settings icon
share icon
Vraag

Wat sê God aan enkelmoeders?

Antwoord


Die Bybel spreek nie direk tot enkelma’s nie, maar daar is baie voorbeelde van God se sagte interaksie met vroue, moeders, weduwees en hul kinders. Hierdie voorbeelde en God se sagtheid, is van toepassing op ‘n enkelma of ‘n getroude moeder of ‘n weduwee of geskeide vrou. God ken elke persoon intiem en ken haar situasie volkome. Die Bybel waarsku dat seks buite die huwelik sonde en gevaarlik is en probleme sal veroorsaak, een daarvan is dat ‘n vrou ‘n kind self moet grootmaak, wat sonder twyfel moeilik is. Al sou dit haar eie sonde wees wat haar enkelma-situasie veroorsaak het, is ons genadige God steeds gewillig om te help en troos te bring. Wat nóg beter is, Hy skenk vergifnis vir hul sondes deur Jesus Christus en die ewige troos van die hemel vir die ma wat Hom aangeneem het, die kinders wat Hom aangeneem het en selfs die vervreemde pa wat Hom aangeneem het!

Daar is kere dat ‘n vrou haarself alleen bevind en kinders moet grootmaak deurdat dit nie haar eie fout is nie. Dis hartseer dat vroue dikwels slagoffers van ‘n wêreld is, wat deur oorlog en terrorisme verwoes word. Die mans gaan oorlog maak en kom nooit terug nie, onselfsugtig hul lewens vir hul lande gegee. Waar ‘n man se dood ‘n vrou enkel gelaat het met kinders, is daar geen twyfel dat God daardie vrou sal help en vertroos nie.

God gee om vir families. Hy is egter meer begaan dat elke persoon, ongeag hoe die familie lyk, in berou van sonde na Hom sal kom en in ‘n verhouding met Hom sal staan. Hy wil hê dat ons Hom moet ken, omdat Sy skepsels Hom vreugde bring en Hom eer. Ons fokus op die besonderhede van ons lewens, deur ons te bekommer wat ander mense van ons sal dink en of die kerk ons sal aanvaar en of ons dinge heeltemal geruïneer het. God egter roep die Christen op om die vreugde te hê sonder bekommernis. Hy sê dat ons al ons laste op Hom moet plaas, want Hy gee vir ons om (1 Pet 5:7). Hy wil die las dra en ons sondes vergewe, daarvan vergeet en ons help om aan te beweeg. Al wat Hy van ons vra, is om Hom te ken, blydskap in Hom te vind en Hom te vertrou. Enkelma’s is dikwels baie verantwoordelike mense en dis soms moeilik om bekommernisse en sorge net eenkant toe te skuif. ‘n Enkelma kan skuldig voel deur net daaraan te dink! God vra van ons om dit net eenvoudig te doen, om ‘n bietjie tyd elke dag op Hom te fokus en vir die res van die dag net op Hom te vertrou, dat Hy vir ons sal voorsien, beide fisies en emosioneel soos ons op Hom leun.

Vir ‘n enkelmoeder mag dit lyk om tyd uit te sit om Bybel te lees en te bid. Sy mag dalk dink dat sy nie tussen haar werk en kind grootmaak, huishouding behartig en baie ander dinge nog tyd daarvoor kan maak nie. Maar selfs vir ‘n halfuur as haar kind slaap of deur ‘n vriendin of familielid versorg word, kan sy tyd inruim om met God te praat in gebed en na Sy stem te luister in die Skrif, selfs al beteken dit om nie die hoop skottelgoed te was nie, sal sy krag vind in Hom en Sy vertroostende teenwoordigheid sal die hele dag by haar wees. Deur verse te memoriseer soos Ps 118:6, “Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ‘n mens aan my doen?” of Fil 4:13, “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee”, sal help as voortdurende beloftes van Sy liefde en beskerming in stresvolle tye.

Dus, wat sê God eintlik vir enkelmoeders? Dieselfde ding wat Hy vir almal sê. Bely jou sonde, vertrou op Christus vir vergifnis, kommunikeer met God deur middel van gebed, luister na Sy stem deur die Skrif, maak staat op God vir krag in beproewing en plaas jou hoop op die wonderlike ewige lewe saam met Hom wat Hy beplan het. 1 Kor 2:9, “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê God aan enkelmoeders?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries