Vraag
Wat is evangeliese leer?
Antwoord
Evangelisasieleer is ‘n ietwat breё term wat gebruik word om ‘n beweging in Protestantisme te beskryf, wat gekenmerk word deur klemplasing op ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus en die handhawing daarvan. Hierdie verhouding begin wanneer’n persoon Christus se vergifnis aanvaar en geestelik weergebore raak. Hulle wat hierdie geloof aanhang, word evangeliesgesindes genoem.
Die word “evangelieleer” is afgelei van die Griekse woorde euangelion, wat “goeie nuus” beteken en euangelizomai, wat beteken “om te verklaar as goeie nuus.” Hierdie goeie nuus is dat “Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrif, dat Hy begrawe was, dat Hy opgewek was op die derde dag volgens die Skrif en dat Hy aan Petrus verskyn het en toe aan die twaalf” (1 Kor 15:3b-5). Hierdie goeie nuus, wat die evangelie van Christus is, en die verkondiging daarvan, is waarop die evangelieleer gebaseer was.
Die wortels van evangelisasieleer gaan terug na die Protestantse Hervorming, want gedurende daardie tyd was die Bybel aan massas gebring. Vroeёre nagelate bybelse waarhede was herontdek en onderrig. Dit was egter nie totdat die groot herlewings van die 18de en 19de eeue in Europa en Amerika, dat evangelieleer werklik as ‘n beweging begin het nie. Soos gedurende die Hervorming gebeur het, het die evangeliese beweging en die fokus daarvan om ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te hê, ‘n nuwe lewenskragtigheid gebring in akkurate interpretering en toepassing van God se Woord. Dit het voortgegaan tot vandag, alhoewel die term misbruik en verkeerd toegepas word.
Tradisioneel is evangelieleer teologies konserwatief. Dit het egter minder en minder kenmerkend geraak. Huidige toepassing van die term is nie meer beperk tot werklike wedergebore Christene nie, ook nie ten opsigte van hulle wat beskou word om konserwatief of fundamentalisties te wees nie. Inderdaad, sommige eenvoudig vergelyk evangelieleer met Protestantisme self, liberaal of andersins. Ongelukkig word evangelieleer nou baie dikwels vergelyk met konserwatiewe politiek. Terwyl ‘n evangeliese Christelike wêreldsiening dikwels uitloop op konserwatiewe politieke sienings, is politiek definitief nie die fokus van ware evangelieleer nie.
Dus varieer die definisie van evangelieleer in die oё van die wêreld. Die opregte hart van evangelisasie egter, lê in verkondiging van die evangelieboodskap in beide woord en daad. Vir ‘n evangeliese Christen is daar geen hoёr roeping as om hierdie boodskap uit te leef en te deel en die waarheid van God se liefde nie.
English
Wat is evangeliese leer?