settings icon
share icon
Vraag

Wie was die geeste in die gevangenis?

Antwoord


Die “geeste in die gevangenis” word genoem in die breёr konteks in die sin van regverdige lyding. 1 Pet 3:18-20 sê, “Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God toe bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is. En so het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig. Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het, toe Hy groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het.” Sommige mense gebruik hierdie gedeelte om af te lei wat Jesus gedoen het gedurende die tyd toe Sy liggaam in die graf was. As agtergrondstudie lees asseblief ons artikel oor ”Where was Jesus for the three days between His death and resurrection?” (Waar was Jesus gedurende die drie dae tussen Sy dood en opstanding?”

Ons weet drie dinge vir seker oor geeste wat in 1 Pet 3:19 genoem word. Hulle is onliggaamlik, hulle word gevange gehou en hul sonde was gepleeg voor die Vloed. Hul verhouding met Jesus en die aard van Sy aankondiging aan hulle, is oop vir spekulasie. Wie presies hierdie geeste is, was al die debatsonderwerp deur die jare heen. Hier is twee teorieё:

Die geeste in die gevangenis is gevalle engele of demone. Die geeste in die gevangenis kan nie heilige engele wees nie, omdat die heilige engele nie gesondig het en gevange geneem is nie. En nie al die gevalle engele is gevange geneem nie, natuurlik gee die Nuwe Testament baie voorbeelde van demoniese aktiwiteit op aarde. Dit laat ‘n gekose groep demone oor wat, ongeag hul gevalle mede-demone gevange gehou word.

Wat sou die rede wees dat sommige, maar nie almal van die demone in die gevangenis gehou word nie? Judas :6 gee ‘n belangrike leidraad: “Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag.” Sommige van die gevalle engele het ‘n ongehoorde oortreding begaan; Judas :6 gee nie inligting nie, maar die demone se sonde was gekoppel aan die feit dat hulle “nie binne hulle eie magsgebied” gebly het nie. Openbaring 9:1-12, 14-15 en 2 Pet 2;4 praat ook van ‘n groep bose engele wat tans gebind is. Indien die gevange geeste gevalle engele is, kon die sonde wat hulle gepleeg het, dié een in Gen 6:1-4 wees, wat weergee dat “die hemelwesens” met die dogters van die mense getrou het en reuse op aarde voortgebring het, die Nephilim. As die “hemelwesens” gevalle engele was, sluit die sonde in Gen 6 engele in wat die plek verlaat het, waar hulle behoort het, in ‘n handeling van ongehoorsaamheid voor die Vloed – en dit stem ooreen met wat die apostel bedoel in 1 Pet 3:19. Dit kon wees dat die demone wat met menslike vroue omgang gehad het, deur God gevange geneem was om te voorkom dat hulle weer daardie sonde herhaal en dus ander demone ontmoedig om dit ook te probeer.

Volgens 1 Pet 3:19 het Jesus ’n aankondiging aan daardie geeste in gevangenis gemaak. Die Griekse woord vir “proclaimed” of “preached” beteken “om in die openbaar te verklaar” of “inlui.” Indien die geeste demone is, dan sê Petrus dat Jesus na die “Abyss” (bodemlose afgrond) gegaan het en Sy oorwinning aan die gevalle engele aangekondig het. Hulle het verloor, Hy het oorwin. Die kruis triomfeer oor alle boosheid (sien Kol 2:15). Die geeste in gevangenis is die menslike geeste van hulle wat in Noag se vloed omgekom het. Soos Christus vir hulle gepreek het, is daar drie moontlike interpretasies: a) Christus het figuurlik gepreek, in en deur Noag, terwyl hulle in die vlees was; b) Christus het letterlik gepreek, deur by Noag teenwoordig te wees deur die Heilige Gees, wat Noag geïnspireer het om die boodskap van die komende oordeel uit te dra; en c) Christus het letterlik tot hulle gepreek tussen Sy dood en opstanding. Volgens elkeen van hierdie interpretasies, word die geeste so genoem, omdat hulle bestaan het in ‘n geestelike toestand toe Petrus geskryf het; hulle was nie meer in die vlees nie, maar was in die hel (Hades).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was die geeste in die gevangenis?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries