settings icon
share icon
Vraag

Wat is sommige van die gebreke in die evolusieteorie?

Antwoord


Christene en nie-Christene vra dikwels of die teorie van evolusie akkuraat is. Diegene wat twyfel daaroor, word dikwels beskou as “onwetenskaplik” of ”onontwikkeld” deur sommige in die pro-evolusiegroep. By tye lyk dit asof die populêre persepsie van evolusie bo alle twyfel bewys is en dat daar geen wetenskaplike struikelblokke oor is nie. Die realiteit is dat daar ‘n hele paar wetenskaplike foute in die teorie voorkom, wat redes verskaf om skepties te wees. Daar moet toegegee word dat geen van hierdie vrae nou juis evolusie afkeur nie, maar hulle wys hoedat die teorie nie beslis is nie.

Daar is baie maniere waarop evolusie wetenskaplik gekritiseer kan word, maar die meeste van daardie kritiek is hoogs spesifiek. Daar is talle voorbeelde van genetiese karaktertrekke, ekologiese sisteme, evolusionêre bome, ensiem- eienskappe en ander feite wat baie moeilik is om op te weeg met die teorie van evolusie. Gedetaileerde beskrywings hiervan kan hoogs tegnies wees en is bokant die omvang van ‘n samevatting soos hierdie. In die algemeen is dit akkuraat om te sê dat die wetenskap nog konsekwente antwoorde moet voorsien oor hoe evolusie opereer by die molekulêre, genetiese of selfs ekologiese vlakke in ‘n konsekwente en ondersteunende rol.

Ander foute kan verdeel word in drie basiese areas: Eerstens is daar die kontradiksie tussen “gepunktueerde ewewig” en “gradualisme.” Tweedens is daar die probleem om “mikro-evolusie” om te skakel na “makro-evolusie.” Derdens is daar die wyse waarop die teorie onwetenskaplik misbruik is vir filosofiese redes.

Eerstens is daar kontradiksie tussen “gepunktueerde ewewig” en ”gradualisme.” Daar is twee basiese moontlikhede hoe natuurlike evolusie kan gebeur. Hierdie gebrek in die teorie vind plaas, omdat hierdie twee idees wedersyds eksklusief is en tog is daar suggestiewe bewys van beide.Gradualisme impliseer dat organismes ‘n relatiewe stewige mate van verandering ondervind, en dit loop uit op ‘n soort “sagte” oorgang van vroeë vorms tot later vorme. Dit was die oorspronklike slotsom, afgelei van die evolusieteorie. Gepunktueerde ewewig aan die ander kant, impliseer dat mutasiespoed erg beïnvloed word deur ‘n unieke stelsel van toevallighede. Dus sal organismes lang periods van stabiliteit ondervind, “onderbreek” deur kort uitbarstings van vinnige evolusie.

Dit lyk asof gradualisme deur die fossielopgawe weerspreek word. Organismes verskyn skielik en toon min verandering oor lang periodes. Die fossielopgawe het oor die laaste eeu baie uitgebrei en die meeste fossiele wat gevind is, lei daartoe dat meer gradualisme weerlê is. Dit was hierdie duidelike weerlegging wat die teorie van onderbroke ewewig geïnspireer het.

Die fossiel-opgawe kan dalk die gepunktueerde ewewig ondersteun, maar weer eens is daar groot probleme. Die basiese gevolgtrekking is dat baie min kreature, almal van dieselfde groot populasie, verskeie voordelige veranderinge sal beleef, almal op dieselfde tyd. Dadelik kan mens sien hoe onwaarskynlik dit is.

Dan skei daardie paar lede heeltemal van die hoofpopulasie, sodat hul nuwe gene vir die volgende generasie oorgegplaas kan word (‘n ander onwaarskynlike gebeurtenis). Gegewe die wye diversiteit van lewe sou hierdie tipe verbasende toevalligheid die hele tyd moes gebeur.

Wetenskaplike studies het ook twyfel geplaas op die voordele wat gepunktueerde ewewig sou verleen. Om ‘n paar lede vanuit ‘n groter populasie te verwyder, het inteling tot gevolg. Dit lei tot verminderde reproduktiewe vermoë, skadelike genetiese abnormaliteite, ens. Die hoofsaak is, die gebeure wat die “oorlewing van die sterkste” sou promoveer, vermink, in plaas daarvan die organismes.

Ten spyte van wat sommige beweer, gepunktueerde ewewig is nie ‘n meer verfynde weergawe van gradualisme nie. Hulle het baie verskillende gevolgtrekkings oor die meganismes agter evolusie en die wyse hoe daardie meganismes werk. Ewemin is ‘n bevredigende verklaring vir hoe lewe so divers en gebalanseerd geraak het, soos dit is en tog is daar geen ander redelike opsies vir hoe evolusie kan werk nie.

Die tweede gebrek is die probleem van die uitbreiding van “mikro-evolusie” na “makro-evolusie.” Laboratoriumstudies het getoon dat organismes die vermoë het om aan te pas. Dit beteken dat lewende dinge hul biologie kan verskuif om beter in hul omgewing in te pas. Daardie selfde studies het egter gewys dat sulke veranderinge slegs só ver kan gaan en daardie organismes het nie fundamenteel verander nie. Hierdie klein veranderinge word “mikro-evolusie” genoem. Laasgenoemde kan drastiese veranderings veroorsaak, soos daar in honde gevind word. Alle honde is dieselfde spesie en ‘n mens kan sien hoe baie variasie daar is. Selfs die mees aggressiewe teling het nog nooit ‘n hond in iets anders verander nie. Daar is ‘n limiet oor hoe groot, klein, slim of harig ‘n hond kan word deur teling. Eksperimenteel is daar bewys dat daar geen rede is om te suggereer dat ‘n spesie hoër as sy eie genetiese limiete kan verander en iets anders word nie.

Lang termyn evolusie vereis egter “makro-evolusie,” wat verwys na daardie hoëskaalse veranderinge. Mikro-evolusie verander ‘n wolf in ‘n Chihuahua of ‘n Great Dane. Makro-evolusie sou ‘n vis in ‘n koei of ‘n eend kon verander. Daar is ‘n massiewe verskil in skaal en effek tussen mikro-evolusie en makro-evolusie. Hierdie gebrek in die evolusieteorie is dat eksperimentasie nie die vermoë ondersteun, deur baie klein veranderinge, een spesie na ‘n ander te transformeer nie.

Ten slotte, daar is die foutiewe toepassing van evolusie. Dit is nie ‘n gebrek in die wetenskaplike teorie nie, vanselfsprekend, maar ‘n fout in die manier van hoe die teorie misbruik is vir onwetenskaplike doeleindes. Daar is steeds baie, baie vrae oor biologiese lewe wat evolusie nog nie beantwoord het nie. En tog, is daar hulle wat probeer om die teorie te transformeer vanaf ‘n biologiese verklaring na ‘n metafisiese een. Elke keer dat iemand beweer dat die evolusieteorie godsdiens, spiritualiteit of God afkeur, plaas hulle die teorie buitekant sy eie limiete. Regverdig of nie, die evolusieteorie word gebruik as ‘n anti-godsdienstige stuk gereedskap deur hulle wat God verwerp.

Oor die algemeen is daar so baie deeglike wetenskaplike redes om die evolusieteorie te bevraagteken. Hierdie gebreke kan deur die wetenskap opgelos word of hulle kan uiteindelik die teorie saam daarmee tot niet maak. Ons weet nie watter een sal gebeur nie, maar wat ons weet, is dit: die evolusieteorie is ver weg van afgehandel en rasionele mense kan dit wetenskaplik bevraagteken.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is sommige van die gebreke in die evolusieteorie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries