Vraag
Wat glo gedeeltelike preteriste? Is gedeeltelike preterisme bybels?
Antwoord
Preterisme is die eskatologiese siening dat die “eindtye”-profesieë van die Bybel alreeds vervul is. Dus, as ons lees wat die Bybel oor die verdrukking sê, lees ons geskiedenis. Preterisme word in twee groepe verdeel: volle (of beginselvaste) preterisme en gedeeltelike preterisme. Volle preterisme het die ekstreme siening dat “alle” profesie in die Bybel op een of ander wyse vervul is. Gedeeltelike preteriste het ‘n meer gematigde siening en baie van hulle beskou volle preteriste as skuldig aan dwaalleer.
Hulle wat glo in gedeeltelike preterisme verkondig dat die profesieë in Daniël, Matt 24 en Openbaring (met die uitsondering van die laaste twee hoofstukke) alreeds vervul is en was vervul nie later as die eerste eeu n C nie. Volgens gedeeltelike preterisme, is daar geen wegraping nie, en gedeeltes wat die verdrukking en die Antichris beskryf, verwys eintlik na die verwoesting van Jerusalem in 70 n C en die Romeinse keiser Titus. Gedeeltelike preteriste glo wel in die wederkoms van Christus aarde toe en ‘n toekomstige opstanding en oordeel, maar hulle verkondig nie ‘n duisendjarige koninkryk of dat Israel as ‘n volk ‘n plek in God se toekomsplan het nie. Volgens die gedeeltelike preteriste, praat die bybelse verwysings na die “laaste dae” van die Ou Joodse Verbond en nie van die laaste dae van die aarde nie.
Ten einde vir die gdeeltelike preteriste, om hul posisie te behou, staan hulle daarop dat die boek Openbaring vroeg geskrywe was (voor 70 n C). Hulle moet ook ‘n inkonsekwente uitlegkunde gebruik as die profetiese gedeeltes geinterpreteer word. Na aanleiding van die preteristiese siening van die eindtyd, is hoofstukke 6-18 hoogs simbolies en beskryf nie letterlike gebeure nie. Aangesien die verwoesting van Jerusalem nie op grootskaal die seelewe vernietig het nie (Openbaring 16:3) of angsvolle duisternis beleef was nie (vers 10), word hierdie oordele deur die preteris as suiwer allegories beskou. Volgens die preteriste egter, word hoofstuk 19 letterlik verstaan – Jesus Christus sal fisies terugkom. Maar Hoofstuk 20 word weer allegories geïnterpreteer, terwyl hoofstukke 21-22 letterlik verstaan word, ten minste ‘n deel daarvan, dat daar werklik ‘n nuwe hemel en nuwe aarde sal wees.
Niemand ontken dat Openbaring verbasende en soms verwarrende visioene bevat nie. Niemand ontken dat Openbaring baie dinge figuurlik beskryf nie – dit is die aard van apokaliptiese beskrywings. Om egter na willekeur die letterlike aard van selektiewe gedeeltes in Openbaring te ontken, is om die basis van interpretasie van enige deel van die boek letterlik te vernietig. Indien die plae, getuies, dier, vals profeet, duisendjarige koninkryk, ens. alles sinnebeeldig is, op water basis glo ons dan dat die wederkoms van Christus en die nuwe aarde letterlik is? Dit is die mislukking van preterisme – dit laat die interpretasie van Openbaring oor aan die opinies van die interpreteerder.
Hulle wat gedeeltelike preterisme navolg, lees ook nie Matt 24 in ‘n letterlike sin nie. Christus het gepraat van die afbreek van die tempel (Matt 24:2). Maar baie wat Hy beskryf het, het “nie” in 70 n C gebeur nie. Christus praat van daardie toekomstige tyd as een van “groot verdrukking”…..” soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie. En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort” (Matt 24:21-22). Sekerlik kan dit nie toegepas word op die gebeure van 70 n C nie. Daar was erger tye in die geskiedenis van die wêreld sedertdien.
Die Here sê ook, “Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit” (Matt 24:29-30). Ten einde die gebeure van hierdie twee verse te sien as reeds plaasgevind, moes Jesus Christus liggaamlik teruggekeer het in 70 n C – maar Hy het nie. Die gedeeltelike preteris glo dat hierdie verse nie verwys na ‘n liggaamlike wederkoms van Christus nie, maar na ‘n verskyning van Sy oordeel. Dit is egter nie wat ‘n normale, letterlike lees van die teks enigeen sou lei om te glo nie. Dit is die “Seun van die mens” wat mense sien, nie net Sy oordeel nie.
Gedeeltelike preteriste verwys ook na Matt 24:34 waar Jesus praat van “hierdie geslag.” Hulle sê Christus het na hulle verwys wat op daardie tydstip gelewe het, toe Hy daardie woorde in daardie hoofstuk gespreek het; aldus, moes die verdrukking ongeveer 40 jaar binne Sy uitspraak, plaasgevind het. Ons glo egter dat Jesus nie na die mense van Sy tyd verwys het nie, maar na die geslag wat as getuies van die gebeure van Matt 24:15-31 sou optree. Daardie toekomstige geslag sal van al die snelbewegende gebeure van die laaste dae getuig, insluitende Christus in liggaamlike terugkoms (verse 29-30).
Die gedeeltelike preteristiese siening lei tot ‘n geloof in amillenialisme (of post-millenialisme) en word geassosieer met verbondsteologie. Natuurlik verwerp dit dispensasionalisme. Maar die hoofprobleem is die inkonsekwente Skrif-uitlegkunde en die allegorisering van baie bybelse profesieë wat letterlik beter verstaan word. Alhoewel gedeeltelike preterisme binne die gebied van ortodoksie val, is dit nie die oorgrote siening onder Christene vandag nie.
English
Wat glo gedeeltelike preteriste? Is gedeeltelike preterisme bybels?