Wie was die Sadduseërs en die Fariseërs?



Vraag: "Wie was die Sadduseërs en die Fariseërs?"

Antwoord:
Die Evangelie verwys dikwels na die Sadduseërs en Fariseërs, want Jesus was in konstante konflik met hulle. Laasgenoemde behels die heersende groep in Israel. Daar is baie ooreenkomste tussen die twee groepe, maar ook belangrike verskille tussen hulle.

Die Sadduseërs: Gedurende die tyd van Christus en die Nuwe Testamentiese era, was die Sadduseërs aristokrate. Hulle het daarna gestreef om welgesteld te wees en om magtige posisies te beklee, insluitend die hoofpriester en hoëpriester. Hulle het ook die meerderheid van 70 setels in die Sanhedrin, die regerende raad gehad. Hulle het hard gewerk om vrede te behou met Rome se besluitnemings (Israel was in hierdie tyd onder Romeinse beheer) en dit het voorgekom asof hulle meer oor politiek begaan was as godsdiens. Aangesien hulle Rome geakkommodeer het en die ryk hoër klas was, het hulle nie baie goed met die gewone mens gemeng nie en laasgenoemde het hulle ook nie opgedring nie. Die gewone man het beter met die Fariseërs se party oor die weg gekom. Hoewel die Sadduseërs die meerderheid setels in die Sanhedrin gehad het, wys die geskiedenis daarop dat hulle die meeste van die tyd met die idees van die minderheidsparty, die Fariseërs, saamgestem het. Die Fariseërs was gewild onder die massas.

Wat die godsdiens betref, was die Sadduseërs meer konserwatief in een hoof-area van hulle doktrine. Hulle het mondelingse tradisie gelykgestel aan die geskrewe Woord van God, terwyl die Sadduseërs net die geskrewe Woord as synde komende van God beskou het. Die Sadduseërs het die outoriteit van die geskrewe Woord van God bewaar, veral die boeke van Moses (Genesis tot Deuteronomium). Terwyl hulle hiervoor geprys kon word, was hulle definitief nie volmaak in hul sienings, rakende doktrine nie. Hier volg nou ‘n kort lys van menings wat hulle gehad het, in teenstelling met die Skrif:

Hulle was uiters selfonderhoudend, betreffende God se betrokkenheid in die alledaagse lewe.

Hulle het enige opstanding uit die dood ontken (Matt 22:23; Mark 12:18-27; Hand 23:8).

Hulle het enige lewe na die dood ontken, deurdat hulle geglo het dat die siel tot niet gaan by die dood en dus het hulle enige straf of beloning na die aardse lewe ontken.

Hulle het die bestaan van ‘n geestelike wêreld ontken, soos engele en demone (Hand 23;8).

Aangesien die Sadduseërs meer in politiek as in godsdiens betrokke was, was hul onbetrokke by Jesus, totdat hulle bang geword het dat Hy ongewenste Romeinse aandag sou trek. Dit was op hierdie punt dat die Sadduseërs en Fariseërs saamgespan het om Christus dood te maak (Joh 11:48-50; Mark 14:53; 15;1).

Ander verwysings na die Sadduseërs kom in Hand 4:1 en Hand 5:17 voor en hulle was betrokke by die dood van Jakobus, volgens die geskiedskrywer Josephus (Hand 12:1-2).

Die Sadduseërs het in AD 70 opgehou om te bestaan. Hierdie party het bestaan as gevolg van hul politieke en priesterlike bande en toe Rome Jerusalem en die tempel in AD 70 verwoes het, is die Sadduseërs ook vernietig.

Die Fariseërs: In teenstelling met die Sadduseërs, was hulle die middelklas-besigheidsmanne en dus in kontak met die gewone mens. Hulle was in hoër aansien by die gewone mens as die Sadduseërs. Alhoewel hulle in die minderheid was in die Sanhedrin en ook in minderheidsgetal as priesters, het dit gelyk asof hulle beheer gehad het oor die besluitneming in die Sanhedrin. By verreweg meer as die Sadduseërs en weer eens as gevolg van die ondersteuning van die mense.

Godsdienstig: hulle het die geskrewe Woord aanvaar as deur God geïnspireer. Gedurende die tyd van Christus se aardse bediening, sou dít wees wat nou ons Ou Testament is. Hulle het egter ook outoriteit gegee aan mondelingse tradisie en het probeer om dit te verdedig, deur te sê dat dit al die pad teruggegaan het tot by Moses. Hierdie verbode tradisies wat by God se Woord gevoeg is (Deut 4:2), het oor die eeue ontwikkel en die Fariseërs het daarna gesoek om hierdie tradisies streng saam met die Ou Testament te gehoorsaam. Daar is baie voorbeelde in die Evangelies waar die Fariseërs hierdie tradisies hanteer as gelykstaande met God se Woord (Matt 9:14; 15:1-9; 23:5; 23:16, 23, Mark 7:1-23; Luk 11:42). Tog het hulle waar gebly aan God se Woord, met verwysing na sekere ander belangrike leringe. In teenstelling met die Sadduseërs het hulle onderstaande geglo:

Hulle het geglo dat God alles onder Sy beheer het, maar besluite wat deur individue geneem word, dra by tot die rigting wat ‘n persoon se lewe inslaan.

Hulle het geglo in die opstanding van die dood (Hand 23:6).

Hulle het geglo in lewe na die dood, met gepaste beloning en straf op ‘n individuele basis.

Hulle het geglo in die bestaan van engele en demone (Hand 23:8).

Alhoewel die Fariseërs met die Sadduseërs gewedywer het, het hulle tog reggekry om hul verskille tydens een gebeurtenis opsy te sit – die verhoor van Christus. Dit was op hierdie punt dat hulle verenig het om Christus te laat doodmaak (Mark 14:53; 15:1; Joh 11:48-50).

Terwyl die Sadduseërs opgebreek het na die vernietiging van Jerusalem, het die Fariseërs voortgegaan. Hulle was meer betrokke by godsdiens as politiek. Hulle was in elk geval teen die rebellie wat daartoe gelei het dat Jerusalem in AD 70 verwoes is. Hulle was ook die eerste wat daarna vrede met die Romeine gemaak het. Die Fariseërs was ook verantwoordelik vir die samestelling van die Mishnah, ‘n belangrike dokument wat as verwysing gedien het, na die voortbestaan van Judaïsme na die vernietiging van die tempel.

Beide die Fariseërs en Sadduseërs het baie teregwysings van Jesus verdien. Die beste les wat ons seker kan leer van beide die twee partye is om nié soos hulle te wees nie. Anders as die Sadduseërs, moet ons alles glo wat die Bybel sê, insluitende wonderwerke en lewe na die dood. Anders as die Fariseërs, moet ons nie tradisies met die Skrif se outoriteit gelykstel nie en ons moenie ons verhouding met God afwater tot ‘n wettiese lys van reëls en rituele nie.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was die Sadduseërs en die Fariseërs?