Vraag
Wat is filosofiese teologie?
Antwoord
Filosofiese teologie is ‘n afdeling van teologie waarin filosofiese metodes aangewend word om uit te kom by ‘n duideliker begrip van goddelike waarhede. Daar word gedebatteer in hoe ‘n mate teologie en filosofie beide betrokke moet wees in ‘n mens se poging om by die waarheid uit te kom en of goddelike openbaring kan of behoort op sy eie te kan staan. Oor die eeue heen was daar verskeie verskillende teorieё van hoe uitgebreide filosofiese stelsels aaangewend moes word ten opsigte van teologiese konsepte. Sommige sê dat die twee absoluut geskei moet wees, dat hulle niks met mekaar te doen het nie. Ander sê dat filosofie en rede nodig is as die mens goddelike openbaring reg wil verstaan. Ander neem steeds ‘n gematigde houding in deur te sê dat filosofie ‘n bruikbare middel is, maar nie volkome betroubaar nie.
Filosofiese teologie het in die 18de en 19de eeue tot stand gekom, toe positiviste, moderniste en Enlightenment denkers die Christendom aangeval het. Teoloё het ‘n manier gesoek om hul oortuigings te verdedig en gevind dat hulle filosofiese metodes kan gebruik om goddelike openbaring te verdedig. Die gebruik van filosofie om teologie te analiseer en te verduidelik was nie sonder voorafgaande nie. Thomas Aquinas, Augustinus en ander vroeёre teoloё het die opvattings van Aristoteles en Sokrates in hul geskrifte gebruik, in ‘n poging om die bybelse konsepte te deurdink en te begryp. Baie moderne apologiste gebruik steeds filosofiese argumente; byvoorbeeld, die teleologiese en ontologiese argumente vir God se bestaan is deeglik gewortel in filosofiese teologie.
Spreuke 25:2 in die Bybel sê “Die eer van God lê in wat Hy verborge hou” (“It is the glory of God to conceal a matter”). Ons het die gawe ontvang om te redeneer, en daar is niks verkeerd met die bestudering van filosofie nie. Terselfdertyd moet ons versigtig wees. Daar is baie geestelike gevare in die studie van filosofie. God waarsku ons, “Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis,” soos dit verkeerdelik genoem word” (1 Tim 6:20). Mensgemaakte teorieё en menslike spekulasie kan niks waardevols toevoeg tot God se Woord nie, wat genoegsaam is om ons toe te rus “vir elke goeie werk” (2 Tim 3:16-17). Job en sy drie vriende het gepoog om God se weё te verstaan deur menslike beredenering en het misluk. Teen die einde het God aan hulle vertel dat hulle openbaring ondeursigtig benader het (gedwarsboom het) “met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie” (Job 38:2).
Filosofiese teologie is iets wat gebruik kan word op die regte of die verkeerde manier. Dit is ‘n vraag van motief en prioriteit: indien ons probeer om God se maniere en gedagtes te verstaan op mensgemaakte konstruksies, sal ons teleurgesteld staan. Die mens het geprobeer om sy vermoё te bewys om by God uit te kom, al sedert die toring van Babel. Maar as ons, gemotiveerd deur liefde en begeerte om God te ken, ons verstand gebruik om Sy Woord beter te verstaan, sal ons studie beloon word. Filosofie is nie in homself waarheid nie, maar dit kan gebruik word as hulpmiddel om die waarheid beter te begryp. Die geïnspireerde, foutlose Woord van God is van uiterste belang; enige menslike filosofie moet ‘n sekondêre plek inneem. Die Bybel is die regter van ons filosofieё, daar is geen ander manier nie (sien Hebr 4:12).
English
Wat is filosofiese teologie?