settings icon
share icon
Vraag

Sing engele?

Antwoord


Dit mag vreemd klink om te vra of engele sing, aangesien konvensionele wysheid sê, “Natuurlik sing hulle.” Dit is algemeen om prente te sien van engele wat sangboeke vashou of harpe of op een of ander wyse betrokke is by musiek. En mense verwys dikwels na die Kersverhaal: “Die engele het vir die herders gesing toe Jesus gebore is, het hulle nie?” Die probleem is dat sang nie in die bybelse Kersverhaal genoem word nie. Feit bly staan dat daar baie min skriftuurlike bewys is dat die engele sing.

Heel moontlik is die duidelikste gedeelte aangaande hierdie kwessie, Job 38:7, wat sê dat, toe die wêreld geskep is, “die sterre saamgesing het en al die hemelinge gejubel het.” In die parallelisme van die Hebreeuse digkuns, word die “oggendsterre” gelykgestel met die “engele,” en die sang is gelykgestel met die gejubel van die hemelinge. Dit lyk heeltemal voor die handliggend: die engele sing. Die Hebreeuse woord vir “sang” dui nie altyd op musiek nie. Dit kan ook vertaal word as “vreugdevolle uitroepe,”weerklinkende stemme,” of “gejuig.” Ook die woord “angels” in die NIV beteken letterlik “sons of God.”

Openbaring 5 is ‘n ander gedeelte wat kan aandui dat engele sing. Vers 9 praat van wesens wat “’n nuwe lied” sing in die hemel. Hierdie wesens is die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens – moontlik engelagtige wesens, maar hulle word nie spesifiek so genoem nie. Dan in vers 11 “’n groot menigte engele” het hard uitgeroep en is gehoor. Maar nou word die woord “uitroep” gebruik, nie spesifiek “sing” nie. Die woorde van die engelagtige leërskare in vers 12 is baie dieselfde as die woorde van die lied in vers 9, maar die woorde van die engele word nie eksplisiet ‘n lied genoem nie. Dus, is daar geen afdoende bewys in Openbaring 5 dat engele sing nie. Wat van die Kersverhaal? Luk 2:13-14 sê, “Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel. . . ..” Let weer op dat die woord wat beskryf wat die engele doen, is “prys,” en nie spesifiek “sing” nie. Aangesien sing ‘n tipe van praat is, word die idee dat die engele gesing het, nie totaal uitgesluit uit die gedeelte nie – maar die gedeelte los ook nie die vraag op nie. Die Bybel gee dus nie ‘n definitiewe antwoord of die engele sing nie. God het die mensdom geskep met ‘n aangebore konneksie met musiek en sang, veral ten opsigte van aanbidding (Ef 5:19). Ons gebruik dikwels sang om die Here te loof. Die feit dat die woorde van die engele in Openbaring 5 en Luk 2 woorde van lofprysing is, wat in digterlike vorm uitgedruk is, kan daar geargumenteer word dat die engele daar sing. En dit lyk logies dat God die engele geskep het met dieselfde aanleg vir sang as wat mense het. Maar ons kan nie dogmaties wees nie. Of die engele in die Bybel sing of praat, hulle het God aanbid en geprys. Mag ons hulle voorbeeld volg!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Sing engele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries