout te begaan om hul eie wysheid en hart te vertrou. 'n Godvresende predikant deel voorskrifte vanuit God se Woord, omdat hy begeer om God te dien en die trop skape te voed met geestelike kos wat op sy beurt weer sal lei tot die ervaring van die oorvloedige lewe wat Jesus belowe het (Joh 10:10b).

Die teenoorgestelde van die godvresende predikant is die "valse herder" wat nie die welstand van die kudde op sy hart dra nie, maar meer geïnteresseerd is om beheer te behou of baasskap oor andere uit te oefen, of wat daarin misluk om die Woord van God te bestudeer en daarom mense se voorskrifte te onderrig in plaas van God s'n. Die Fariseërs gedurende Jesus se tyd was skuldig daaraan dat hulle "blinde leiers" was (Matt 15:14). Daar is ook herhaalde waarskuwings oor valse leraars in Handelinge, die Sendbriewe en Openbaring. As gevolg van die bestaan van hierdie selfsugtige leiers, mag daar moontlik tye wees wat ons die mens gehoorsaam, om sodoende God te gehoorsaam (Hand 4:18-20). Nogtans moet aantygings teen 'n kerkleier nie ligtelik gemaak word nie en moet dit deur meer as een getuie bevestig word (1 Tim 5:19).

Godvresende predikante/pastore word in waarde geskat, gelyk aan dié van goud. Hulle is gewoonlik oorwerk en ondervergoed. Hulle dra groot verantwoordelikheid, soos Heb 13:17 dit stel – hulle moet eendag rekenskap voor God gee van hulle bedienings. 1 Pet 5:1-4 vestig die aandag daarop dat hulle nie diktators moet wees nie, maar moet leiding gee deur hul voorbeeld en gesonde lering (1 Tim 4:16) met nederigheid van hart. Soos Paulus, moet hulle liefdevol en sag wees soos 'n ma wat haar kinders vertroetel. Godvresende predikante is gewillig om hulself vir die kudde te gee en met sagtheid beheer uit te oefen (1 Tess 2:7-12; Joh 10:11). Hulle word gekenmerk deur ernstige toegewydheid aan die Woord en gebed (Hand 6:4), sodat hulle in God se krag en wysheid kan leiding gee en aan die kerk geestelike voedsel om gesonde en lewendige Christene op te lewer. Indien dit 'n beskrywing is van jou predikant/pastor of na-aan dit (geen mens op aarde is perfek nie), is hy waardig om "dubbele erkenning" te kry en gehoorsaamheid, soos hy die eenvoudige leringe van God verklaar (1 Tim 5:17).

Dus is die antwoord op hierdie vraag, ja, ons moet aan ons predikante gehoorsaam wees. Ons moet ook vir hulle bid, altyd, en vir God vra om vir hulle wysheid, nederigheid, 'n liefde vir die kudde en beskerming te gee, soos hulle daardie beskerm wat onder hulle sorg is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is ons veronderstel om ons predikante te gehoorsaam?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries