settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat Satan homself voordoen as ‘n engel van die lig?

Antwoord


Duisternis en lig is metafore vir boos en goed. As iemand ‘n engel van die lig sien, sal dit outomaties lyk asof dit ‘n goeie wese is, betreffende die korrelasie van boos met duisternis en van goed met lig, is dit ‘n kragtige oerbeeld in die menslike geskiedenis. In die Bybel is lig ‘n geestelike metafoor vir waarheid en God se onveranderlike natuur (Jak 1:17). Dit word herhaaldelik in die Bybel gebruik om ons te help verstaan dat God ten volle goed en waarheid is (1 Joh 1:5). As ons “in die lig” is, is ons met Hom (1 Pet 2:9). Hy moedig ons aan om by Hom in die lig aan te sluit (1 Joh 1:7), deur vir ons lig te gee, was Sy bedoeling (Joh 12:46). Lig is die plek waar liefde woon en gemaklik is (1 Joh 2:9-10). God het lig geskep (Gen 1:3), in die lig kom woon (1 Tim 6:16) en die lig in menseharte geplaas, sodat ons Hom kan sien en ken en die waarheid verstaan (2 Kor 4:6).

Dus, as 2 Kor 11:14 ons vertel dat “Satan doen hom voor as ‘n engel van die lig,” en dit beteken dat Satan munt slaan uit ons liefde vir die lig, om ons sodoende te bedrieg. Hy wil hê dat ons moet dink dat hy goed is, betroubaar, liefdevol en magtig – alles wat God is. Om homself uit te beeld as ‘n donker, duiwelse wese met horings sou nie baie aanvaarbaar vir die meerderheid mense gewees het nie. Die meeste mense word nie aangetrek deur donkerte nie, maar deur lig. Dus, Satan verskyn as ‘n skepsel van lig om ons na hom toe te trek en ook te val vir sy leuens.

Hoe kan ons onderskei watter lig is van God en watter is van Satan? Ons verstand en harte word maklik verwar deur botsende boodskappe. Hoe kan ons seker maak dat ons op die regte pad is? Ps 119:105 sê, “U word is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” en vers 130, “Wanneer U woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.” Die woorde van God het krag. Netsoos God se stem fisiese lig in bestaan gespreek het, so kan dit geestelike lig in ons harte inspreek. Blootstelling aan Sy stem – in Sy Woord – sal ons help om die verskil te herken tussen die goeie lig van God en dit wat dit weerspreek.

Satan bied sonde vir ons aan as iets wat aangenaam en mooi is om te begeer en hy stel valse lering voor as verligtend en lewensveranderend. Miljoene volg sy misleidings, eenvoudig omdat hulle nie God se waarheid ken nie. Jes 8:20-22 beskryf dat die duisternis ontstaan, deurdat die Woord geïgnoreer word. Die mense van Israel het die waarheid gesoek deur mediums te konsulteer, mislei deur Satan se leuen. “Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms! Bedruk en honger sal hy deur die land trek. Wanneer die hongersnood hom tref, sal hy kwaad word en sal hy sy koning en sy God vervloek. Hy sal boontoe en ondertoe kyk, maar hy sal niks anders sien as benoudheid en donkerte nie, die volslae duisternis en donkerte waarin hulle gedryf is.”

Duisternis is ‘n resultaat van ‘n poging om die waarheid te vind, sonder die Woord van God. Dis hartseer, soos Jesaja sê, as mense nie die “lig” het nie, wandel hulle in die duisternis en word dikwels kwaad vir God, deur te weier om na hom te kom vir hulp. Dit is hoekom Satan se vermomming as ‘n engel van die lig so effektief is. Dit verander wit na swart en swart na wit en maak dat ons glo dat God die leuenaar is, dat God die bron van duisternis is. Dan, in ons angs, skuif ons fokus na haatdraendheid teenoor die Een wat ons kan red.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat Satan homself voordoen as ‘n engel van die lig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries