settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor engele?

Antwoord


Engele is selfstandige geestelike wesens wat intellek, emosies en eie wil besit. Dit is waar dat daar beide goeie en slegte (demone) engele bestaan. Engele het ‘n intellek (Matteus 8:29; 2 Korintiërs 11:3; 1 Petrus 1:12), hulle toon emosies (Lukas 2:13; Jakobus 2:19; Openbaring 12:17), en hulle kan hul eie wil uitleef (Lukas 8:28-31; 2 Timoteus 2:26; Judas 6). Engele is geestelike skepsels (Hebreërs 1:14) sonder ‘n fisiese liggaam. Alhoewel hulle nie ‘n fisiese liggaam besit nie, het hulle nog steeds persoonlikhede.

Omrede hulle skepsels is, is hulle kennis beperk. Dit beteken dat hulle nie alles weet soos God alles weet nie (Matteus 24:36). Dit blyk wel of hulle meer kennis het as mense vir die volgende drie redes. Eerstens is dit omdat engele geskape is volgens ‘n order wat hoër as mense is, daarom sal hulle ingebore kennis meer wees. Twedens is dit omdat engele die Bybel en die wereld baie meer deeglik bestudeer as mense (Jakobus 2:19; Openbaring 12:12). Derdens is dit omdat engele mense se aktiwitiete die heeltyd dophou. Anders as mense hoef engele nie die verlede bestudeer nie want hulle het dit al self beleef. Daarom weet hulle hoe ander mense is sekere situasies gereageer het en dus kan hulle tot ‘n mate voorspel hoe ons in soortgelyke situasies sal optree.

Alhoewel hulle eie wil het, soos alle geskapenes, staan hulle nog steeds onder die Wil van God. Goeie engele word deur God gestuur om gelowiges te help (Hebreërs 1:14). Hier volg ‘n paar aktiwitiete in die Bybel wat aan engele toevertrou kan word: - Hulle loof en prys God (Psalm 148:1-2; Jesaja 6:3). Hulle aanbid God (Hebreërs 1:6; Openbaring 5:8-13). Hulle juig oor wat God doen (Job 38:6-7). Hulle dien God (Psalm 103:20; Openbaring 22:9). Hulle verskyn voor God (Job 1:6; 2:1). Hulle is instrumente van God se oordeling (Openbaring 7:1; 8-2). Hulle bring antwoorde op gebede (Handelinge 12:5-10). Hulle help om mense te wen vir Christus (Handelinge 8:26; 10:3). Hulle hou Christen orde, werk en lyding dop (1 Korintiërs 4:9; 11:10; Effesiërs 3:10; 1 Petrus 1:12). Hulle moedig aan in tye van gevaar (Handelinge 27:23-24). Hulle kyk na en help “regverdige” mense tydens hul dood (Lukas 16:22).

Engele verskil heeltamal van mense, mense word nie engele wanneer hulle doodgaan nie en engele word nooit mense nie. God het engele geskape net soos Hy mense geskape het. Die Bybel vertel ons nêrens dat engele volgens God se ewebeeld of gelykenis geskape is nie, maar ons weet dat mense wel na God se beeld geskape is (Genesis 1:26). Engele is geestelike wesens wat tot ‘n mate ‘n fisiese voorkoms kan aanneem. Mense is hoofsaaklik fisiese wesens met ‘n geestelike wese. Die mees belangrikste aspek wat ons van heilige engele kan leer is hulle onmiddelike, onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan God se opdragte.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor engele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries