settings icon
share icon
Vraag

Is daar enige waarde ten opsigte van 'n geestelike gawe-toets/inventaris/vraelys?

Antwoord


Dit is definitief vir God se kinders aan te beveel om die begeerte te ontwikkel, om te wil weet watter geestelike gawes die Heilige Gees aan hulle toebedeel het, vir die doel om te dien of om God te eer (2 Tim 1:6). Terselfdertyd dui die Bybel nie aan dat 'n persoon se geestelike gawe(s) deur 'n toets bepaal kan word nie. Die baie geestelike gawe-vraelys werk op dieselfde wyse. Die persoon wat die toets doen, beantwoord 'n lys van stellings of vrae. Nadat al die vrae beantwoord is, word 'n syferwaarde toegeken aan die antwoordkeuses, wat dan bymekaargetel word en daardie getal bepaal die geestelike gawe(s). In teenstelling daarmee leer die Bybel dat die Heilige Gees geestelike gawes volgens Sy wil toeken, hoedat Hy kies dat die gelowige ander moet bedien.

Een van die probleme met die benadering ten opsigte van die geestelike gawe-toets, is dat tussen hedendaagse Christene, daar baie verskillende opinies is, aangaande die onderwerp van geestelike gawes, bv.: hoeveel is daar en wat beteken dit presies, is sommige nie in werking en wanneer om Christus se gawes by Sy kerk in te sluit, as deel van die lys van geestelike gawes (Ef 4:11). Dit is selde dat hierdie sake in hierdie waardebepalings aangespreek word. 'n Ander oorweging is, dat dit meer dikwels gebeur dat mense hulself verskillend van ander sien, wat 'n valse uitkoms in die waardebepaling van iemand se geestelike gawes kan beteken.

'n Derde probleem met die gebruik van hierdie benadering is, dat hierdie gawes vanaf God deur middel van die Heilige Gees kom en dat die Gees hierdie gawes gee aan wie Hy dan uitkies (1 Kor 12:7-11). In Joh 16:13 lees ons dat aan gelowiges beloof is dat die Heilige Gees hulle in die hele waarheid sal lei. Aangesien dit die Heilige Gees is wat kies, wie watter gawes moet ontvang, kan ons ook redeneer dat Hy selfs meer geïnteresseerd is in ons om uit te vind wat ons gawes is, eerder as wie ons is. Inderwaarheid is ons eie nuuskierigheid aangaande ons eie gawes baiekeer meer gemotiveerd deur ons eie ydele gedagtes, rakende ons belangrikheid. Omgekeerd is dit so, dat die Heilige Gees se begeerte is, dat ons ons geestelike gawes altyd ten beste moet aanwend, sodat die liggaam sodanig kan funksioneer, dat dit tot eer en verheerliking van die Vader kan wees.

Indien ons met opregtheid God se leiding soek deur middel van gebed, gemeenskap, deur God se Woord te bestudeer en deur God se volgelinge te onderrig, sal ons gawes duidelik na vore kom. God gee ons die begeertes van ons hart (Ps 37:4). Dit beteken nie noodwendig dat God ons alles gee wat ons begeer nie – eerder dat Hy die begeertes op sigself kan en wil aan ons gee. Hy kan in ons harte die begeerte om te onderrig, om te gee, om te bid, om te dien, ensovoorts, plaas. As ons volgens daardie begeertes handel en ons werklik toegewyd is om ons gawes tot Sy eer aan te wend, sal daar positiewe dinge plaasvind – die liggaam van Christus sal opgebou word en God sal verheerlik word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar enige waarde ten opsigte van 'n geestelike gawe-toets/inventaris/vraelys?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries