settings icon
share icon
Vraag

Is daar 'n lys van Bybelse geestelike gawes?

Antwoord


Daar is eintlik drie lyste van geestelike gawes in die Bybel, dan ook bekend as geestelike gawes. Die drie hoofgedeeltes wat die geestelike gawes beskryf, is Rom 12:6-8; 1 Kor 12:4-11 en 1 Kor 12:28. Die geestelike gawes in Rom 12 is profetering, bediening, onderrig gee, bemoediging, om te gee, leierskap en barmhartigheid betoon. Die lys in 1 Kor 12:4-11 sluit die woord van wysheid in, die woord van kennis, geloof, genesing, krag om wonderwerke te doen, profesie, om tussen geeste te onderskei, praat in tale en die interpretasie daarvan. Die lys in 1 Kor 12:28 sluit in: genesings, hulpbetoon, regerings en verskeidenheid van spreek in tale. 'n Kort beskrywing van elke gawe volg:

Profesie – Die Griekse woord vir profesie of profetering in beide gedeeltes beteken "speak forth" of om die goddelike wil te verklaar, om God se doelwitte te interpreteer of om die Goddelike waarheid bekend te maak, wat bestem is om mense te beïnvloed. Die idee om die toekoms uit te lê, was iewers in die Middeleeue bygevoeg en is in direkte weerspreking tot ander skrifgedeeltes, wat sulke toekomsvoorspellings veroordeel (Hand 16:16-18).

Bediening – Die Griekse woord is "diakonian", vanwaar ons die Engelse "deacon" aflei. Dit beteken diens van enige aard, die breë toepassing van praktiese hulp aan almal wat dit nodig het.

Onderrig – Hierdie gawe sluit die uiteensetting en verkondiging van God se Woord in, die verduideliking van die betekenis, die toepassing en inskakeling ten opsigte van die hoorder se lewe. Die begaafde leraar is iemand wat die unieke vermoë het om duidelik opdragte te gee en kennis oor te dra, spesifiek die leerstellings van geloof.

Bemoediging – Dit word ook "aansporing" genoem. Hierdie gawe is sigbaar by diegene wat aanhoudend ander oproep om die waarhede van God na te volg. Dit kan teregwysing insluit of om ander op te bou, deur swak geloof te versterk of deur te troos in moeilike tye.

Om te gee – Gewers wat hierdie gawe het en blymoedig deel met ander, of dit finansieel, materieel is, of die gee van persoonlike tyd en aandag. Die gewer is begaan oor die nood van ander en soek geleenthede om goed, geld en tyd te deel, soos die behoeftes voorkom.

Leierskap – Die leier wat hierdie gawe het, is een wat regeer, voorsit of die bestuur van kerkmense beheer. Die woord beteken letterlik "lei" en dra die gedagte van een wat 'n skip bestuur. So iemand met leierskap, bestuur met wysheid en omgee en vertoon die vrug van die Gees in Sy lewe en lei deur 'n voorbeeld te stel.

Barmhartigheid – Dit gaan hand aan hand met die gawe van bemoediging. Die gawe van barmhartigheid is waarneembaar in diegene wat passievol is teenoor ander wat swaarkry, betoon simpatie en sensitiwiteit, tesame met die begeerte en die voorsiening om hul lyding te versag op 'n liefdevolle en blymoedige manier.

Woord van Wysheid – Hierdie gawe dui aan dat dit een van die sprekende gawes is. Hierdie gawe beskryf iemand wat 'n Bybelse waarheid kan verstaan en dit spreek, op so 'n wyse dat dit nuttig ten opsigte van lewenssituasies aangewend kan word en wel met goeie onderskeiding.

Woord van kennis – Dit is 'n ander sprekende gawe en sluit in die verstaan van die waarheid, met 'n insig wat afkomstig is deur die openbaring vanaf God. Diegene met hierdie gawe verstaan die dieper dinge van God en die geheimenisse van Sy Woord.

Geloof – Alle gelowiges besit 'n mate van geloof, aangesien dit een van die gawes van die Gees is wat uitgestort word op almal wat in geloof na Christus toe kom (Gal 5:22-23). Die geestelike gawe van geloof word uitgestraal deur iemand wat 'n sterk en onwankelbare vertroue in God, Sy Woord, Sy beloftes en die krag van gebed het, om wonderwerke voort te bring.

Genesing – Alhoewel God steeds vandag genees, behoort die vermoë van mense om wonderwerkende genesings te doen, aan die apostels van die eerste eeuse kerk. Dit was om hul boodskap te bevestig dat dit van God afkomstig was. Hedendaagse Christene het nie die krag om siekes te genees of dooies op te wek nie. Indien hulle dit sou hê, sou hospitale en lykhuise gevul wees van hierdie "begaafde" mense, besig om beddens en kiste oral rond leeg te maak.

Wonderwerkende kragte – Dit word ook genoem die voortbring van kragtige wonderwerke en is nóg 'n teken van betrokkenheid by die bewerking van bonatuurlike gebeure, wat slegs deur die Almag van God tot stand kan kom (Hand 2:22). Hierdie gawe is deur Paulus vertoon (Hand 19:11-12), Petrus (Hand 3:6), Stefanus (Hand 6:8) en Filippus (Hand 8:6-7) saam met andere.

Onderskeiding van geeste – Sekere individue besit die unieke vermoë om die ware boodskap van God te onderskei van die bedrieër, Satan, wat van metodes gebruik soos misleiding en dwaallering. Jesus het gesê dat baie in Sy Naam sou kom en baie sou mislei (Matt 24:4-5), maar die gawe om geeste te onderskei is aan die Kerk gegee om homself daarteen te beskerm.

Praat in tale – Hierdie gawe is een van die tydelike "tekengawes" wat aan die vroeë Kerk gegee is, om dit moontlik te maak dat die Evangelie regdeur die wêreld aan alle nasies en in alle bekende tale gepreek kon word. Dit sluit die goddelike vermoë in om in onbekende tale, wat die spreker nog nooit gehoor het nie, te kon praat. Hierdie gawe het die Evangelieboodskap bekragtig, asook diegene wat dit gepreek het, dat dit wel van God af kom. Die frase "diversity of tongues" of "verskillende soorte talespraak" het die siening van 'n "persoonlike gebedstaal" as 'n geestelike gawe effektief uitgeskakel.

Interpretering van talespraak – Iemand met hierdie gawe verstaan wat 'n persoon wat in tale spreek, te sê het, selfs al het hy nie die die taal geken, waarin dit gespreek is nie. Die interpreteerder sou dan die boodskap aan almal oordra, sodat almal dit kon verstaan.

Hulpverlening – Na-aan die gawe van barmhartigheid is die gawe om hulp te verleen. Dit sluit daardie persone in wat hulp aan ander in die Kerk verleen, met passie en deernis. Dit het 'n breë spektrum van moontlikhede vir aanwending. Die belangrikste is die unieke vermoë om diegene te identifiseer wat sukkel met twyfel, vrese en ander geestelike stryde; om toenadering te soek by diegene in geestelike nood met 'n sagte woord, 'n begrip en deernisvolle optrede; en om Skrifwaarhede te spreek, wat beide opbouend en liefdevol is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar 'n lys van Bybelse geestelike gawes?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries