Vraag
Het engele ‘n vrye wil?
Antwoord
Alhoewel die Bybel meer as 250 keer van engele melding maak, is die verwysings gewoonlik gepaardgaande met ‘n insident, gekoppel aan een of ander onderwerp. Deur te leer wat die Bybel sê oor engele, kan sekerlik van hulp wees om God en Sy weë beter te verstaan, maar wat aangaande engele self geleer word, moet gewoonlik as implisiet beskou word, eerder as eksplisiete beskrywings.
Engele is geestelike wesens wat persoonlikhede het, insluitende emosies (Luk 2:13-14), intelligensie (2 Kor 11:3,14), en hul eie wil (2 Tim 2:26). Satan was ‘n engel wat uit die hemel gewerp was, saam met baie ander engele, wat besluit het om hom te volg en gekies het om te sondig (2 Pet :4). In terme van vrye wil, openbaar die Bybel dat dit ‘n uitoefening was van hul vermoë om te kies (Judas:6).
Sommige geleerdes glo dat daar ‘n soort van ‘n “proefperiode” vir die engele was, soortgelyk aan die tyd toe Adam en Eva in die tuin was. Daardie engele wat nie gekies het om te sondig en Satan te volg nie, het die “uitvekore” engele geraak (1 Tim 5:21), bevestig tot heiligheid. Hierdie engele word ook genoem “heilige engele” (Mark 8:38) en “hemelwesens” (Ps 89:7).
Selfs as die uitverkore engele in hul heiligheid bevestig is, beteken dit nie dat hulle hul vrye wil verloor het nie. Sekerlik, elke lewende skepsel het keuses om te maak op enige gegewe oomblik. Die heilige engele kan die “vermoë” hê om sonde te doen, maar dit beteken onder geen omstandigheid dat hulle “wil” sondig nie.
Om hierdie kwessie te help verstaan, kan ons let op die lewe van Christus. Hy was “in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp” (Hebr 4:15), tog het Hy nie gesondig nie. Jesus het die vermoë gehad om te kies wat vir Hom aanneemlik was (Joh 10:17-18). Tog was Jesus se eerste prioriteit altyd om Sy Vader se wil te doen en dit is wat Hy altyd gekies het Joh 4:34). Op dieselfde wyse eer en dien die uitverkore engele God, omdat hulle dit kies; om God te gehoorsaam, want dit is wat hulle grootste begeerte is om te doen.
Mense het ‘n vrye wil, maar hulle worstel met sonde, omdat die menslike natuur deur sonde bedorwe gemaak is. Dit is waarom alle mense sondig (Rom 5:12) en dit moeilik vind om “goed” te wees eerder as om “sleg” te wees. Die heilige engele is sonder ‘n sondige natuur. Hulle is nie ingestel op sonde nie, maar eerder op regverdigheid, deur alles te doen volgens God se wil. Om saam te vat, die heilige engele het ‘n vrye wil, maar die Bybel maak dit duidelik dat hulle nie sal sondig nie. Die apostel Johannes beskryf die hemel só, dat daar geen leed, smart, trane of pyn meer sal wees nie (Openbaring 21:4), en enigeen wat in boosheid lewe, sal nie toegelaat word om die hemel binne te gaan nie (Openbaring 21:27). Die engele wat deel vorm van die hemel, is sondeloos.
English
Het engele ‘n vrye wil?