settings icon
share icon
Vraag

Wat is gebedskrale? Is dit reg om krale gedurende gebed te gebruik?

Antwoord


Gebedskrale, soms ook bidsnoer genoem, word gebruik in die prakryk van meditasie en gebed. Gebede word verskeie kere herhaal deur te korrespondeer met die getal krale. Bidsnoere is tradisioneel geassosieer met Katolisisme, maar die gebruik daarvan is wyd versprei, met baie godsdienstige tradisies daarin gekorporeer.

Die basiese bidsnoer bestaan uit 59 krale saam gebind in ‘n vorm wat lyk soos ‘n halssnoer. Elke kraal is veronderstel om ‘n gebed te wees, terwyl die individuele kraal vasgehou word. 53 van hierdie krale is gebede, gemik op “Groet Maria.” Die ander 6 is bedoel vir “Onse Vader.” Hierdie krale voorsien ‘n fisiese metode deur telling te hou van die gebede soos die vingers saam met die krale beweeg en soos die gebede opgesê word.

Die geskiedenis van die bidsnoer in Christelike kringe kan terug gevoer word na die Kruistogte. Die geskiedkundiges het gemeen dat die Kruisvaarders hierdie praktyk weer van die Arabiere geërf het, wat op hulle beurt dit weer van Indië gekry het. Onlangse argeologiese bevindinge wys dat antieke Efesiërs gebruik gemaak het van sulke krale in hul aanbidding van Diana, ook bekend as Artemis, wie se tempel een van die wêreld se sewe wonders was (Hand 19:24-41).

Bidsnoere word ook deur Rooms Katolieke gebruik om die beoefenaar te help met 180 gebede wat in die bidsnoer opgeneem is. Voorbeelde van sulke gebede is Onse Vader, Groet Maria en Gloria. Die gebruik van die bidsnoer is gebaseer op die aanname dat , om hierdie gebede oor en oor te herhaal, die een wat die petisies rig, meriete of guns vanaf God verkry, om sodoende die straf van die suiweringsvure te ontsnap.

Die gebruik van krale in gebed is nie volgens die Skrif nie. Jesus Self het die godsdienstige leiers van Sy tyd getugtig, omdat hulle hul gebede oor en oor herhaal. Hy het Sy dissipels gemaan om hulle nie na te boots deur die gebruik van “’n stortvloed van woorde” te gebruik nie. “Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word, omdat hulle baie woorde gebruik” (Matt 6:7). Gebede moet nie sonder meer geresiteer of sinneloos herhaal word, asof hul outomatiese formules is nie. Baie wat deesdae gebedskrale gebruik, beweer dat die bidsnoer hulle help om die fokus van hulself af te trek, na Christus toe, maar die vraag is of dit effektief is om dieselfde frases oor en oor te herhaal op ‘n mantra-tipe wyse.

Gebed is ‘n ongelooflike voorreg vir die Christen, want so word ons deur die Skepper van die heelal genooi om met “vrymoedigheid” in Sy teenwoordigheid te kom (Heb 4:16) en met Hom te gesels. Gebed is die manier hoe ons Hom loof, Hom bewonder, Hom dank, voor Hom buig en ons versoeke voor Hom bring vir onsself en as voorspraak optree vir ander. Dit is erg om te sien hoe daardie intieme omgang met Hom versterk word, deur die herhaling van eenvoudige gebede oor en oor, deur middel van gebedskrale.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is gebedskrale? Is dit reg om krale gedurende gebed te gebruik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries