settings icon
share icon
Vraag

Waarom het God Farao se hart verhard?

Antwoord


Eks 7:3-4 sê, “Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen. Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry. As Ek Egipte tref, sal hulle besef dat Ek die Here is en dan sal Ek Israel tussen hulle uit laat trek.” Dit lyk onregverdig dat God Farao se hart verhard en sodoende vir Farao en Egipte straf vir wat Farao besluit het om te doen, toe sy hart verhard was. Waarom sou God Farao se hart verhard, sodat Hy Egipte nog erger kon straf met bykomende plae?

Farao was in die eerste plek nie ‘n onskuldige of godvresende man nie. Hy was ‘n wrede diktator en het die Israeliete wreed onderdruk en mishandel. Op daardie tydstip was die Israeliete ongeveer meer as 1.5 miljoen. Die Egiptiese faraos het die Israeliete vir 400 jaar as slawe gebruik. ‘n Vorige farao – moontlik selfs die farao in die vraag – het opdrag gegee dat die seuntjies by geboorte doodgemaak moes word (Eks 1:16). Die farao wat God verhard het, was ‘n bose mens en die volk wat hy regeer het, het met hom saamgestem of nie sy bose dade teengestaan nie.

Tweedens, voor die eerste paar plae, het Farao self sy eie hart verhard teen die Israeliete se bevryding. “Tog het die farao koppig gebly en nie aan hulle versoek gehoor gegee nie, net soos die Here vooraf gesê het” (Eks 7:13, 22; 8:19). “Maar toe die farao sien dat daar verligting gekom het, het hy weer onversetlik geword” (Eks 8:15). “En tog het die farao ook hierdie keer onversetlik gebly en die volk nie laat gaan nie’’ (Eks 8:32). Farao kon Egipte van alle plae gespaar het, indien hy nie sy eie hart verhard het nie. God het hom al meer ernstige waarskuwings van straf, wat sou kom, gegee. Farao het gekies om straf oor homself te bring, sowel as op sy volk, deur sy hart te verhard teen God se opdragte.

As gevolg van die verharding van Farao se hart, het God sy hart selfs verder verhard teenoor die laaste paar plae ( Eks 9:12; 10:20, 27). Farao en Egipte het hierdie strawwe op hulself gebring met 400 jare van slawerny en massamoord. Aangesien die straf vir sonde die dood is (Rom 6:23), en Farao en Egipte het erg teen God gesondig, sou dit regverdig wees as God Egipte heeltemal verdelg. Dus was God se verharding van Farao se hart nie onregverdig nie en Sy bring van addisionele plae oor Egipte was ook nie onregverdig nie. Die plae, so verskriklik as wat dit was, was eintlik ‘n teken van God se genade, deurdat Hy nie Egipte total verdelg het nie, wat eintlik die volmaakte, regverdige straf sou wees.

Rom 9:17-18 verklaar, “In die Skrif sê God immers vir die farao: “Juis hiervoor het Ek jou teen My in opstand laat kom: dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word. Dit is dus inderdaad so dat God Hom ontferm oor wie Hy wil en dat Hy verhard wie Hy wil.” Vanuit ‘n menslike oogpunt lyk dit verkeerd van God om iemand te verhard en dan die persoon wat Hy verhard het, te straf. Volgens die Bybel het ons almal teen God gesondig (Rom 3:23) en die regverdige straf vir sonde is die dood (Rom 6:23). Daarom is God se verharding en straf van ‘n mens nie onregverdig nie; dit is eintlik genadig in vergelyking met dit wat die persoon verdien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom het God Farao se hart verhard?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries