Vraag
Wat beteken dit om deel te wees van God se familie?
Antwoord
Die Bybel leer dat Jesus Christus en die Vader Een is (Joh 1:1-4) en dat Hy ook die eniggebore Seun van God is (Hebr 1:1-4). Hierdie familiêre term dui aan dat God Jesus as ‘n familielid beskou. Aan wedergebore gelowiges word vertel dat ons ook lede van hierdie familie is (Rom 9:8; 1 Joh 3:1-2). Hoe raak ons deel van hierdie familie van God? Wanneer ons die Evangelie hoor, bely ons ons sonde en plaas ons geloof en vertroue in Jesus Christus, so word ons dan op daardie oomblik ingebore in God se Koninkryk as Sy kinders en raak ons erfgename saam met Hom tot in ewigheid (Rom 8:14-17).
Aangesien daar na Jesus Christus verwys word as die eniggebore Seun van God, word na gelowiges verwys as kinders, gebore in God se familie, wat nodig het om te groei en volwasse te raak in die geloof (Ef 4:11-16) en as aangenome seuns en erfgename in Sy familie (Gal 4:4-7). God se oneindige genade en barmhartigheid word in Ef 1:5-6 geopenbaar, wat sê dat Hy “in Sy liefde het Hy ons, volgens Sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus Sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir Sy groot genade wat Hy in Sy geliefde Seun vrylik aan ons geskenk het.”
As kinders van God, wat is ons erfdeel? Niks minder as die koninkryk van God nie (Matt 25:34; 1 Tess 2:12; Hebr 12:28)! Ef 1:3 vertel ons dat gelowiges geseёn word met elke geestelike seёning in Christus, in die hemel. Hierdie geestelike seёninge is oneindig, ewig en geborge in Christus en deur God se genade ontvang ons as Sy kinders hierdie seёninge. As aardse kinders erf ons uiteindelik wat ons ouers vir ons agtergelaat het na hul dood. In God se geval egter, oes gelowiges alreeds die belonings van ons erfenis deur vrede te hê met Hom deur die offerande van Sy Seun aan die kruis. Ander belonings van ons erfenis sluit die inwoning van die Heilige Gees in, vanaf die oomblik dat ons in Christus glo (Ef 1:12-14), wat ons bemagtig om vir Hom te lewe in die teenswoordige tyd en die kennis dat ons verlossing gewaarborg is vir die ewigheid (Hebr 7:24-25).
Deur deel te vorm van God se familie, is die grootste seёning wat op gelowiges uitgestort word en een wat ons op ons knieё laat neerbuig, in nederige verering. Ons kan nooit enigiets doen om Sy geskenk van liefde, genade en barmhartigheid te verdien nie, tog word ons geroep om seuns en dogters van die Lewende God te raak (Rom 9:25-26). Mag ons almal in geloof antwoord op Sy uitnodiging!
English
Wat beteken dit om deel te wees van God se familie?