settings icon
share icon
Vraag

Wat is “eros” liefde?

Antwoord


Die Griekse taal gebruik verskillende woorde om die reeks betekenisse van “liefde” te beskryf. Een woord is “eros,” die woord wat gebruik word om seksuele liefde of die gevoelens van opwekking wat gedeel word tussen mense wat fisies tot mekaar aangetrokke voel. Teen die tyd van die Nuwe Testament se tye het hierdie woord so ontaard deur die kultuur dat dit nie eens een maal in die hele Nuwe Testament voorkom nie.

‘n Ander Griekse word vir liefde is “phileo.” Hierdie woord praat meer van die warm gevoelens wat gedeel word tussen familie en vriende. Waar “eros” meer geassosieer word met die libido, kan “phileo” meer geassosieer word met die emosies van die hart (metafories gesproke). Ons voel liefde vir ons vriende en familie, nou wel nie in die “eros” betekenis nie, maar ‘n liefde wat ons motiveer om hulle met omgeeliefde te hanteer en hulle te help om sukses te behaal. “Phileo” egter word nie gevoel tussen mense wat nydig is teenoor mekaar nie. Ons kan “phileo” voel teenoor vriende en familie, maar nie teenoor mense wat ons nie van hou of haat nie.

Verskillend van bogenoemde, is hierdie derde Griekse woord vir liefde, “agapao,” tipies gedefinieer as die “selfopofferende liefde.” Dit is liefde wat mense in beweging bring en wat uitkyk vir die versorging van ander, ongeag die persoonlike koste. Volgens die Bybel is “agapao” die liefde wat God teenoor Sy mense getoon het, deur Sy Seun, Jesus, te stuur om vir ons sondes te sterf. Dit is die liefde wat fokus op die wil, nie die emosies of libido nie. Dit is die liefde wat Jesus aan Sy dissipels beveel het om teenoor hul vyande te leef (Luk 6:35). “Eros” en “phileo” word nie uitgespreek teenoor mense wat ons haat en ons slegte dinge toewens nie. “Agapao” is wel so. In Rom 5:8 vertel Paulus ons dat God se liefde vir Sy mense duidelik geopenbaar is, toe “Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (God se vyande).

Deur dus te beweeg van die basis in die reeks, tot die reine, het ons “eros,” “phileo,” en “agapao.” Dit is nie om “eros” te degradeer tot sondig of onrein nie. Seksuele liefde is nie inherent vuil of boos nie. Dit is eerder ‘n gawe van God aan getroude paartjies om hul liefde teenoor mekaar uit te druk, die band tussen hulle te versterk en om te verseker dat die menslike ras oorleef. Die Bybel bestee een hele boek aan die seëninge van die erotiese of seksuele liefde – Hooglied van Salomo. Die liefde tussen ‘n man en ‘n vrou moet wees, tussen ander dinge, ‘n erotiese liefde. Dit is egter so dat ‘n langtermynverhouding wat slegs op erotiese liefde gebou is, tot mislukking gedoem is. Die “genot” van seksuele liefde raak gou afgesaag, tensy daar saam met dit iets van “phileo” of “agapao” saamgaan.

Die omgekeerde is ook waar, aangesien daar inherent niks sondigs is met erotiese liefde nie, is dit in hierdie sfeer van liefde waar ons sondige natuur die meeste manifesteer, omdat dit hoofsaaklik op die “self” gesentreer is, Waar “phileo” en “agapao” weer op ander fokus. Let op wat die apostel Paulus aan die kerk van Kolossense sê in Kol 3:5, “Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodery is.” Die Griekse woord vir “seksuele immoraliteit” (porneia) dek hoofsaaklik die hele spektrum van seksuele sonde (egbreuk, hoerery, homoseksualiteit, bestialiteit (verdierliking), ens.)

As erotiese liefde tussen man en vrou gedeel word, kan dit ‘n wonderlike ding wees, maar as gevolg van ons gevalle sondige natuur, gaan “eros” té dikwels oor in “porneia.” Wanneer dit gebeur, neig menslike wesens om na die uiterste oor te gaan en raak dan óf askete of hedoniste (genotsugtiges). Die askeet vermy seksuele liefde heeltemal, omdat die assosiasie met seksuele immoraliteit maak dat dit boos lyk en dus vermy moet word. Die hedonis is die persoon wat seksuele liefde sien as volkome natuurlik, sonder weerhouding. Soos gewoonlik is die bybelse siening in die balans tussen hierdie twee sondige ekstreme. Binne die verbonde van heteroseksuele huwelike vier God die prag van seksuele liefde: “Die man wat ek liefhet, kom na sy tuin toe; hy gaan die keurige vrugte daarvan eet. Ek het na my tuin toe gekom, my beminde bruid, ek pluk my mirre, my lekkerruik kruie, ek eet my lekker vars heuning, ek drink my wyn en my melk. Eet, vriende, drink, word dronk van die liefde” (Hooglied van Salomo 4:16-5:1). Buitekant die bybelse huwelik, word “eros” sondig en misvorm.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is “eros” liefde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries