settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd om in die geheim ‘n Christen te wees, om sodoende jou eie lewe te beskerm?

Antwoord


Is dit verkeerd om as geheime Christene te lewe uit vrees vir tronkstraf of selfs dood? Moet Christene gewillig wees om te sterf as hulle die Naam van Jesus bely? Moet ons ons geloof geheim hou om ons lewens te beskerm? Hierdie is ‘n vraag wat maar net hipoteties is vir Christene in baie wêrelddele, met die ergste vervolging kon hulle bespot en/of beledig word. Vir Christene in sommige wêrelddele egter, is hierdie vraag baie werklik en prakties – hul lewens is letterlik in gevaar. Dit is een ding om nie so dapper te wees as wat jy wou, om jou lewe te beskerm en/of die lewens van jou familie nie. Dit is egter totaal iets anders om jou lewe ‘n hoër prioriteit te maak, as om te dien, te vereer, te aanbid en aan Christus gehoorsaam te wees. Dus, is die vraag, is dit verkeerd om jou geloof in Christus ‘n geheim te hou?

Jesus Self gee vir ons die antwoord: “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor My Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor My Vader wat in die hemel is. Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard” (Matt 10:32-34). Christus het dit duidelik gemaak dat, “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle” (Joh 15:18-19). Dus, aangesien dit verstaanbaar is vir iemand om sy/haar geloof in Christus geheim te hou, om sodoende sy/haar/ lewe te red, is ‘n geheime geloof eenvoudig nie ‘n opsie nie.

In bostaande gedeelte word die woord “wêreld” gebruik en is afkomstig van die Griekse “kosmos.” Dit verwys na ‘n bose, gevalle godlose wêreldstelsel, immorele mense wie se harte en gedagtes deur Satan beheer word (Joh 14:30; 1 joh 5:19; Ef 2:1-3). Satan haat God en ook vir hulle wat God se volgelinge is. Christene is die fokuspunt van Satan se vloek. Sy doel is om hulle te vernietig (1 Pet 5:8; Ef 6:11). Ons moenie verbaas wees dat die wêreldleiers gelowiges haat, om die eenvoudige rede dat ons “nie van die wêreld is nie.” Die rede waarom Christene vervolg word en daagliks doodgemaak word as gevolg van hul belydenis van Christus, is omdat ons goddelike lewens dien om hierdie wêreld se slegte dade te veroordeel (Spreuke 29:27). Dit is al so van die begin af, toe die eerste moord ooit aangeteken is, toe Kain vir Abel doodgemaak het (Gen 4:1-8). Hoekom het Kain dit gedoen? “”En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s’n reg” (1 Joh 3:12). Dieselfde gebeur vandag, die wêreld juig oor hulle wat booshede pleeg (Rom 1:32) en veroordeel diegene wat regverdig optree in die lewe.

‘n Ander boodskap wat Jesus aan die wêreld gebring het: “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word, omdat julle My Naam bely” (Matt 24:9). Jesus het belowe dat in die eindtye Christene erge vervolging deur hierdie godlose wêreld sal ly. Ons sal geskend, mishandel en vervloek word. Die frase “oorgelewer word” kom van die Griekse woord en beteken “oorgegee word,” soos in die sin van gearresteer word deur die polisie of militêre eenhede ( Matt 4:12). Baie sal vermoor word. Ons sal gehaat word deur alle nasies ter wille van Sy Naam. In Markus 13:9 verklaar Jesus, “En julle moet teen julleself op julle hoede wees. Mense sal julle aan die geregshowe oorlewer; in die sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings sal julle oor My teregstaan.” Soos ons vandag regdeur die wêreld getuig, geïdentifiseer word met die Naam van Christus, sal dit ons vryhede, ons regte, ons respek en soms ons lewe van ons wegneem.

Christene het ‘n mandaat van Christus om te gaan “na al die nasies toe en maak die mense my dissipels; doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (Matt 28:19). Paulus se stem weerklink, as hy sê, “Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie. Daar staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring’” (Rom 10:14-15). Om die evangelie te verkondig, selfs in die donkerste hoeke van die aarde, moet iemand die verkondiging doen. Ons doel op aarde is om lig en sout op aarde te wees en vir ander te vertel van die verlossingsnuus en ewige lewe van Jesus Christus. Ja, soms is daar die gevaar van vervolging en soms waag ons ons lewens, maar ons weet dat dit God se wil is, dat ons die waarheid deel met ander en ons weet ook dat Hy almagtig is is om ons te beskerm , totdat ons roeping op aarde voltooi is.

Om vir Christus in hierdie wêeld te leef, kan moeilik wees, selfs wreedaardig. Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie. Die wêreld is ‘n gevegsterrein. Die beproewinge van die lewe is die gereedskap wat God gebruik om ons op te bou en ons meer soos Jesus te maak. Dit is in daardie donkertye dat ons na Jesus kyk en toelaat dat Sy krag in ons werk. Net voor Sy hemelvaart het Jesus Sy finale opdrag gegee om die evangelie deur die wêreld te versprei. Saam daarmee het Hy ook vir ons Sy laaste belofte gegee: “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt 28:20). En dit is al wat saak maak.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd om in die geheim ‘n Christen te wees, om sodoende jou eie lewe te beskerm?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries