settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek ‘n gebedstryder word?

Antwoord


Alhoewel die frase “gebedstryder” nie in die Skrif gevind word nie, is ‘n gebedstryder in die algemeen gesien as ‘n Christen wat aanhoudend en effektiewelik vir ander bid op die manier hoe dit in die Skrif geleer word. Dus, gebedstryders bid tot Vader God (Matt 6:9) in die krag van die Heilige Gees (Ef 3:16; Judas 1:20) en in die Naam van Jesus (Joh 14:13). Om ‘n stryder in gebed te wees, is om betrokke te wees in die geestelike stryd en om die goeie stryd van die geloof te stry, deur die volle wapenrusting van God te dra, en dit alles biddend en smekend te doen en “God by elke geleentheid deur die Gees” te smeek (Ef 6:10-18).

Aangesien alle Christene gebedstryders moet wees, is daar sommige mense wat voel dat hulle ‘n spesiale en unieke gawe het om te bid en deur God geroep is om te bid as hul spesiale bediening. Die Bybel spesifiseer nooit sekere mense wat meer dikwels moet bid nie, meer ywerig of meer effektief as ander Christene nie, maar daar is ywerige bidders wat bekend is vir die klem wat hulle op gebed plaas. Paulus het gesê dat “met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense” (1 Tim 2:1) en hy sê niks wat aandui dat sommige mense uitgekies is daarvoor nie. Alle gelowiges in Christus het die Heilige Gees wat help om ons gebedsversoeke te kommunikeer (Rom 8:26-27). Alle gelowiges moet bid in die Naam van Jesus, wat beteken dat Jesus Christus ons Here en Verlosser is, dat ons op Hom vertrou vir alles, insluitende Sy intree by die Vader vir ons in alle dinge en dat ons lewe en bid volgens God se wil. Om in Jesus se Naam te bid beteken nie om net sonder meer “in Jesus se Naam” by elke gebed by te voeg nie. Dit beteken eerder om ondergeskik aan Sy wil te bid.

As gebedstryders, is ons in alles verheug en het ‘n gees van dankbaarheid vir wat God in ons lewens en in ander se lewens doen en ons eie gees groei dag vir dag, soos ons al meer besef kry van die oordaad van ons seëninge. Ons weet met sekerheid dat God die asem wat ons nou ingeasem het, voorsien het (Jes 42:5); dat Hy ons verlede, hede en toekomstige sondes vergewe het (1 Joh 2:12); dat Hy ons liefhet met ‘n ewige liefde (Ef 2:4-7); en dat ons ‘n plek in die hemel het, saam met ons Here (1 Pet 1:3-5). Ons harte dan is gevul met blydskap en vrede en oorstroom van liefde vir God en ons gun vir ander hierdie selfde liefde, blydskap en vrede. Dus werk ons vir hulle deur te bid.

Effektiewe gebed is inderdaad werk. Ons moet leer om saam met God te stap, dus mediteer ons daagliks op Hom en Sy weë, om meer en meer nederig te word, wat essensieel is vir effektiewe gebed (2 Kron 7:13-15). Ons bestudeer ook elke dag nadenkend die Skrif, om te leer wat God se hart bly maak en daarom aanvaarbare gebed uitmaak. Ons leer om gebedshindernisse te elimineer (Markus 11:25; 1 Pet 3:7; 1 Joh 3:21-22) en om nie die Gees van God te bedroef nie (Ef 4:30-32). Ons leer dat ons in ‘n geestelike stryd met Satan gewikkel is, dus moet ons bid vir ons eie geestelike welsyn om krag en ook fokus in ons gebede vir ander mense te behou (Ef 6:12-18).

Gebedstryders het ‘n hart vir God, ‘n hart vir gebed, ‘n hart vir mense en ‘n hart vir Christus se kerk. Dus bid ons sonder ophou en vertrou dat God elke gebed volgens Sy volmaakte wil en in Sy volmaakte tyd beantwoord.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek ‘n gebedstryder word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries