settings icon
share icon
Vraag

Wat is die evangelie van insluiting?

Antwoord


Die evangelie van insluiting is eenvoudig die ou dwaalleer van universalisme onder ‘n nuwe naam.Universalisme is die oortuiging dat alle mense uiteindelik gered sal word en hemel toe gaan. Die evangelie van insluiting, soos geleer deur Carlton Pearson en andere, omvat verskillende valse oortuigings:

Die evangelie van insluiting sê dat die dood en opstanding van Jesus Christus die prys betaal het vir
alle mense om die ewige lewe te geniet in die hemel, sonder enige nodigheid vir bekering.

Die evangelie van insluiting leer dat verlossing onvoorwaardelik is en vereis nie eens geloof in Jesus Christus as die betaling vir die mensdom se skuld nie.
Die evangelie van insluiting glo dat alle mense bestem is vir lewe in die hemel, ongeag of hulle dit besef.
Die evangelie van insluiting verklaar dat alle mense hemel toe gaan, ongeag hul godsdienstige oortuiging.

Laastens, die evangelie van insluiting verklaar dat slegs hulle wat intensioneel en bewustelik die genade van God verwerp – nadat hulle “die vrug van Sy genade geproe het” – sal die ewigheid weg van God af spandeer.

Die evangelie van insluiting is in stryd met die duidelike leringe van Jesus en die Bybel. In die evangelie van Johannes word dit duidelik gestel dat die enigste weg na verlossing deur Hom is (Joh 14:6). God het Jesus gestuur na die wêreld om verlossing te verseker vir die gevalle mensdom, maar dat verlossing slegs beskibaar is vir hulle wat hul geloof in Jesus Christus plaas, wat God se betaling vir hul sonde is (Joh 3:16). Die apostels versprei hierdie boodskap (Ef 2:8-9; 1 Pet 1:8-9; 1 Joh 5:13). Geloof in Jesus Christus beteken nie meer langer om verlossing op grond van werke te verseker nie, maar eerder om te vertrou dat wat Jesus gedoen het, genoegsaam was om redding te waarborg.

In samehang met geloof is berou. Berou is ‘n verandering van hart oor jou sonde en behoefte aan redding deur Christus en geloof in Hom (Hand 2:38). Die handeling van berou is een waarin ons erken dat ons voor God sondaars is, in onvermoë om ons eie weg na redding te verdien, dus bely ons (die Griekse word vir “repent” letterlik beteken “to change your mind”) ons sonde – ons draai weg daarvan – en soek Christus deur geloof.

Jesus bied verlossing aan elkeen wat gewillig is om berou te toon en te glo (Joh 3:16). Tog het Jesus Self gesê dat nie almal sal glo nie (Matt 7:13-14; Joh 3:19). Niemand hou daarvan om te dink dat ‘n liefdevolle en genadige God mense hel toe sal stuur nie, maar dit is presies wat die Bybel leer. Jesus sê dat teen die einde, sal die Seun van die Mens alle nasies van mekaar skei, soos ‘n herder die skape skei van die bokke. Die skape (verteenwoordigend van hulle wat deur geloof in Jesus Christus verlossing ontvang het) sal in die koninkryk saam met Jesus ingaan. Die bokke (verteenwoordigend van hulle wat die verlossing wat Jesus gebied het, verwerp het), sal hel toe gaan, wat beskryf word as ewige vuur (Matt 25:31-46).

Hierdie lering gee aanstoot aan baie mense en in plaas van om hul denke te omvorm volgens die duidelike lering van die Woord van God, verander sommige wat die Bybel sê en versprei hierdie vals lering. Die evangelie van insluiting is ‘n voorbeeld hiervan.

Hier is ‘n paar bykomende argumente teen die evangelie van insluiting:
As geloof en berou nie nodig is om die gawe van verlossing te ontvang nie, waarom is die Nuwe Testament dan vol van oproepe om te bely en jou geloof in Jesus Christus te plaas?
As verlossing nie geloof vereis in die voltooide werk van Christusaan die kruis nie, waarom het Jesus Homself dan onderwerp aan so ‘n vernederende en martelende, pynlike dood? God kon net vir elkeen ‘n “goddelike verskoning” aangebied het.
As almal hemel toe gaan ongeag of hulle dit besef of nie, wat dan van vrye wil? Word die ateïs wat God, die Bybel, Jesus en Christenskap lewenslank verwerp het, dan teen sy wil in die hemel ingesleep? Die evangelie van insluiting gee die aanduiding dat die hemel gevul sal wees met mense wat nie werklik daar wil wees nie.

Hoe kan alle mense hemel toe gaan, ongeag godsdienstige oortuiging, as daar baie godsdienste is wat teenstrydige uitsprake maak? Byvoorbeeld, wat van mense wat heeltemal verskillende dinge glo betreffende die lewe na die dood, soos reïnkarnasie of annihilasie (dit is die idee dat as ons sterwe, hou ons op om te bestaan na die dood).

Ten slotte, as hulle wat die genade van God openlik verwerp nie hemel toe gaan nie, dan is dit kwalik ‘n evangelie van insluiting, is dit? As alle mense nie hemel toe gaan nie, dan moet dit nie die evangelie van insluiting genoem word nie, omdat dit steeds sommige uitsluit.

Die apostel Paulus noem die boodskap van die evangelie “’n doodsreuk wat dood bring” (2 Kor 2:16). Wat hy daarmee bedoel, is dat, vir baie is die boodskap van die evangelie afstootlik. Dit vertel aan mense die waarheid oor hul sonde en hopelose toestand sonder Christus. Dit vertel aan mense dat daar niks is wat hulle kan doen om die gaping tussen hulself en God te oorbrug nie. Vir eeue was daar hulle (baie met goeie intensies) wat gepoog het om die boodskap van die evangelie te versag, om meer mense in die kerk te kry. Op die oppervlak lyk dit na die wyse ding om te doen, maar aan die einde gee dit mense ‘n vals waarborg. Paulus het gesê dat elkeen wat ‘n ander evangelie verkondig as wat hy gepreek het, sou vervloek wees (Gal 1:8). Dit is sterk taalgebruik, maar eers as jy besef hoe uiters belangrik die boodskap van die evangelie is, sal jy besef hoe uiters belangrik dit is om dit reg te stel. ‘n Valse evangelie red niemand nie. Al wat dit doen, is om meer mense hel toe te stuur en groter veroordeling te te skep vir hulle wat onwaarhede verkondig soos die evangelie van insluiting.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die evangelie van insluiting?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries