settings icon
share icon
Vraag

Hoe belangrik is fisiese aantreklikheid as daar gesoek word vir ‘n huweliksmaat?

Antwoord


Daar is geen twyfel dat God mans en vroue geskep het om fisies aantreklik vir mekaar te wees nie. Die seksuele komponent in die huwelik is belangrik vir die intimiteit tussen man en vrou en vir voortplanting en die oorleweing van die menslike ras. Terselfdertyd, beplande huwelike – insluitende hulle waar die paartjie mekaar selfs eers sien by die troue – was vir eeue in die verlede die norm en is steeds vandag nog praktyk in dele van die wêreld.

Salomo het die attraksie van die bruidegom vir sy geliefde bruid beskryf in Hooglied 4 en 7. Hy beskryf haar fisiese skoonheid en sy begeerte na haar. Op gelyke wyse word haar passie en begeerte na hom vir sy omhelsing beskryf. Hooglied is ‘n lieflike uitbeelding van huweliksliefde, waarin fisiese aantreklikheid ‘n komponent is.

Dit is nie te sê dat fisiese aantreklikheid die belangrikste aspek is vir oorweging, as daar gekyk word vir ‘n man of vrou nie. Skoonheid moet egter nie deur die wêreld gedefinieer word nie. Dit wat die wêreld as mooi beskou, is op lae standaard in vergelyking met wat die Skrif as mooi beskryf. Fisiese skoonheid verwelk met tyd, maar ware innerlike skoonheid skyn voort vanuit ‘n vrou wat lief is vir God (Spreuke 31:30). Petrus bemoedig vroue om innerlike skonheid te ontwikkel, wat kom “van die innerlike mens…: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier” (1 Pet 3:3-5). Uiterlike skoonheid gaan verby; innerlike skoonheid is vir ewig.

Die aantreklikheid van ‘n man moet altyd só wees dat dit van binne af kom. Die opvallendste voorbeeld in die Skrif is Jesus, wat “nie skoonheid of prag “ gehad het “dat ons na Hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van Hom sou hou nie” (Jes 53:2). Tog het die prag van Sy heerlikheid en genade as die Seun van God wat mens geword het, uit Hom gestraal, vir almal om Hom te sien. Die presiese teenoorgestelde is Lucifer/Satan wat beskryf word as “’n pragtige produk van volmaakte vakmanskap” (Esegiël 28:12). Ten spyte van sy uiterlike skoonheid, was Lucifer die beliggaming van boosheid en goddeloosheid.

Uiterlike skoonheid gaan verby, maar mans en vroue wie se oordeel deur sonde aangetas is, plaas oordrewe klem daarop. God se perspektief is anders. “Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike” (1 Sam 16:7). ‘n Voornemende man of vrou moet ‘n opregte, wedergebore Christen wees, wat groei en meer volwasse word in die geloof en wat aan Christus gehoorsaam is. Twee mense wat dieselfde doelwit in die lewe het – om God in alles te verheerlik – sal vind dat hul fisiese voorkoms vir mekaar daagliks sal groei en vir ‘n leeftyd sal bly bestaan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe belangrik is fisiese aantreklikheid as daar gesoek word vir ‘n huweliksmaat?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries