settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om geestelik dood te wees?

Antwoord


Om geestelik dood te wees, beteken om van God geskei te wees. Toe Adam in Gen3:6 gesondig het, het hy dood vir die hele mensdom ingelei. God se opdrag aan Adam en Eva was dat hulle nie van die boom van die kennis van goed en kwaad mag eet nie. Dit het saam met die waarskuwing gekom dat ongehoorsaamheid na die dood sal lei: "Die Here God het die mens beveel": 'Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.'" Die frase "sterf jy" kan letterlik vertaal word as "sterwend sal jy sterf." Dit beteken 'n aanhoudende toestand van sterf, wat met geestelike dood begin het, aanhoudend, regdeur die lewe soos 'n degradering van die liggaam en wat uiteindelik eindig in fisiese dood. Die onmiddellike geestelike dood het begin toe Adam van God geskei is. Sy aksie om vir God weg te kruip (Gen 3:8) demonstreer hierdie skeiding, soos sy poging om die blaam van die sonde op die vrou te plaas (Gen 3:12).

Ongelukkig was hierdie geestelike en uiteindelik fisiese dood nie beperk tot Adam en Eva nie. As verteenwoordiger van die menslike ras , het Adam die hele mensdom in sy sonde ingedra. Paulus maak dit duidelik in Rom 5:12, dat sonde en dood in die wêreld ingekom het en na alle mense versprei is deur Adam se sonde. Daarbenewens sê Rom 6:23 dat die loon van die sonde die dood is; sondaars moet sterf, omdat sonde ons van God skei. Enige skeiding van die Bron van Lewe is,natuurlik, dood vir ons.

Dit is egter nie net oorerflike sonde wat geestelike dood veroorsaak nie; ons eie sondigheid dra ook daartoe by. Ef 2 leer ons dat, voordat ons gered is, is ons "dood" as gevolg van ons oortredings en sondes (vers 1). Dit moet verwys na geestelike dood, aangesien ons nog steeds fisies "lewe" voor ons verlossing. Toe ons in daardie geestelike "dood" was, het God ons gered (vers 5; ook Rom 5:8). Kol 2:13 benadruk hierdie waarheid: "Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het."

Aangesien ons dood is in sonde, is ons heeltemal nie by magte om God of Sy Woord te vertrou nie. Jesus sê herhaaldelik dat ons magteloos sonder Hom is (Joh 15:5) en dat ons nie na Hom kan kom sonder dat God ons help nie (Joh 6:44).Paulus leer ons in Rom 8 dat ons natuurlike verstand ons nie aan God kan onderwerp nie, of Hom blydskap verskaf nie (verse 7-8). In ons gevalle toestand, is ons nie by magte om selfs die dinge van God te verstaan nie (1 Kor 2:14).

Die handeling van God waardeur Hy ons lewendig maak vanuit geestelike doodsheid, word wedergeboorte genoem. Wedergeboorte word deur die Heilige Gees gedoen, deur die dood en opwekking van Jesus Christus. As ons wedergebore raak, word ons saam met Christus lewendig gemaak (Ef 2:5) en vernuwe deur die Heilige Gees (Titus 3:5). Dit is soos om vir die tweede maal gebore te word, soos Jesus vir Nikodemus in Joh 3:3, 7 geleer het. As ons deur God lewendig gemaak is, sal ons nooit werklik sterf nie – ons het die ewige lewe. Jesus het dikwels gesê dat, om in Hom te glo, is om die ewige lewe te hê (Joh 3:16, 36; 17:3).

Sonde lei tot die dood. Die enigste manier om daardie dood te ontkom, is om deur geloof na Jesus toe te kom, getrek deur die Heilige Gees. Geloof in Christus lei tot geestelike lewe en uiteindelik tot die ewige lewe.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om geestelik dood te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries