settings icon
share icon
Vraag

Verskyn engele nog vandag aan mense?

Antwoord


In die Bybel verskyn engele op onvoorspelbare en verskillende maniere aan mense. Om die Skrif op 'n ontspanne wyse te lees, kan iemand die gedagte kry dat engeleverskynings ietwat algemeen was, maar dit is nie die geval nie. Daar is 'n groeiende belangstelling in engele en daar is baie berigte van engele wat verskyn. Engele is deel van feitlik elke godsdiens en oor die algemeen speel dit dieselfde rol as 'n boodskapper. Om te bepaal of engele nog vandag verskyn, moet ons eers 'n Bybelse siening van hul antieke verskynings kry.

Die eerste verskyning van engele in die Bybel is in Gen 3:24, waar Adam en Eva uit die Tuin van Eden verban is. God het gerubs met 'n vlammende swaard by die ingang geplaas, om die Tuin te bewaak. Die volgende is in Gen 16:7, ongeveer 1,900 jare later. Hagar, die Egiptiese diensmeisie wat vir Ismael vir Abraham gebaar het, het opdrag gekry van 'n engel om terug te gaan na haar werkgewer, Sarai, en haar te dien. Abraham was deur God en twee engele besoek in Gen 18:2, toe God hom ingelig het van die naderende verwoesting van Sodom en Gomorra. Dieselfde twee engele het Lot besoek en hom opdrag gegee om te vlug uit die stad met sy familie, voor die verwoesting (Gen 19:1-11). Die engele in hierdie geval het ook bonatuurlike krag vertoon, deur die slegte mense, wat Lot bedreig het, te verblind.

Toe Jakob 'n menigte engele gesien het (Gen 32:1), het hy hulle onmiddellik herken as die leërmag van God. In Numeri 22:22 het 'n engel die ongehoorsame profeet Bileam gekonfronteer, maar Bileam het nie aanvanklik die engel gesien nie, alhoewel sy donkie wel gesien het. Maria het ook 'n besoek van 'n engel ontvang, wat gesê het dat sy die moeder van die Messias sou wees en Josef was gewaarsku deur 'n engel om Maria en Jesus na Egipte te neem en sodoende hulle teen Herodus se bevel te beskerm (Matt 2:13). As engele verskyn, is diegene wat hulle sien, dikwels met vrees vervul (Rigters 6:22; 1 Kron 21:30; Matt 28:5). Engele bring boodskappe vanaf God en voer Sy bevele uit, soms deur bonatuurlike maniere. In alle gevalle verwys die engele mense na God en gee aan Hom die eer. Heilige engele weier om vereer te word (Openbaring 22:8-9).

Volgens moderne berigte, kom engelebesoeke in verskeie vorms voor. In sommige gevalle verhoed 'n vreemdeling ernstige besering of dood en verdwyn dan geheimsinnig. In ander gevalle word 'n vlerkagtige of witgeklede wese gesien vir een oomblik en dan verdwyn. Die persoon wat die engel sien, word dikwels gelaat met vrede en die sekerheid van God se teenwoordigheid. Hierdie tipe van besoek stem saam met die Bybelse patroon soos in Hand 27:23.

'n Ander tipe besoek wat soms gerapporteer word, is die "engelekoor"-tipe. In Luk 2:13 word die herders besoek deur 'n hemelse koor, toe hulle van Jesus se geboorte vertel is. Sommige mense het soortgelyke gebeure aangemeld in plekke van aanbidding. Hierdie gebeurtenis pas nie die model so goed nie, aangesien dit geen doel anders dien as om 'n gevoel van geestelike verblyding mee te bring nie. Die engelekoor in Lukas het baie spesifieke nuus aangekondig.

'n Derde tipe visitasie behels net 'n fisiese gevoel. Ouer mense rapporteer dikwels 'n gevoel van arms of vlerke wat rondom hulle gevou is in tye van erge alleenheid. God is sekerlik die God van alle troos en die Skrif praat van God wat ons bedek met Sy vlerke (Ps 91:4). Sulke berigte kan maklik dui op voorbeelde van daardie bedekking.

God is nog steeds aktief besig op aarde soos Hy altyd was en Sy engele werk nog steeds. Netsoos engele God se mense in die verlede beskerm het, kan ons ook verseker wees dat hulle ons nou nog oppas. Heb 13:2 sê, "Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves." As ons God se gebooie gehoorsaam, is dit heeltemal moontlik dat ons Sy engele ontmoet, selfs al besef ons dit nie. In speifieke omstandighede het God Sy mense toegelaat om Sy onsigbare engele te sien, sodat God se mense bemoedig kon wees om voort te gaan in Sy diens (2 Kon 6:16-17).

Ons moet ook let op die waarskuwings in die Skrif: daar is gevalle engele wat vir Satan werk en hy sal enigiets doen om ons te ondergrawe en te vernietig. Gal 1:8 waarsku ons om op te pas vir enige "nuwe" evangelie, selfs al word dit deur 'n engel gebring. Kol 2:18 waarsku teen die aanbidding van engele. Elke keer in die Bybel as mense voor engele gebuig het, het daardie wesens heftig geweier om aanbid te word. Enige engel wat aanbidding ontvang of wat nie eer aan die Here Jesus gee nie, is 'n bedrieër. 2 Kor 11:14-15 sê dat Satan en Sy engele hulself vermom as engele van die lig, om sodoende te bedrieg en enigeen te mislei wat na hulle sal luister.

Ons word bemoedig deur die kennis dat God se engele besig is om te werk. Onder spesiale omstandighede kan ons een van daardie rare persoonlike visitasies kry. Groter egter as daardie kennis, is die kennis dat Jesus Self gesê het, "Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld" (Matt 28:20). Jesus wat die engele gemaak het en hul aanbidding ontvang, het belowe dat ons Sy eie teenwoordigheid in moeilike tye sal ervaar.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Verskyn engele nog vandag aan mense?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries