Vraag
Sal daar ‘n gedeeltelike wegraping wees?
Antwoord
Daar is sommige gelowiges wat glo dat slegs gelowige Christene met die wegraping weggeneem sal word, terwyl ongelowige Christene op aarde gelaat word om in die verdrukking te ly. Die probleem is dat die Bybel nie so ‘n konsep ondersteun nie. Die gedeeltes wat die wegraping beskryf (1 Kor 15:50-57; 1 Tess 4:13-18) is van toepassing op alle Christene universeel, volgroeide en onvolwasse, gelowig en ongehoorsaam. Verse soos Rom 8:1 en 1 Tess 5:9 sê dat God nie Sy straf op Christene uitstort nie. Daar is hoegenaamd geen bybelse bewys vir ‘n gedeeltelike wegraping nie. Elke gelowige sal met die wegraping hemel toe geneem word.
Jesus se gelykenis oor die tien maagde in Matt 25:1-13 is vir sommige die “bewys” van ‘n gedeeltelike wegraping. Die vyf maagde egter wie se lampe sonder olie was, is nie simbolies van gelowiges wat agtergelaat word nie; dit is ‘n beeld van ongelowiges wat agterbly. Die sleutelvers is vers 12, waar die bruidegom aan hulle wat agterbly, sê, “Ek sê vir julle: Ek ken julle nie!.” Hulle vir wie Jesus ken, is gelowiges in Hom, waaksaam of nie. Die essensiële element in die gelykenis is die olie in die lampe – olie is die simbool van die Heilige Gees. Hulle wat die Heilige Gees in hul harte het, sal met die wegraping opgeneem word, omdat hulle ware Christene is. Hulle wat geloof in Christus bely, maar nie Sy Gees besit nie, sal agtergelaat word.
Die les vir ons is om gereed te wees, omdat Christus kom vir Sy eiendom, maar Hy sal kom soos ‘n “dief” (1 Tess 5:4) – skielik, onverwags en sonder aankondiging. Slegs hulle wie se lampe (harte) olie bevat (die Heilige Gees) sal weggeneem word. Die res, ongeag hulle belydenisse, sal agtergelaat word. Jesus ken Sy eie en as Hy ons roep, sal ons antwoord. Aan die res sal Hy sê, “Ek ken julle nie.” Vandag is die dag van verlossing (2 kor 6:2) en hulle wat Christus nie ken nie, durf nie ‘n oomblik nog langer uitstel nie.
English
Sal daar ‘n gedeeltelike wegraping wees?