settings icon
share icon
Vraag

Is ekumenisme bybels? Moet ‘n Christen betrokke wees in die ekumeniese beweging?

Antwoord


Walter A. Elwell, definieer “ekumenisme” in “The Concise Evangelical Dictionary of Theology” as volg: “the organized attempt to bring about the cooperation and unity among Christians.” Op ‘n internasionale vlak, verteenwoordig die Wêreld Raad van Kerke ekumenisme so, om die doel daarvan as volg te stel: “The World Council of Churches is a fellowship of churches which confess the Lord Jesus Christ as God and Savior according to the scriptures and therefore seek to fulfill together their common calling to the glory of the one God, Father, Son and Holy Spirit. It is a community of Churches on the way to visible unity in one faith and one eucharistic fellowship, expressed in worship and in common life in Christ. It seeks to advance towards this unity, as Jesus prayed for His followers, ‘so that the world may believe’ (John 17:21)” (www.wcc-coe.org). A document called “Evangelicals and Catholics Together”: “The Christian Mission in the Third Millennium,” published in 1994 and endorsed by some rather prominent representatives of evangelical Christianity and Roman Catholicism, is another example of ecumenism.

Ekumenisme kan ook wyer gedefinieer word as “’n beweging wat wêreldwye eenheid onder alle godsdienste promoveer deur middel van groter samewerking.” Byvoorbeeld, ‘n Christelike priester kan ‘n Moslem imam uitnooi om op sy preekstoel te praat of ‘n kerk kan saam vergader in ‘n Hindu-tempel om saam ‘n gebedsdiens te hou. Gedefinieer op hierdie wyse, is ekumenisme definitief verkeerd. Ons “moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie” (2 Kor 6:14; sien ook Gal 1:6-9). Lig en donkerte het nie met mekaar gemeenskap nie.

Vir hierdie artikel sal ons ons beperk tot die definisie van ekumenisme as “die beweging in die rigting van eenheid onder Christelike groepe.” Die belangrike vraag is dit: is ekumeniese ondernemings reg en bybels? Moet ons betrokke wees met ander “Christene” in gemeenskaplike ondernemings plaaslik, nasionaal of internasionaal? Die antwoord is nie absoluut duidelik nie. Vanselfsprekend is eenheid tussen ware Christene belangrik (Ps 133:1; Joh 17:22). Maar wat as sommige van hulle wat die Christendom verkondig, eintlik sekere grondbeginsels van die geloof ontken? Elke situasie moet individueel beskou word. Hier is ‘n paar vrae wat ons sal help om Gods-eervolle besluite ten opsigte van ekumenisme te maak: Eerstens, is hulle met wie ons in gemeenskap is, ware Christene in die bybelse sin van die woord? Baie mense en organisasies verwys na die naam van Jesus Christus en verkondig selfs dat Hy die Here en Verlosser is, tog verwerp hulle duidelik wat die Bybel oor Hom sê. Voor die handliggende voorbeelde hiervan is die Mormone en Jehova Getuies, wat hulself volgelinge van Jesus Christus noem en bely om ‘n “Christen” te wees, maar tog ontken wat die Bybel verklaar aangaande Christus se natuur en werk. ‘n Voorbeeld wat nie so waarneembaar is nie, is liberale Christelikheid. Dit word gevind in byna elke denominasie en alhoewel dit Christelik mag lyk, verwerp dit gewoonlik verskeie essensiële waarhede. Liberales ontken dikwels die inspirasie en outoriteit van die Bybel (2 Tim 3:16), die eksklusiewe natuur van verlossing in Christus (Joh 14:6; 1 Tim 2:5) en die algehele afhanklikheid van God se genade vir redding, sonder enige mensewerke (Rom 3:24, 28; Gal 2:16; Ef 2:8-9).

Daar is groot klem deesdae op ekumeniese eenheid tussen evangeliesgesinde en Rooms katolieke. Hulle wat sulke eenheid promoveer, verklaar dat beide groepe Christene is en beide God-vererende sisteme van geloof is. Maar daar is substansiële verskille tussen die twee groepe. Bybelse Christelikheid en Roomse Katolisime is twee verskillende godsdienste wat verskillende dinge glo en beoefen oor hoe ‘n mens gered word, die outoriteit van die Bybel, die priesterskap van gelowiges, die natuur van die mens, die werk van Christus aan die kruis, ens. Die lys van onversoenlike verskille tussen wat die Bybel sê en wat die Rooms Katolieke Kerk sê, maak enige gesamentlike ooreekoms tussen die twee onmoontlik. Diegene wat dit ontken, is nie opreg in wat hulle sê hulle glo nie, ongeag watter kant hulle kies. Enige Katoliek wat ernstig is oor sy geloof sal verwerp wat ‘n ernstige evangeliese Christen glo en vice-versa.

Een van die gebreke van ekumenisme dikwels is dat teologiese uiteenlopende groepe passievol eenders denkend is aangaande sekere kwessies. Bybelse Christene behou gewoonlik ‘n sterk pro-lewe instelling, ‘n tradisionele uitkyk van die familie, ‘n toewyding om te sorg vir die haweloses en siekes en ‘n begeerte om regverdigheid in die wêreld te sien. Ander groepe, wat miskien onbybelse teologie aanhang, kan dieselfde sosiale posisies handhaaf. Dus, die versoeking om bronne wedersyds te deel van ‘n algemene saak is soms groot. Dit lei tot die volgende vraag.

Tweedens, wat is die uiteindelike doel van hierdie ekumeniese onderneming? Die Skrif gee duidelik leiding oor hoe Bybel-gelowige Christene moet leef. Kol 3:17 stel ons doel op hierdie wyse: “En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” Om ons interaksie met die verlorenes in ag te neem, sê Jesus in Matt 5:16, “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Matt 28:18-20 en 1 Kor 2:2 maak die evangelie ons hoogste prioroteit. Al wat ons doen, is om eer en heerlikheid aan God te bring, ons moet lewe in goeie werke in ‘n verlore en sterwende wêreld en ons moet aan die wêreld die lewensveranderende boodskap van die evangelie bring. Deur die dood en opstanding van Christus te deel, bring ons eer aan God en moet ons ons interaksie met die wêreld motiveer.

Deur ekumeniese instellings in ag te neem, moet ons vra of hierdie mikpunte nagestreef word. Dikwels, deur die evangelie te deel, raak ‘n latere oorweging, as dit selfs ooit aan gedink word. In plaas van die evangelie, fokus ekumenisme op politieke en sosiale boodskappe. Eerder om te soek om harte te transformeer, soek ekumeniese navolgers dikwels om omgewings te transformeer – polities, sosiaal of finansieel. Die uiteindelike doelwit van ons aksies moet wees om die verlore sondaars tot redding te bring (Ef 2:1-3). Die engele in die hemel is verheug oor een sondaar wat tot bekering kom (Luk 15:10). Daar is niks in die Bybel wat sê dat die engele hul verheug oor ‘n wet wat goedgekeur word, wanneer ‘n put gegrawe word of ‘n straat uitgelê word nie. (Nie dat daar enigiets verkeerd is met die bereiking van daardie dinge nie, maar hulle kan nie toegelaat word om die evangelie te oorskadu nie.) Indien ons nadink oor ekumeniese instellings, moet ons seker maak dat God se Koninkryk uitgebrei word deur evangelisme.

Ter afsluiting, moet ons betrokke wees in ekumeniese samewerking met ander Christelike kerke en ander groepe gelowiges? As daar geen doktrinale skikking met kern Christelike oortuigings is nie, as die evangelie nie ondergeskik of geïgnoreer word nie, as gelowiges ‘n duidelike getuienis in die wêreld kan handhaaf en as God verheerlik word, dan kan ons vryelik en vreugdevol met ander gelowiges saamwerk in die uitbreiding van God se Koninkryk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is ekumenisme bybels? Moet ‘n Christen betrokke wees in die ekumeniese beweging?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries