settings icon
share icon
Vraag

Kan 'n Christen verlossing "teruggee"?

Antwoord


Die kort antwoord op hierdie vraag is "nee", 'n opregte Christen kan nié verlossing "teruggee" nie. Eienaardig genoeg is daar sommige wat saamstem dat 'n Christen nie sy redding kan "verloor" nie, maar tog steeds glo dat redding aan God "teruggegee" kan word. Sommige mense wat hierdie siening handhaaf, sal Rom 8:38-39 lees en sê dat, aangesien niks van buite ons ons van God kan skei nie, kan onsself kies, in ons eie wil, om onsself van God te skei. Dit is nie net onbybels nie, maar misken alle logika.

Om te verstaan waarom dit nie moontlik is om ons verlossing "terug te gee" nie, moet ons drie dinge begryp: die natuur van God, die natuur van die mens en die natuur van verlossing self. God is van nature 'n Verlosser. Dertien keer word alleenlik in die Psalms na God verwys as die Verlosser van die mens. Net God alleen is ons Verlosser; niemand anders kan ons red nie en ons kan nie onsself red nie. "Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie" (Jes 43:11). Nêrens in die Skrif word God ooit uitgebeeld as Redder, waar dit van diegene wat Hy red, afhang om die verlossing te beïnvloed nie. Joh 1:13 maak dit duidelik dat diegene wat aan God behoort, nie uit hul eie wil weergebore word nie, maar deur God se wil. God verlos deur Sy wil om te verlos en deur Sy krag om te verlos. Sy wil word nooit in die wiele gery nie en Sy krag is onbeperk (Dan 4:35).

God se plan of verlossing is deur Jesus Christus bewerkstellig, God vleesgeword, en aarde toe "gekom om te soek en te red wat verlore is" (Luk 19:10). Jesus het dit duidelik gemaak dat ons Hom nie gekies het nie, maar dat Hy óns gekies het en aangewys het "om uit te gaan en vrugte te dra" (Joh 15:16). Verlossing is 'n geskenk van God deur geloof in Christus, wat Hy aan hulle toebedeel het, soos Hy dit al vooruit bestem het, volgens Sy raadsbesluit en wie se verlossing geseël is deur die Heilige Gees (Ef 1:11-14). Dit sluit die idee uit dat 'n mens deur sy eie wil God se plan kan dwarsboom om hom te red. God sou nie iemand volgens Sy raadsplan vooruit die gawe van verlossing gee, net sodat Sy plan weer verwoes kan word, deurdat iemand die geskenk teruggee nie. God se alwetendheid en voorafkennis maak so 'n senario onmoontlik.

Die mens is van nature 'n bedorwe wese, wat God in elk geval nie soek nie. Eers wanneer sy hart deur die Gees van God verander is, sal hy God soek, anders nie: wil nie en kan nie. God se Woord is onverstaanbaar vir hom. Die onveranderlike mens is onregverdig, waardeloos en bedrieglik. Sy mond is gevul met bitterheid en vervloeking, sy hart is is toegespits op bloedvergieting, hy het geen vrede nie en daar is geen "een wat na die wil van God vra nie" (Rom 3:10-18). So 'n persoon is nie by magte om homself te red of selfs sy nodigheid vir verlossing te sien nie. Dit is slegs nadat hy 'n nuwe skepsel in Christus gemaak is, dat sy hart en verstand na God gedraai word. Nou eers sien hy die waarheid en verstaan hy geestelike dinge (1 Kor 2:14; 2 Kor 5:17).

'n Christen is iemand wat vrygemaak is van sonde en op pad hemel toe geplaas is. Hy is 'n nuwe skepsel en sy hart is omgedraai na God toe. Sy ou natuur is dood. Sy nuwe natuur sal nie meer begeer om sy verlossing terug te gee en na sy ou self te draai nie. Dis soos 'n ontvanger wat na 'n hartoorplanting sy nuwe hart wil omruil vir sy ou, siek hart. Die konsep van 'n Christen wat sy verlossing teruggee, is onskriftuurlik en ondenkbaar.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan 'n Christen verlossing "teruggee"?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries