settings icon
share icon
Vraag

Wat is familiêre (gemeensame) geeste?

Antwoord


Die woord familiêr stam van die Latynse "familiaris" en beteken 'n "huisbediende" en is veronderstel om die gedagte uit te druk dat towenaars geeste as bediendes het, wat gereed staan om hul opdragte te gehoorsaam. Diegene wat probeer om die dooies te kontak, selfs vandag nog, het gewoonlik een of ander soort geesgids wat met hulle kommunikeer. Hierdie word familiêre geeste genoem.

Lev 19:31; 20:6, 27; en Deut 18:9-14 verwys na "iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg" en verbied dit om met hulle betrokke te raak, want "Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen." 'n Medium is een wat optree soos 'n skakelpersoon (liaison), wat die dooies kontak of namens die lewendes met hulle kommunikeer. In werklikheid kontak die mediums demone wat die mediums oortuig dat hulle "familiêr" is en dat hulle betroubaar is en geglo kan word. Die praktyke wat met mediums en familiêre geeste gemoeid was,was in Israel verban en die straf vir die praktisering daarvan was die dood.

Familiêre geeste en geesgidse is onder beheer van hul meester, Satan. Hulle beïnvloed mense om leuens te versprei en ander te mislei, om dan die Koninkryk van God te dwarsboom. Om jouself wetende oop te stel vir die werk van demone is 'n bose ding: "Daar mag nie iemand by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar of 'n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen" (Deut 18:10-12a).

Sommige kanale waardeur demone of familiêre geeste werk en waardeur toegang gegee kan word tot 'n persoon se lewe is: waarsêery (voorgevoel), transendentale meditasie, visioenering, geestebeswering, heksery, dwelms en alkohol. Hierdie is alles aktiwiteite wat gelowiges gemaan word om te vermy. In plaas van sulke dinge, moet ons onsself met die Heilige Gees laat vul, met liefde, met vreugde en met die volheid van lewe wat vanaf Jesus Christus afkomstig is. Ons moet ook altyd waaksaam wees, want "Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen die bose geeste in die lug" (Ef 6:12).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is familiêre (gemeensame) geeste?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries