Vraag
Wat moet ‘n Christen doen indien hy/sy in ‘n omgewing woon waar daar geen kerk is om by te woon nie?
Antwoord
Daar is baie dele van die wêreld waar beperkings op Christene geplaas word om wanneer, waar en hoe om te aanbid. In sommige lande aanbid Christene in enige vorm wat nie toegelaat word nie en onder sommige onderdrukkende regerings word Christene gearresteer en doodgemaak deur eenvoudig hul geloof te verklaar of te beoefen. Christene wat in sulke omgewings woon, moet beduidende pogings aanwend om seker te maak dat hulle sal groei en volwassenheid bereik in hul geloof, terwyl hulle weg is van enige vorm van kerklike atmosfeer en in ‘n land wat God nie aanvaar nie.
Vir die Christen in ‘n land wat toelaat dat ‘n Bybel besit mag word of Bybelstudie-materiaal verkrygbaar is, is daaglikse ywerige studie van die Woord belangrik, veral waar gemeenskap met ander Christene nie moontlik is nie. Dit is essensieel om elke dag tyd te spandeer met persoonlike bestudering van God se Woord en gebedsbeoefening. Vir gelowiges in lande waar Bybels nie gewettig is nie, kan die internet help. Tallose webblaaie voorsien toegang tot die Bybel. Daar bestaan selfs aanlyngroepe vir gelowiges om te gesels en mekaar te bemoedig. Radio-uitsendings wat God se Woord verkondig is ook beskikbaar in die meeste lande in die wêreld, selfs al moet dit deur middel van kortgolf uitgesaai word oor groot afstande.
Deur ander gelowiges in beperkte areas te vind, kan die begin wees van ‘n “ondergrondse” huisgroep vir gelowiges om saam te kom en God se Woord te bestudeer en saam te bid. Die huiskerk-beweging in China het ‘n sterk en lewendige gemeenskap van Christene wat vervolging in die gesig staar. Diegene wat ondergrondse huisgroepe in die Midde-Ooste begin het, het ‘n ontsettende honger vir God se Woord gevind onder Engelsprekende buitelandse werkers, wat in hul omgewing woonagtig is. Hierdie gelowiges roteer die byeenkoms se ligging elke week, hou uitnodigings slegs mondelings en groei ontsaglik in hul geloof gedurende moeilike en vyandige tye.
Niks kan ‘n kind van God van die liefde van God in Christus skei nie (Rom 8:38-39). Selfs wanneer ‘n Christen van ander gelowiges geïsoleer is, kan hy/sy ‘n noue verhouding met die Here handhaaf en God sal hom/haar bemoedig en versterk. Gelowiges het die gawe van die Heilige Gees ontvang wat binne-in ons woon (Ef 1:13-14) en die Trooster sal ons help deur moeilike situasies. Die geskiedenis van die Christendom is gevul met stories van gelowiges wat sterk gebly het in hul geloof onder die ergste vervolging en isolasie denkbaar. Die krag van die Heilige Gees binne-in gelowiges moet nooit onderskat word nie.
English
Wat moet ‘n Christen doen indien hy/sy in ‘n omgewing woon waar daar geen kerk is om by te woon nie?