settings icon
share icon
Vraag

Geestelike bindinge/vestings – wat is die Bybelse siening?

Antwoord


Die woord “vestings” word een keer in die Nuwe Testament gevind, deur Paulus metafories gebruik in ‘n beskrywing van die Christen se geestelike stryd: “Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig” (2 Kor 10:3-4). Hierdie gedeelte openbaar die volgende feite in verband met ons oorlogvoering:

Ons stryd is nie beplan volgens die wyse waarop die wêreld veg nie; aardse krygslis is nie ons bekommernis nie.

Ons wapens is nie fisies nie, want ons stryd is geestelik van aard. In plaas van gewere en pantserwaens, is ons wapens die “volle wapenrusting van God” en bestaan uit “die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die Woord van God” (Ef 6:14-17).

Ons krag kom van God alleen.

God se plan is om geestelike vestings te vernietig.

Wat is hierdie “vestings” wat ons in die gesig staar? Paulus interpreteer die volgende teksvers metafories: “Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor 10:5). Die “argument” is die filosofieë, redenasies en geknoeiery van die wêreld. Die “vertoon” het te doen met enigiets, gebou rondom trots, mensgesentreerdheid en selfversekerdheid.

Hier is die beeld: Die Christen wat sy geestelike wapenrusting dra en sy geestelike wapens gebruik, gaan uit om die wêreld vir Christus te oorwin, maar hy kry spoedig stuikelblokke. Die vyand het sterk, bemande vestings opgerig om die Waarheid teen te staan en God se verlossingsplan te dwarsboom. Daar is die vesting van menslike redenasies, versterk deur baie subtiele argumente en onder die voorwendsel van logika. Daar is die vesting van passie, met vlammende veldslae van lus, plesier en hebsug. Dan is daar die toppunt van trots, waar die menslike hart op die troon sit en op uitnemende en toereikende gedagtes floreer.

Die vyand is stewig verskans; hierdie vestings word vir duisende jare beskerm, en bied ‘n groot muur van weerstand ten opsigte van die Waarheid. Geeneen hiervan skrik egter die Christen-krygsman af nie.

Om die wapens te gebruik, van God se keuse, val hy die vestings aan en deur die wonderwerkende krag van Christus, word die mure deurbreek en die versterkings van sonde en foute word afgebreek. Die oorwinnende Christen stap in die ruïnes as oorwinnaar in, soos dit was, elke valse teorie en elke menslike filosofie wat eens met trots sy onafhanklikheid van God getoon het, word afgebreek.

As dit klink soos Josua wat veg vir Jerigo, dan is jy reg. Watter groot illustrasie van geestelike waarheid is Josua 6 nie!

Wanneer die Evangelie verkondig word, is dit nie die enigste tyd waar ons teenstand ervaar nie. Ons kan ook demoniese vestings in ons eie lewens beleef, in ons families en selfs in ons kerke. Enigeen wat teen ‘n verslawing geveg het, met trots gesukkel het of vir luste in die jeugjare moes vlug, ken daardie sonde, ‘n gebrek aan geloof en ‘n wêreldse uitkyk op die lewe, is sekerlik “vestings.”

Die Here bou Sy kerk “en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matt 16:18). Wat ons nodig het, is Christen-soldate, ten volle oorgegee aan die wil van die Here van die Leëskare, wat die geestelike wapens wat Hy voorsien, sal gebruik. “Dit weet ek die Here sal aan Sy gesalfde die oorwinning gee!” (Ps 20:7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Geestelike bindinge/vestings – wat is die Bybelse siening?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries