settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Jesus God se eniggebore Seun is?

Antwoord


Die frase "eniggebore Seun" verskyn in Joh 3:16, "God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê." Eniggebore word in Grieks vertaal as "monogenes." Hierdie woord is onderskeidelik in Engels vertaal as "only," "one and only," en "only begotten."

Dit is hierdie laaste frase "eniggebore" wat probleme veroorsaak. Valse leermeesters het dit gebruik om hul valse lering, dat Jesus Christus nie God is nie, te bewys: dat Jesus as die Tweede Persoon van die Drie-eenheid nie gelykstaande aan God is nie. Volgens die woord "geborene" het hulle gesê dat Jesus 'n geskape wese is, aangesien slegs iemand wat 'n tydsbegin het, 'n "geborene" kan wees. Laasgenoemde stelling faal, deurdat daar vergeet is om te sê dat "geborene" 'n Engelse vertaling van 'n Griekse woord is. Dus moet daar gekyk word na die oorspronklike betekenis van die Griekse woord en nie Engelse betekenisse in die teksvers oordra nie.

Wat beteken "monogenes" dan? Volgens die Grieks-Engelse Woordeboek van die Nuwe Testament en "Other Early Christian Literature (BAGD, 3rd Edition), het "monogenes" twee primêre definisies. Die eerste definisie is "pertaining to being the only one of its kind within a specific relationship." Dit is die betekenis wat in Heb 11:17 gevind word, waar die skrywer na Isak verwys as Abraham se "enigste seun". Abraham het meer as een seun gehad, maar Isak was die enigste seun wat hy by Sara gehad het en die enigste verbondskind.

Die tweede definisie is "pertaining to being only one of its kind or class, unique in kind". Dit is die betekenis wat in Joh 3:16 voorkom. Johannes is egter die enigste Nuwe Testamentiese skrywer wat hierdie woord met verwysing na Jesus gebruik (sien Joh 1:14, 18; 3:16, 18; 1 Joh 4:9). Johannes het primêr daarop gefokus om te bewys dat Jesus die Seun van God was (Joh 20:31) en Hy gebruik hierdie woord om Jesus uit te wys as unieke Seun van God – wat dieselfde goddelike natuur as God het – teenoor gelowiges wat God se seuns en dogters deur geloof word.

Die fundamentele is, dat terme soos "Vader" en "Seun", wat beskrywend is van God en Jesus, menslike terme is, wat gebruik is om ons te help om die verhouding tussen die verskillende Persone van die Drie-eenheid te verstaan. Indien jy die verhouding tussen 'n aardse vader en 'n aardse seun kan verstaan, dan kan jy gedeeltelik die verhouding tussen die Eerste en Tweede Persone van die Drie-eenheid begryp. Die ooreenkoms raak vaag, indien jy probeer om dit té ver te vat en te leer, soos sommige Christensektes (soos die Jehova Getuies), dat Jesus letterlik "geborene" was, soos in die betekenis van "geproduseer" of "geskep" deur God die Vader.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Jesus God se eniggebore Seun is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries