settings icon
share icon
Vraag

Is dit aanvaarbaar om ‘n gebedsvlies oop te sprei voor God as jy bid?

Antwoord


Die konsep betreffende die gebedsvlies kom van die storie van Gideon, ‘n leier in Israel, in Rigters 6. Toe God hom gestuur het om die Israelitiese magte bymekaar te maak om die Midianitiese invallers te verslaan, het Gideon sekerheid gevra of dit werklik God se stem was wat hy gehoor het en dat hy Sy aanwysings reg verstaan het. Hy het vir God gevra vir ‘n teken as bewys dat dit werklik Sy wil was. Dus het hy ‘n stuk wolvlies oornag buite gesit en gevra dat God dit moet nat maak, terwyl dit rondom moet droog bly. God het in Sy barmhartigheid gedoen wat Gideon gevra het, en in die môre was die vel nat genoeg om ‘n bak met water te vul, toe hy dit uitgedruk het.

Gideon se geloof was so swak dat hy God gevra het vir ‘n ander teken – hierdie keer om ‘n ander vlies droog te hou, terwyl die area rondom nat moet wees. Weer het God ingewillig en Gideon was finaal oortuig dat God bedoel het wat Hy gesê het, dat die volk Israel die oorwinning sal kry, wat die engel van die Here in Rigters 6:14-16 belowe het. Dit was die tweede keer, deur die vliese se gebruik, wat Gideon gevra het vir ‘n teken, om seker te maak dat God werklik met hom gepraat het en sou doen wat Hy gesê het Hy sou.

Daar is verskeie lesse vir ons in Gideon se verhaal. Eerstens is God ongelooflik genadig en geduldig met ons, veral as ons geloof swak is. Gideon het geweet dat hy op gevaarlike terrein beweeg het en het probeer om God se geduld te beproef, deur te vra vir verskeie tekens. Na die eerste vlies se teken, het hy gesê, “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie! Ek wil nog ‘n keer iets vra” (Rigters 6:39). Maar ons God is ‘n barmhartige, liefdevolle en geduldige God, wat ons swakhede ken. Alhoewel Gideon se verhaal vir ons ‘n onderwysing is en nie dien as ‘n model vir ons eie optrede nie. Jesus het by twee geleenthede gesê dat “‘n Slegte en afvallige geslag vra vir ‘n teken” (Matt 12:39; 16:1-4). Sy punt was, dat die tekens wat Hy alreeds gegee het aan hulle – Sy vervulling van die Ou Testamentiese profesie, genesings en wonderwerke – genoeg vir hulle was om die waarheid te aanvaar, ás dit die waarheid was waarna hulle gesoek het. Dit was duidelik nie so.

‘n Ander les van Gideon se wolvliese is dat hulle wat vra vir tekens, ‘n swak en onvolwasse geloof uitstraal, wat in elk geval nie deur tekens oortuig sou word nie! Gideon het meer as genoeg inligting ontvang, sonder die teken van die wolvliese. God het gesê dat hy oorwinning sal kry (v 14) en Hy het geantwoord op ‘n vorige versoek vir ‘n teken met ‘n wonderbaarlike vertoon van krag deur vuur (v 16). Steeds het Gideon gevra vir nog twee tekens van die wolvliese, as gevolg van sy onsekerheid. Op dieselfde manier, selfs as God die teken gee waarvoor ons vra, gee dit ons nie waarna ons verlang nie, omdat ons wankelende geloof steeds twyfel. Dit lei dikwels daarnatoe dat ons vra vir tekens, waarvan geeneen ons die sekerheid gee wat ons benodig nie, omdat die probleem nie by God se krag lê nie; dit lê by ons eie persepsie daarvan.

‘n Probleem om Gideon se voorbeeld met die wolvliese te volg, is dat dit nie in ag geneem word dat ons situasie en syne glad nie vergelykbaar is nie. As Christene het ons twee kragtige instrumente wat Gideon nie gehad het nie. Eerstens,het ons die volmaakte Woord van God wat ons weet is “deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim 3:16-17). God het ons verseker dat Sy Woord al is wat ons benodig om “volkome toegerus” te wees vir enigiets en alles in die lewe. Ons benodig nie eksperimentele bewyse (tekens, stemme, wonderwerke) om te verifieer wat Hy alreeds vir ons in Sy Woord gesê het nie. Ons tweede voordeel bo Gideon, is dat elke Christen die Heilige Gees het, wat God Self is, wat ins ons harte woon om ons te lei, rigting aan te wys en te bemoedig. Voor die Pinksterfees het gelowiges slegs die Ou Testament gehad en was ekstern gelei deur God se hand van voorsienigheid. Nou het ons Sy volmaakte Bybel en Sy inwonende teenwoordigheid in ons harte.

Ons moet tevrede wees om God se wil vir ons in elke situasie te ken, eerder, as om tekens deur middel van wolvliese te soek. “Die boodskap van Christus moet in Sy volle rykdom in julle bly” (Kol 3:16); “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees inalle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (1 Tess 5:16-18); “En wat julle ookal sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom” (Kol 3:17). As hierdie dinge karaktertrekke van ons lewens is, sal die besluite wat ons maak in lyn met God se wil wees, Hy sal ons uitermate seën met Sy vrede en sekerheid en dit sal nooit nodig wees om ons wolvliese uit te rol of vir tekens te vra nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit aanvaarbaar om ‘n gebedsvlies oop te sprei voor God as jy bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries