settings icon
share icon
Vraag

Wat is fatalisme? Wat is determinisme?

Antwoord


Kom ons begin met 'n paar algemene definisies:

Determinisme: Die siening dat elke gebeurtenis 'n oorsaak het en dat alles in die heelal absoluut afhanklik is van en beheer word deur toevallige wette. Aangesien deterministe glo dat alle gebeure, insluitende menslike handelinge, voorafbepalend is, is determinisme 'n tipiese gedagte wat nie met vrye wil verenigbaar is nie.

Fatalisme: Die oortuiging dat "wat sal wees, sal wees," aangesien alle verlede, teenwoordige en toekomstige gebeure alreeds deur God vooruitbestem is, of deur 'n ander almagtige krag. In godsdiens, kan hierdie siening voorbeskikking genoem word; daarmee word bedoel dat óf ons siele hemel of hel toe gaan, voor ons geboorte bepaal word en is onafhanklik van ons keuses.

Vrye wil: Die teorie dat menslike wesens vryheid van keuse of selfbepalend is; dit is, in 'n gegewe situasie, kon 'n persoon anders gedoen het as wat hy gedoen het . Filosowe het geargumenteer dat vrye wil onverenigbaar is met determinisme.

Indeterminisme: Die siening dat daar gebeure is wat geen oorsaak het nie; baie voorstanders van vrye wil glo dat die handelinge van keuse die vermoë het om nie deur enige fisiologiese of sielkundige oorsaak bepaal te word.

Teologiese fatalisme is 'n poging om 'n logiese weerspreking tussen 'n alwetende God en vrye wil te demonstreer, waar vrye wil gedefinieer word as die vermoë om tussen die alternatiewe te kies. Hierin is dit soortgelyk in doelstelling ten opsigte van die strikvraag : "Kan 'n almagtige God 'n rots so swaar maak dat Hy nie by magte is om dit op te tel nie?"

Teologiese fatalisme se uitgangspunte is die volgende: God is alwetend. Aangesien God alwetend is, het God onfeilbare voorkennis. As God onfeilbare voorkennis het dat jy môre in'n gebeurtenis betrokke sal wees (om die grasperk te sny), dan moet jy sonder uitsondering in daardie gebeure (om die grasperk te sny) inskakel.

Dus, vrye wil is nie moontlik nie, aangesien jy geen alternatief het, behalwe om in te skakel by die gebeure (sny die grasperk) nie. In die gebeure waar jy dit nie ten uitvoer bring nie, is God nie alwetend nie. Alternatiewelik, indien jy in die gebeure inskakel, dan het jy nie 'n vrye wil nie, vanweë jou onvermoë om 'n alternatief te kies.

'n Teenoorgestelde argument kan verklaar dat God alwetend is. Omdat God alwetend is, is Hy ook onfeilbaar. Indien God onfeilbare voorafkennis het dat jy môre in 'n gebeurtenis betrokke sal raak, dan sal jy dit vryelik kies, gebaseer op jou vrye wil, nie uit verpligting of gebrek aan keuse met betrekking tot die gebeurtenis nie. Jy het nog steeds vrye wil om in die gebeure betrokke te raak; God weet sonder meer jou keuse voordat jy dit maak. Jy is nie verplig om keuse 'A' (grasperk se sny) bokant keuse 'B' (tennis speel) te plaas nie. Indien jy jou gedagte gaan verander, sou God dit ook so sien, dus het jy steeds volle vrye wil in alle gevalle. Ook sal jy steeds dieselfde keuses maak (met vrye wil), selfs al sou God gekies het om nie die toekoms te sien nie. God se sien of nie sien van die toekoms verander nie jou vrye wil nie.

Passiewe voorafkennis wat versteek gehou word, sou nie vrye wil ongeldig maak op enige logiese of rasionele wyse nie. Die individu wat gebeure 'A' kies, sou dieselfde keuses maak, ongeag of God óf nie die keuses vooraf geweet het óf nie. God wat die toekoms weet of nie weet (passief) sou hoegenaamd nie die vrye wil van individue verander nie. Vrye wil sou slegs nietig verklaar word as God Sy kennis openbaar maak ten opsigte van die vrye wil keuse van individue; dit sou toekomstige vrye wil verander en dit 'n verpligting maak. 'n Eenvoudige illustrasie is 'n psigiese persoon wat vooruitsien dat iemand aan die ander kant van die wêreld struikel en sy been breek as hy hardloop om 'n bus te haal. Die spirististiese medium sou nie deur die realiteit te verander, deur hierdie gebeurtenis vooruit te sien nie, aangesien hierdie gebeure steeds sou gebeur, ongeag óf iemand dit gesien het óf nie. Dieselfde geld vir God se alwetendheid: so lank as wat dit passief is en nie inmeng met die realiteit of iemand anders se kennis daarvan nie, dan is dit nie in stryd met die vrye wil van mense nie.

Indien God egter alles geskep het wat is, dan skep dit 'n probleem vir enige passiewe kennis aan God se kant. 'n Verstaan van alwetendheid moet verbind word met 'n begrip van God se alomteenwoordigheid in tyd. Indien God van alle gebeure weet – verlede, toekoms en teenswoordig – dan sou Hy weet van alle gebeure en besluite wat 'n individu sou maak, alhoewel vanuit die individu se perspektief daardie gebeure en besluite nog nie plaasgevind het nie. Hierdie kan 'n nietigverklaring van die vrye wil vir enige individu impliseer, alhoewel geen meganisme vir God se klaarblyklike voorafkennis, wat die vryheid om op te tree, verhinder, aanvaar word deur die beginsel van teologiese fatalisme nie. Aangesien God buite tyd bestaan, volgens die Christelike teologie, weet God vanaf die skepping, die hele verloop van elkeen se lewe en selfs of daardie individu Sy goddelike outoriteit sal aanvaar. Met hierdie voorvereistes is daar slegs 'n onbuigsame fatalistiese teologiese houding vir sommige denkbaar.

Om een stap verder te gaan, is daar nog ander implikasies: daar is 'n geweldige verskil tussen Predestinasie, Fatalisme en Chance (of Geluk).

Fataliste glo dat daar 'n onsienlike, onpersoonlike krag is, waaroor niemand beheer het nie – selfs nie God nie – en daardie gebeure word saamgesleep deur hierdie onsienlike, doellose krag. Dit is Fatalisme.

Chance (of Geluk) is 'n wispelturige krag wat kwansuis dinge veroorsaak om "per geluk" te gebeur, sonder enige beheer of besturing deur God . In 'n wêreld wat deur Chance regeer word, kan God voorsien wat gaan gebeur, maar dit is al. Alles hang af van suiwer geluk. En indien die kampvegter vir Chance gevra word hoe dinge gebeur, het hy geen antwoord nie, behalwe om te sê: "Dit het gebeur."

Predestinasie, die lering van die Bybel, sê dat God 'n doelwit het en dat Hy alles uitwerk met betrekking tot Sy eie wil en doelstelling (Ef 1:11; Dan 4:35; Jes 14:24 en 46:10). Predestinasie leer dat God niks doen of toelaat, behalwe as dit Sy doelwit dien nie (Ps 33:11). Dit beteken dat GOD DIE SOEWEREINE EEN van die wêreld is, die EEN wat alles doen soos Hy wil.

Hulle wat blindelings glo "wat sal wees, sal wees" is so verkeerd soos die kampvegter vir Chance. Dit is waar dat gebeure seker is, maar net as gevolg van die soewereiniteit van God, wat Sy eie raadsbesluite vervul.

Ernstige Bybelstudente glo nie dat dinge "net gebeur" nie. Hulle verstaan dat 'n wyse, heilige, goeie en soewereine God beheer het oor elke detail van die lewe (Matt 10:29-30). Die mens wat nie regtig wil hê dat God hierdie kontrole het nie, of wat die waarheid van God se soewereiniteit minag, is die persoon wat nie vir God lief is nie en nie vir God in sy lewe wil hê nie. Hy wil sy eie pad beplan. Hy sê, soos die duiwels van ouds sou gesê het, "Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret?" (Markus 1:24). Maar dit is nie so nie; God is soewerein en Hy kan Homself nie verloën nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is fatalisme? Wat is determinisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries