settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel van geestelike oorlog?

Antwoord


Daar is twee probleme wanneer dit kom by geestelike oorlog, te veel beklemtoning en te min beklemtoning. Soos byvoorbeeld om elke sonde, konflik of probleme te koppel aan demone wat dan uitgedryf moet word. Maar net so ignoreer party mense die geestelike terrein en die feit dat die Bybel ons vertel dat daar ‘n geestelike magte bestaan. Die sleutel tot suksesvolle geestelike oorlog is om ‘n bybelse balans te vind. Jesus het partykeer duiwels uitgedryf of mense gesond gemaak sonder enige spraak van demone. Die apostel Paulus gee ‘n instruksie aan Christene om oorlog te voer teen die sondes in hulself (Romeine 6) asook ‘mn instruksie om oorlog te voer teen die bose (Efesiërs 6:10-18).

Efesiërs 6:10-12 verklaar, “Verder nog dit; Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek julle volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor die sondige wereld, teen elke bose gees in die lug”. Hierdie teks leer ons baie belangrike waarhede; dat ons slegs sterk kan wees met God se krag, dit is God se wapens wat ons beskerm en ons oorlog is teen die bose geestelike magte in hierdie wereld.

‘n Voorbeeld van iemand wat sterk is in God se krag is Migael in Judas 9. Migael is sekerlik die magstigste engel van al God se engele en hy het nie Satan deur sy eie krag beveg nie maar slegs gesê, “Die Here sal jou straf”. Dit is slegs deur ons vehouding met Jesus Christus dat ons enige gesag oor Satan en sy bose magte het. Dit is slegs Sy Naam wat krag het om te berispe.

Efesiërs 6:13-18 verskaf ons ‘n beskrywing van God se wapenrusting wat aan ons gegee word. Ons staan vas met die gordel van waarheid, die borsharnas van geregtigheid, die evangelie van vrede, die skild van geloof, die helm van verlossing, die swaard van die Gees en ons hou aan bid in die Gees. Wat stel hierdie gedeelte voor in ons oorlogsvoering? Ons moet die waarheid praat teen Satan se leuens. Ons moet berusting vind in die feit dat ons regverdig verklaar is vanwee Christus se offer vir ons. Ons moet die evangelie verkondig maak nie saak hoeveel teenkanting daar is nie. Ons moet nie in ons geloof wankel nie al word ons baie ernstig aangeval. Ons belangrikste teenstand is dat ons alreeds verlossing ontvang het, daardie sekerheid wat geen geestelike mag van ons kan wegneem nie. Ons aanvals wapen is God se Woord en nie ons eie gevoel of interpretasie nie. Ons moet ook Jesus se voorbeeld herken dat sekere geestelike oorlogsvoering slegs deur gebed oorwin sal word.

Jesus is ons mees belangrikste voorbeeld van geestelike oorlogsvoering. Let op hoe Jesus direkte aanvalle van die duiwel teengestaan het toe Hy in die wildernis was (Matteus 4:1-11). Elke versoeking was beantwoord met, “daar staan gekrywe”. Jesus het geweet dat die Woord van die lewende God die mees kragstigste wapen is teen die versoekings van die duiwel. Indien Jesus self die Woord gebruik het om die duiwel teentestaan dan kan ons mos nie iets minder as dit gebruik nie?

Die mees belangrikste voorbeeld van hoe om nie betrokke te raak by geestelike oorlogsvoering vind ons by die sewe seuns van Skeva. “Party Jode wat rondgegaan het om bose geeste te besweer, het dit ook gewaag om die Naam van die Here Jesus daarvoor te gebruik. Hulle het gesê: “Ek besweer julle in die Naam van die Jesus wat deur Paulus verkondig word”. Dit was die sewe seuns van ‘n Joodse priesterhoof, Skeva, wat dit gedoen het. Maar een van die bose geeste het vir hulle gesê: “Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?” Die man met die bose gees spring toe onder hulle in en oorweldig hulle. Hy was te sterk vir hulle, sodat hulle kaal en stukkend geslaan uit die huis gevlug het (Handelinge 19:13-16). Die sewe seuns het Jesus se Naam gebruik maar dit was nie genoeg nie omdat die sewe seuns van Skeva nie ‘n verhouding met Jesus gehad het nie en daarom was hul woorde sonder enige krag en gesag. Die sewe suens van Skeva het op metodeleer staat gemaak. Hulle het nie op Jesus as hulle Verlosser staat gemaak nie, en het hulle ook nie die Woord van God gebruik in hulle oorlogsvoering nie. Die resultaat, ’n vernederende nederslag. Mag ons leer van hierdie voorbeeld wat om nie te doen nie en slegs toepas wat die Bybel ons leer.

Opsommend, wat is die sleutel tot suksesvolle geestelike oorlogvoering? Eerstens dat ons op God se krag moet vertrou en nie ons eie nie. Twedens, ons berispe altyd in Jesus se Naam en nie in ons eie nie. Derdens, beskerm ons onself met die volle uitrusting van God se wapentuig, ons voer die oorlog met die swaard van die Gees – die Woord van God. Dan laastens, ons moet onthou dat ons oorlog voer teen Satan en sy bose geeste en dat nie elke sonde of probleem iets is wat uitgedryf moet word nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel van geestelike oorlog?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries