Wat is Fundamentalisme?


Vraag: "Wat is Fundamentalisme?"

Antwoord:
Die woord "fundamenteel" kan enige godsdienstige impuls beskryf, wat bydra tot die basiese doktrine daarvan. Fundamentalisme, vir die doel van hierdie artikel, is 'n beweging binne die kerk wat die wesenlike van die Christelike geloof ondersteun. In moderne tye word die woord "fundamentalis" dikwels gebruik op kleinerende wyse.

Die Fundamentalistiese beweging het ontstaan in Princeton Theolgical Seminary, as gevolg van die verbintenis met gegradueerdes van daardie instituut. Twee welgestelde kerkleke wat 97 konserwatiewe kerkleiers van oraloor die Westerse wêreld aangestel het om 12 volumes te skryf oor die basiese leringe van die Christelike geloof. Hulle het toe hierdie geskrifte gepubliseer en meer as 300,000 kopieë gratis versprei aan predikante en ander betrokkenes in kerkleierskap. Die boeke het die titel "The Fundamentals" gekry en is vandag nog steeds in publikasie as 'n stel van twee bundels.

Fundamentalisme is geformaliseer in die laat 19de eeu en vroeg in die 20ste eeu deur konserwatiewe Chistene – John Nelson Darby, Dwight L. Moody, B. B. Warfield, Billy Sunday en nog andere – wat bekommerd was dat morele waardes deur modernisme vernietig sou word – 'n oortuiging dat menslike wesens (eerder as God) die omgewing skep, verbeter en hervorm, met die hulp van wetenskaplike kennis, tegnologiese en praktiese eksperimentering. Tesame met die bevegting van die invloed van modernisme, het die kerk gesukkel met die Duitse hoër kritieke beweging, wat probeer het om die foutloosheid van die Skrif te ontken.

Fundamentalisme word gebou op vyf leerstellinge van die Christelike geloof, alhoewel daar baie meer aan die beweging is as verkleefdheid aan hierdie leringe:

Die Bybel is letterlik waar. Geassosieer met hierdie leerstelling is die opvatting dat die Bybel foutloos is, dit beteken, sonder foute en vry van alle weersprekinge.

Die maagdelike geboorte en godheid van Christus. Fundamentaliste glo dat Jesus uit die maagd Maria gebore is en deur die Heilige Gees bevrug was en dat Hy was en is die Seun van God, volledig mens en volledig goddelik.

Die plaasvervangende versoening van Jesus Christus aan die kruis. Fundamentaliste onderrig dat verlossing verkry word deur God se genade en menslike geloof in Christus se kruisiging vir die sondes van die mensdom.

Die liggaamlike opstanding van Jesus. Op die derde dag na Sy kruisiging, het Jesus uit die graf opgestaan en sit nou aan die regterhand van God die Vader.

Die betroubaarheid van Jesus se wonderwerke soos wat dit in die Skrif opgeneem is en die letterlike, pre-duisendjarige Wederkoms van Christus na die aarde.

Ander punte van die leerstelling wat Fundamentaliste handhaaf, is dat Moses die eerste vyf boeke van die Bybel geskryf het en dat die kerk voor die groot verdrukking van die eindtyd weggeraap sal word. Die meeste Fundamentaliste is ook dispensasionalisties.

Die Fundamentalistiese beweging het dikwels 'n sekere strydlustigheid vir die waarheid omarm en dit het tot 'n paar binnegevegte gelei. Baie nuwe denominasies en kerkgroepe het verdwyn, omdat mense hul kerke verlaat het in die naam van doktrinale reinheid. Een van die definiërende eienskappe van Fundamentalisme was om hulself te sien as die bewaker van die waarheid, gewoonlik ten opsigte van die uitsluiting van ander se Bybelse interpretasie. Teen daardie tyd met die opkoms van Fundamentalisme, was die wêreld omarm deur liberalisme, modernisme en Darwinisme en die kerk self was ingeval deur valse leraars. Fundamentalisme was 'n reaksie teen die verlies aan Bybelse lering.

Die beweging het 'n ernstige slag in 1925 deur persdekking gehad deur die legendariese Scopes verhoor. Alhoewel die Fundamentaliste die saak gewen het, was hulle in die publieke oog 'n bespotting. Daarna het Fundamentalisme begin versplinter en moes weer begin fokus. Die mees prominente en uitgesproke groep in die VSA was die Christian Right. Hierdie groep selfbeskrywend as Fundamentaliste was meer betrokke in politieke bewegings as die meeste ander godsdienstige groepe. Teen 1990 het groepe soos die Christian Coalition en Family Research Council politieke en kulturele sake begin beïnvloed. Huidig leef Fundamentalisme voort in verskeie evangeliese groepe soos die Southern Baptist Convention. Altesaam beweer hierdie groepe dat hulle meer as 30 miljoen volgelinge het.

Soos alle bewegings, het Fundamentalisme beide suksesse en mislukkings geniet. Die grootste mislukking kan veroorsaak word, deurdat Fundamentalistiese kwaadsprekers toegelaat word om te definieer wat dit beteken om 'n Fundamentalis te wees. As gevolg daarvan sien baie mense vandag Fundamentaliste as radikale, slanghanterende ekstremiste, wat 'n staatsgodsdiens tot stand wil bring en sodoende hul oortuigings op almal wil forseer. Dit is ver van die waarheid af. Fundamentaliste soek om die waarheid van die Skrif te beskerm en verdedig die Christelike geloof, wat "eenmaal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het" (Judas 1:3).

Die kerk sukkel huidig in die post-moderne, sekulêre kultuur en benodig mense wat nie skaam is om die Evangelie van Christus uit te dra nie. Die waarheid verander nie en die vaskleef aan fundamentele beginsels van doktrine is nodig. Hierdie beginsels is die hoeksteen waarop die Christendom staan en soos Jesus geleer het dat die huis wat op die Rots gebou is, sal enige storm kan trotseer (Matt 7:24-25).

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Fundamentalisme?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God