settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd om engelbeeldjies te besit?

Antwoord


Op sigself is daar niks verkeerd met engelbeeldjies nie. Hoe 'n mens na 'n engelbeeldjie kyk, is wat bepaal of dit verkeerd is. Die enigste rede hoe dit verkeerd kan wees, is wanneer iemand hulle verafgod, aanbid, tot hulle bid – wat God verbied in 1 Sam 12:21). Ons aanbid nie engele of engelbeeldjies nie. Net God is waardig om aanbid te word (Ps 99:5; Luk 4:8) en ons moet ten volle op Hom vertrou (Ps 9:10). Die Bybel praat baie sterk teen godsdienstige afbeeldings. Christene moet baie versigtig wees om nooit 'n beeld, of dit 'n engelbeeld, prent van Jesus, horoskopiese prente, ens., toelaat om 'n vangstrik of afleiding te word nie.

Aangesien dit nie sonde is om beeldjies wat engele verteenwoordig of enige ander kreatuur te besit nie, moet ons geen bonatuurlike mag of invloed oor ons lewens ten opsigte van hulle toelaat nie. Geen beeld kan ons teen gevaar beskerm nie, vir ons goeie geluk bring nie of op enige wyse 'n aanslag op ons maak nie. Sulke oortuigings is bygelowigheid, wat geen plek in die lewe van 'n Christen het nie. Wat ook daarmee verband hou, is afgodery en afgodsaanbidding wat duidelik in die Skrif verbied word en niemand wat dit beoefen, sal die Koninkryk van God ingaan nie (Openbaring 21:27).

Verder is dit ook wys om te erken dat ons nie regtig weet hoe engele lyk nie. Beelde is maar net iemand se idee van hoe 'n engel dalk kan lyk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd om engelbeeldjies te besit?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries