settings icon
share icon
Vraag

Wat is engelologie?

Antwoord


Engelologie is die studie aangaande engele. Daar is baie onbybelse sienings oor engele hedendaags. Sommige glo dat engele gestorwe menslike wesens is. Andere glo dat engele 'n onpersoonlike bron van krag is. Daar is ook sommige wat die bestaan van engele heeltemal ontken. 'n Bybelse verstaan van engelologie sal hierdie valse oortuigings korrigeer. Engelologie vertel ons wat die Bybel oor engele sê. Dit is 'n studie van hoe engele verband hou met die mensdom en God se doelwitte uitvoer. Hier is 'n paar sake rakende engelologie:

Wat sê die Bybel oor engele? Engele is 'n heeltemal verskillende orde van menslike wesens. Mense word nie engele na hul dood nie. Engele sal nooit menslike wesens word nie en was dit ook nooit nie. God het die engele geskep, soos Hy ook die mensdom geskep het.

Is engele manlike of vroulik? Die Bybel noem nie noodwendig die geslag van engele nie. Wanneer ookal 'n engel in die Skrif 'n geslag gegee word, is dit manlik (Gen 19:10,12; Openbaring 7:2; 8:3; 10:7) en die enigste name wat aan engele gegee is, is Migael en Gabriël, algemeen beskou as manlike name.

Het ons beskermengele? Daar is geen twyfel dat goeie engele gelowiges help beskerm , inligting openbaar, mense lei en in die algemeen God se kinders bedien nie. Die moeilike vraag is of elke persoon of elke gelowige 'n engel het wat aan hom/haar toegeken is.

Wie/Wat is die engel van die Here? Die presiese identiteit van die "engel van die Here" word nie in die Bybel gegee nie. Tog is daar baie belangrike leidrade wat daartoe kan lei.

Wat is gerubs? Is gerubs engele? Gerubs is engelewesens wat betrokke is in die aanbidding en verering van God. Tesame met die sing van lofliedere aan God, dien hulle ook as 'n sigbare herinnering van die majesteit en glorie van God en Sy blywende teenwoordigheid by Sy mense.

Wat is serafs? Is dit engele? Jes 6 is die enigste plek in die Bybel wat spesifiek van serafs praat. Die serafs (vurige, brandende) engelewesens wat geassosieer word met die profeet Jesaja se visioen van God in die tempel.

Engelologie gee vor ons God se perspektief aangaande engele. Hulle is persoonlike wesens wat aanbid en God gehoorsaam. God stuur somtyds engele Om met die gang van die mensdom in tem eng. Engelologie help ons om die oorlogvoering tussen God se engele en Satan en sy demone uit te ken. 'n Behoorlike begrip van engelologie is baie belangrik. As ons verstaan dat engele geskape wesens is, soos ons ook is, dan besef ons dat aanbidding of om te bid tot engele God beroof van die eer wat aan Hom alleen behoort . Dit was God, nie engele nie, wat Sy Seun gestuur het om vir ons te sterf, wat ons liefhet en vir ons omgee en Wie alleen ons bewondering waardig is.

'n Sleutelvers oor engelologie is Heb 1:14, "Is hulled an nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is engelologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries