settings icon
share icon
Vraag

Het engele vlerke?

Antwoord


Die mees algemene beeld van ‘n engel is hoofsaaklik ‘n menslike wese met vlerke. Dit is nie bybels nie. Die Bybel beeld engele dikwels uit asof hulle menslike wesens is. Dit dui egter nie aan dat engele in hul wese na menslike wesens aard nie. Verder beskryf die Bybel baie min dat engele vlerke het. Daar is egter definitief twee tipes engele wat die Bybel noem wat wel vlerke het: gerubs (Eks 25:20; Eseg 10) en serafs (Jes 6). Gerubs en serafs is twee tipes engele, moontlik die twee hoogste ordes van engele. So, dit is duidelik, sommige engele het wel vlerke.

Volgens die Bybel is engele geestelike wesens (Hebr 1:14). Die beskrywings van die gerubs in Esegiël 10 en die serafs in Jes 6 is hoogs ongewoon. Dit is duidelik dat Esegiël en Jesaja probleme ondervind het om die wonderbaarlike visioene van die hemel en die engele akkuraat te beskryf. As geestelike wesens is dit onduidelik hoekom die engele vlerke nodig het. ‘n Geestelike wese het nie vlerke nodig om te vlieg nie. Die engele word nie gebind deur wette van die fisiese heelal nie.

Dus, het engele vlerke? Ja, sommige engele het wel vlerke. Ons moenie beperkings sit op wat engele kan en nie kan doen nie, gebaseer op ons beperkte begrip van die vlerke wat sommige engele besit, soos in die Bybel beskryf word nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het engele vlerke?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries