Vraag
Is daar engele tussen ons?
Antwoord
Regdeur die Skrif, sien ons tallose gebeure waar engele ‘n integrale deel van God se plan uitmaak. Een vers wat sinspeel op die moontlikheid dat engele nog vandag saam met ons stap, is: “Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves” (Hebr 13:2). Die ooglopende verwysing is na Abraham, wie se engelagtige besoekers soos manne vir hom gelyk het (Gen 18). Hierdie vers mag of mag nie bevestig dat engele inderdaad onwetend tussen ons beweeg; dit was in die verlede, dus word teenswoordige ontmoetinge nie eksplisiet genoem nie.
Hierdie is dosyne van Skriftelike voorbeelde van engelagtige ontmoetinge, dus weet ons dat God kan en gebruik ook engele om sekere dinge te bereik. Wat ons nie vir seker weet nie, is hoe dikwels engele hulself toelaat om deur mense gesien te word nie. Hier is die basiese aangaande engele vanuit die Bybel: engele kan mense opdrag gee (Gen 16:9), help mense (Dan 6:22), lewer boodskappe af aan mense (Luk 1:35), verskyn in visioene en drome (Dan 10:13), beskerm mense (Eks 23:20), en help om God se planne uit te voer.
Ons weet dat God engele geskep het en dat Hy engele in Sy plan gebruik. Engele het ‘n sin van individualiteit, want sommige het name (soos Gabriël en Migael) en almal het verskillende verantwoordelikhede binne die engelagtige hiërargie.
Maar beweeg hulle tussen ons? Indien God hulle kies om in Sy pasgemaakte planne vir ons tot uitvoer te bring, ja, hulle kan tussen ons stap en God se wil uitvoer. Engele word in Genesis en in Openbaring genoem en het getuig van die skepping van die wêreld (Job 38:7). God het Sy hemelse leërskare van die begin af gebruik en gebruik hulle steeds in die eindtyd, volgens die Skrif. Dit is heeltemal moontlik dat baie mense vandag ‘n engel gesien of ontmoet het, sonder om dit te besef.
Indien engele tussen ons beweeg, is dit omdat hulle ‘n God-verordineerde plan uitvoer. Die Bybel praat van demone wat op die aarde rondbeweeg met geen ander doel nie, as om te verwoes (Matt 12:43-45). Satan en sy demoniese magte kan moontlik fisies verskyn, baie soos heilige engele. Satan se doel is om te bedrieg en dood te maak. Satan vermom homself as “’n engel van die lig” (2 Kor 11:14).
‘n Belangrike nota is: engele moenie vereer of aanbid word nie (Kol 2:18). Hulle is wesens wat God se wil uitdra en verwys na hulself as “mededienaar” van “medegelowiges” (Openbaring 22:9).
Ongeag of ons werklik engelagtige ontmoetings beleef, die belangrikste ding is dat ons verlossing beleef deur Jesus Christus. Hy is verhoog bo alle engele en menslike wesens en Hy is alleen waardig om vereer en aanbid te word. “Dit is U! U alleen is Here! U het die hemel gemaak, die hoogste hemel en sy hele leërmag, die aarde en alles daarop, die oseane en alles daarin. U laat hulle almal lewe; die hemelse leërmag buig voor U” (Neh 9:6).
English
Is daar engele tussen ons?