settings icon
share icon
Vraag

Wat moet die prioriteits-volgorde in ons familie wees?

Antwoord


Die Bybel lê nie die volgorde vir familieprioriteite stap vir stap uit nie. Ons kan tog nog steeds in die Skrif gaan kyk en sodoende algemene beginsels rondom prioriteitsvolgorde van ons familie-verhoudinge. God kom sonder twyfel eerste: Deut 6:5, “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.” Ons hele hart, siel en krag moet ons aan die liefdevolle God toewy en Hom die eerste prioriteit maak.

Indien jy getroud is, kom jou eggenoot volgende. ‘n Getroude man moet sy vrou liefhê soos Christus die kerk liefhet (Ef 5:25). Christus se eerste prioriteit – na gehoorsaamheid en eerbetoning aan die Vader – was die kerk. Hier is ‘n voorbeeld wat ‘n man behoort na te volg: God eerste, dan sy vrou. Op dieselfde wyse moet vroue hul aan hul mans onderwerp, soos hulle hul aan God ondergeskikstel (Ef 5:22). Die beginsel is dat ‘n vrou se man tweede op haar prioriteitslys moet wees, en wel onder God gestel.

Indien mans en vrouens tweede is en God eerste prioriteit en aangesien man en vrou een vlees is (Ef 5:31), is dit te verstaan dat die resultaat van die huweliksverhouding – die kinders – die volgende prioriteit moet wees. Ouers moet godvresende kinders grootmaak, wat weer die volgende generasie moet wees van hulle wat die Here met hul hele hart liefhet (Spreuke 22:6; Ef 6:4). Dit wys weer eens dat God eerste kom. Alle ander familieverhoudinge behoort dit te reflekteer.

Deut 5:16 vertel ons om ons ouers te respekteer, sodat ons lank kan lewe en dit goed met ons kan gaan. Geen ouderdomsperk word gespesifiseer nie en dit sê vir ons dat solank as ons ouers leef, ons hulle moet respekteer. Dit is wel so dat wanneer ‘n kind volwassenheid bereik, hy nie meer verplig word om hulle te gehoorsaam nie (“Kinders,wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam…”), maar daar is geen ouderdomsperk wat respektering aanbetref nie. Hieruit kan ons aflei dat ouers volgende op die prioriteitslys ná God, ons eggenotes en ons kinders kom. Na die ouers kom die res van die familie (1 Tim 5:8).

Na die verlangse familie op die prioriteitslys, volg die medegelowiges. Rom 14 maan ons om nie op ons broers neer te sien of hulle te veroordeel nie (v 10) of iets te doen wat ons medegelowiges laat struikel of geestelik val nie. Groot dele van 1 Kor handel oor Paulus se opdragte oor hoe die kerk in eenheid moet saam leef en mekaar moet liefhê. Ander vermanings verwys na ons broers en susters in Christus en vra dat ons mekaar in liefde moet dien (Gal 5:13); “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het”(Ef 4:32); “Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan” (1 Tess 5:11); “Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade (Heb 10:24). Laastens kom die res van die wêreld (Matt 28:19), aan wie ons die Evangelie moet bring en dissipels van Christus moet maak.

Samevattend kan ons dan sien dat die volgorde van prioriteite soos volg moet wees: God, eggenoot, kinders, ouers, verlangse familie, broers en susters in Christus en dan die res van die wêreld. Sommige besluite word gemaak deur een persoon bokant ‘n ander te stel, maar die doel is nie om enige ander verhoudings te verwaarloos nie. Die Bybelse balans is om God toe te laat om ons in staat te stel om die prioriteite in ons verhoudings reg te hou, binne en buite ons families.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat moet die prioriteits-volgorde in ons familie wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries